Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 152

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Verhouding tussen materiële en geestelike grootsheid. Gelykenis van die kunsmatige reusekorrel en die natuurlike koringkorreltjie. Deur die derde deur in die suidelike wand straal die lig van `n nuwe skepping van ewige liefde

302 Ek sê: “Alles wat julle nou gesien het in My ewige ryk is groots vir almal hier wat nog jong bewoners is, wat nog te min in die eie vertrekke van hulle lewe kon aanskou het. Maar raak hulle eenmaal met hulle innerlike lewe, dit is My liefde in hulle, meer vertroud, dan sal alles wat tot die veroordeelde materie hoort, vir hulle baie klein lyk. Want die kleinste vonk van My liefde oortref al hierdie materie in `n nie te berekenbare verhouding, sowel wat betref die werklike grootte, as die hoedanigheid. `n Klein voorbeeld sal hierdie saak vir julle duidelik maak. 

[2] Kyk, `n beeldende kunstenaar op aarde bekyk `n koringkorrel deur `n goeie mikroskoop en maak dit toe uit `n spesiale materiaal van porie tot porie tot `n sterk vergrote vorm, sodat hy op die manier `n ware reusekorrel voor hom het, wat die grootte van die oorspronklike miljoen maal oortref. Hy stel die reusagtige produk van sy kuns ten toon en lê daarby die kunssinnige bou van sy koringkorrel uit. Toe kom daar `n wyse man om hierdie kunssinnige reusekorrel te bekyk. Nadat hy dit bekyk het en die kunstenaar geprys het sê hy vervolgens: “Vriend, u het naas die groot nagemaakte korrel ook verskeie natuurlikes gelê. Welke dink u is in werklikheid groter, u nagemaakte of `n natuurlike in al sy nietigheid?” Die kunstenaar sê: “Vriend, as u oë kon meet, vergelyk dan die een met die ander, dan sal u self baie maklik in staat wees om `n antwoord te gee!” Waarop die wyse sê: “Wel, luister dan! Elk van die klein koringkorrels is oneindig groter as u nagemaakte. Want in elke klein korreltjie woon God se krag in die kiemhulsie, wat in staat is om uit elke korrel ontelbaar baie korrels te skep, wat alles bymekaar u dooie reusekorrel in elke opsig eindeloos oortref. Want al die grotes, wat geen lewe in homself het nie, is tog baie klein, ook al sou die uiterlike vorm nog groter wees as `n hele wêreld. Die kleinste wat God se krag en lewe in hom dra, is egter groter as `n hele, dooie oneindigheid.”

[3] Wat hierdie wyse vir die kunstenaar sê, sê Ek ook vir julle. Hierdie materiële skepping is werklik groot en wie op die korrekte wyse agting vir haar het, sal groot vreugde aan haar belewe. Maar in die hart van elke mens lê iets oneindig groters as alles wat julle nou hier sien, want dit sal nooit groter word as wat dit is nie. Julle sal egter in julle harte ewig groei in liefde, insig en wysheid. Julle kan nou reeds hierdie groot skeppingsmens oorsien en hom bereken en begryp. Hy is egter dood en tot niks in staat nie. Bowendien weet julle ook nog dat die groot beeld hier reflekteer vanuit julleself. As dit alles in julle en nie buite julle is nie, hoe groot moet julle dan wees, dat so-iets `n plek in julle harte vind? Verwonder julle julleself daarom nie te hewig oor sulke afmetings nie, want julle moet weet dat daar vir My niks groters kan bestaan nie, as slegs die liefde in die harte van My kinders tot My, hulle Vader.

[4] Sou so `n skepping vir My groot genoeg wees, dan sou Ek ewig aan geen tweede meer dink nie. Maar julle sien dat die groot beeld sy grense het, waarsonder daar geen beeld sou wees nie. Buite die beeld sien julle niks anders as `n oneindige, vóór hierdie groot mens `n leë ruimte, wat vir ons egter nie leeg nie, maar reeds taamlik gevul is.

[5] Kom nou deur die derde deur aan die suidekant en julle sal dit dadelik met julle eie oë aanskou! Die deur is reeds geopen en julle sien al by die nader daarvan, dat `n lieflike lig julle tegemoet straal. Daaruit kan julle agterkom dat die lig julle vanuit `n tweede skepping van My liefde tegemoet kom en nie meer uit My eerste, waarvan die lig uit die vlamme van My toornvuur straal en niks anders as oordeel en nogeens oordeel bewerkstellig nie. Kyk julle daarom na die begin van die tweede, waarlik eindelose groot skepping en vertel wat julle alles sien en voel!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205