Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Die derde deur laat `n al-middelson sien. Ordening van die sonnesisteme. Grootte en ligsterkte van die sonne. Vuurgeeste van die al-middelson by hulle werksaamhede

298 Almal gaan nou deur die derde deur van die westelike wand. Sodra hulle egter `n blik na buite gewerp het, keer hulle hulle dadelik weer om, want die tegemoet stralende lig is weer onvergelyklik sterker as die van die vorige deur.

[2] Robert en verskeie ander sê: “O Heer, o God, o Vader! Ons oë wat die lig van die vorige son nou reeds baie goed kan verdra, kan dié onbeskryflike fel lig nie meer uithou nie. Die lig van die vorige son was immers rustig, hoewel in die begin ook onverdraaglik sterk. Maar dié lig lyk soos sterk golwende vlamme en steek verskriklik in die oë! Wat se lig is dit eintlik? Is dit dalk ook weer `n middelson?”

[3] Ek sê: “Inderdaad, en weer een van `n hoër orde; maar sodat julle dit goed begryp, moet julle die ordening van die sonsisteme vir julleself as volg voorstel:

[4] Die baie miljoene planetêre sonne, waaromheen planete soos julle aarde hulle beweeg, vorm met hulle gemeenskaplike middelson `n sonnegebied. Hulle middelson is altyd so groot dat haar inhoud die van die om haar sirkelende sonne met hulle planete dikwels honderdvoudig of selfs duisendvoudig, ja dalk ook miljoenvoudig oortref; want daar is groter en kleiner gebiede. Hoe groter `n songebied naamlik is, soveel groter moet, ook in elke opsig, sy middelson wees, ten opsigte van die gesamentlike inhoud van haar newesonne, om hulle, ondanks die groter afstande, in die korrekte bane te hou. Hoe groter die aantal en die afstand van die newesonne word, soveel groter moet ook die volume van so `n middelson wees om meester van al haar omsirkelende planetêre sonne te wees.

[5] Baie van sulke nou van naderby omskrewe sonnegebiede het dan egter weer `n gemeenskaplike gebieds-middelson en beweeg hom, in nie te vergelykbare groter sirkels om hierdie gemeenskaplike hoër middelson, wat natuurlik in verhouding weer baie kere groter moet wees as al haar sonnegebiede bymekaar. Dikwels sirkel daar baie duisende van sulke sonnegebiede om so `n tweede middelson, soos wat ons een vanuit die tweede westelike deur gesien het. Al die sonnegebiede saam met hulle middelson vorm dan `n sonne-al.

[6] En weer het baie duisende van sulke sonne-alle as gesamentlike middelpunt `n nog hoër middelson, wat natuurlik, wat haar inhoud betref, na verhouding dikwels weer baie duisende kere groter is as al haar omsirkelende sonne-alle. En juis dit, wat ons nou hier sien, is so `n al-middelson.

[7] Na gelang die grootte van sulke middesonne egter toeneem, neem ook hulle ligsterkte toe. Julle kan ongeveer van die volgende verhouding uitgaan: Is byvoorbeeld `n planetêre middeson so groot dat haar deursnee `n biljoen aardse myle bedra, dan is die deursnee van `n sonnegebieds-middelson die miljoenvoudige van die deursnee van `n planetêre middelson, dus `n triljoen aardse myle. En so `n al-middelson, soos ons nou vanuit hierdie derde deur sien, groei dan weer na gelang hulle `n groter, of minder groot aantal sonne-alle beheers, miljoenvoudig, dalk selfs biljoenvoudig na verhouding van die noodsaaklike grootte, en eweredig ontwikkel sy haar ligsterkte. Sy kan dan wel `n quadriljoen, dalk selfs `n quintiljoen aardse myle in deursnee tel.

[8] Die soort sonne het reeds `n eie vuurlig en haar, vir julle onmeetlike oppervlakte, is nie vir bewoning deur materiële wesens geskik nie. In plaas daarvan woon daar egter des te meer van die vuurgeeste baie behaaglik in so `n onmeetlik uitgestrekte vuursee en het daar hulle wonings en gebiede om te bestuur. Wel bewoon ook mense met `n liggaam so `n son, maar nie die buitenste oppervlakte nie, maar `n meer innerlik geleë sfeer. Want alle sonne bestaan uit verskeie sonne wat hulle binne die buitenste son ongeveer so bevind soos die planeet Saturnus binne sy ringe.

[9] Maar probeer nou ook die lig van hierdie son te verdra, want julle moet in die vervolg teen baie groter ligsterktes bestand wees, om ten slotte ook My hoogseie goddelike lig te kan verdra. Probeer dit maar, dit sal wel gaan! Alle beginne is moeilik “

[10] Op hierdie aanmoediging keer almal hulle weer na die son toe en probeer of dit inderdaad moontlik is.

[11] Robert, wie se oë erg gevoelig is, wend hom tot die steeds aanwesige drie apostels en sê: “Beste vriende, hoe kry julle dit eintlik reg, dat julle so moeiteloos in dié lig kan kyk? Ek weet weliswaar dat die sterk lig my oë glad nie kan skaad nie, maar tog is ek deur die te groot ligsterkte nie in staat om twee sekondes lank daarna te kyk nie. Dit veroorsaak dan wel geen pyn vir my nie, maar die enorme stekende ligsterkte verhinder my oë om haar majesteit langer as `n vlugtige sekonde aan te staar. Sê net, beste broeders hoe julle dit nou eintlik doen. Steur so `n lig julle dan heeltemal nie?

[12] Paulus sê: “Beste broeder, ek sê jou maar net: Wees vasbeslote, dan slaag alles! Die enorme sterkte van so `n lig voel ons ook, netsoos jy. Maar ons wil het by sulke geleenthede die bepaalde krag, wat vir elke ligsterkte opgewasse is. Die enigste uitsondering is die ligsterkte in die binneste Godheid van die Heer Self, wat ons ook nooit langer as drie kort oomblikke kan verdra nie. Jy moet daarom nie soseer moeite doen om jou gesigsvermoë te versterk nie, maar baie meer jou wil; dan sal geen lig jou meer hinder nie. Probeer dit en jy sal jou oortuig daarvan.”

[13] Robert sê: “Ek sal sien hoever ek dit daarin kan bring.” Nou sit Robert strak en begin met `n gloeiende gesig in die sonlig te staar. Na `n rukkie sê hy: “Broeders, julle het volkome gelyk! Dit lê nie by my oë nie, maar aan die gebrek aan vasberadenheid van my wil.

[14] Ek kyk nou ook met groot gemak in die lig en beleef groot vreugde daaraan, want ek begin nou deur die helderste etervlamme heen `n ongekende wonderwêreld te ontdek en sien uitgestrekte bouwerke, waarin waarskynlik die, deur die Heer genoemde, vuurgeeste woon. Merkwaardigerwys bestaan so `n gebou eintlik uit ontelbaar baie simmetries opgetrekte, enorme hoë torings, wat deur ontelbaar baie arkades met mekaar verbind is. Nou sien ek ook op mens lykende wesens op die arkades rondwandel. Hulle bewegings is buitengewoon vinnig. Hulle gaan soos bliksems heen en weer! Het hierdie geeste dan sulke dringende dinge te doen, dat hulle soos besetenes heen en weer hardloop?

[15] Paulus sê: “Ja my vriend, op so `n son is besonder baie te doen. Dit kan jy weliswaar nog nie begryp nie, maar uit die enorme grootte en uitgestrektheid van hierdie geboue kan jy reeds die gevolgtrekking trek dat daar in hierdie son baie dinge moet afspeel; vandaar ook die groot bedrywigheid van hierdie geeste! Kyk, op hierdie enorme son brand die allersuiwerste gas en dit moet steeds in oorvloed voorhande wees in die groot onderson se gashouers. En so sien ons hier voor ons niks anders nie as `n groot gasfabriek, waarvan daar triljoene op hierdie son is. Ook op aarde berei bepaalde geeste in die inwendige van die vuurspuwende berge brandbare gas en steek dit ook aan as daar eenmaal voldoende voorhande is. Die gas self egter bestaan in wese uit die mees eenvoudige natuurgeeste, wat so `n loutering moet deurmaak voordat hulle in `n reeds meer bepaalde bestaansvorm kan oorgaan. Wat hier op die mees ordelike wyse verrig word, lyk op aarde egter alles ru en grof. Nou weet jy voorlopig genoeg. Sluit julle daarom weer bymekaar, want ons sal ons nou dadelik suidwaarts begewe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205