Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 153

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Uitsig vanuit die derde deur in die suidelike wand Die groot, skitterende Ligmens van die nuwe skepping:

303 Almal haas hulle nou na die derde suidelike deur en sien weer `n oneindige groot mens daar, wat deur `n aller sagste en lieflikste stralende lig omgewe is. Slegs vanuit die hartstreek straal `n magtige lig na buite, wat aan die oë egter geen pyn verskaf nie, maar daarin `n uitermate heerlike gevoel teweegbring. Onder sy linkervoet is in `n halfliggende, met die kop afgewende houding, `n hele klein mense-gestalte te siene, wat sprekend lyk soos die een, wat in die tweede deur te siene was en hier deur `n redelike swak rooiagtige skynsel omgewe is.

[2] Robert vra natuurlik dadelik, wat dit alles mag voorstel. En Ek sê: “Hier het jy die eerste en die tweede skepping langs mekaar! Die groot ligmens stel die nuwe skepping voor, `n nuwe hemel en `n nuwe aarde. Hier bevind die aarde hom nie meer in die kleinste toon van die voet soos by die eerste, materiële skepping nie, maar in die sentrum van die hart van hierdie nuwe skepping. Die magtige lig uit die hartstreek kom uit die nuwe aarde, wat `n ewige woning van My liefde en van al My kinders sal bly. [3] As jy hierdie enorme groot mens vol van die helderste lig noukeuriger bekyk, sal jy maklik ontdek dat ook hy bestaan uit ontelbaar baie pragtige sterre; sowel sy gewaad as sy hele liggaam. Elkeen van hierdie sterre is onmeetlik groter as die hele mens wat deur die tweede deur gesien is, met sy tallose heelalsfere. Want hierdie sterre is gemeen­skappe, wat bewoon word deur die saligste geesmense, van wie elke kleinste duisend keer groter en magtiger is as die eerste mens, wat jy hier geestelik gesien het ten opsigte van hierdie tweede hemelmens, afgebeeld as `n gekromde wurmpie onder sy kleintoontjie. Hy is ten opsigte van die werklike grootte van hierdie tweede mens nouliks, wat `n aardse sandkorrel is ten opsigte van die grootte van die hele heelalsfeer-mens.

[4] Hierdie tweede mens stel egter in diepste wese Myself voor in My werk op `n reeds beboude akker.

[5] Jy sien egter, dat ook die vorm van hierdie tweede mens noodsaaklikerwys `n begrensing moet hê, anders sou jy daaruit geen mens kon sien nie. Wat sien jy egter bokant hierdie vorm uit, wat in al haar dele suiwer lewe is?”

[6] Ten diepste geroer sê Robert: “Heer en Vader, ek sien lig en nogeens lig sover my oog reik!” - Ek sê: “Dit alles is My gees, My mag, My liefde! Hier sal nog miljarde sulke groot mense volop plek vind, want al My kinders moet immers ook ruimte hê om hulle skeppings te kan inbring.

[7] Maar nou, My liewe kinders en broeders, weet ons vir die eerste uur van julle aanwesigheid in My huis genoeg! Daarom sal ons die drie deure aan die oostelike kant nou ook nie oopmaak nie, want wat hulle verberg, sou julle nog nie kan verdra nie. Wanneer julle egter een maal met alle inrigtings van My vaderhuis vertrouliker sal word, sal julle ook die inhoud van hierdie drie deure in die ooste kan beskou.

[8] Maar soveel sê Ek julle tog nog kortliks, dat die eerste deur die totale geestesryk van die aarde en dan ook die van alle ander sonne, aardes en mane van elke afsonderlike heelalsfeer bevat. Die tweede deur toon op die voorgrond die eerste oftewel onderste wysheidshemel van ons aarde en op die agtergrond dieselfde hemel van die wêrelde van alle heelalsfere. In dieselfde verhouding bevat die derde deur die tweede of liefde-wysheidshemel, eers van die aarde en op die agtergrond die van alle heelalsfere. Vir die derde en boonste suiwer liefdehemel egter, waarin julle julleself bevind en ook ewig sal bevind, is daar geen deur nie, omdat ons onsself tog al daarin bevind. In die laer hemele is in die woning van elke engelgees ook `n deur na die derde hemel. Maar dit is baie moeilik en dalk ook gladnie oop te maak nie, wat dikwels die geval in die onderste hemel is en selfs in die besonder in die van ander wêrelde. 

[9] Nou weet julle voorlopig genoeg en byna alles wat elke engelgees van hierdie boonste van alle hemele moet weet. Die besondere insigte egter, wat saamgaan met `n ewig stygende interesse vir afsonderlike dinge, neem eers hier `n begin, duur ewig voort en bring ook steeds groter salighede met hulle saam. 

[10] Laat ons onsself nou weer na bo in die groot saal begewe, van waaruit julle dan met My broeders in die groot stad kan gaan rondkyk en waar julle julleself vry en na hartelus kan vermaak

[11] Vir My sal julle steeds tuis aantref.

[12] Tewens sal die drie broeders julle die woonkamers, wat julle vir ewig toebehoort, se inrigting toon en toewys en aan jou, broeder Robert, veral ook `n geheime deur, waardeur jy altyd, wanneer jy maar wil, na jou geselskap kan kom. Reël daar in My Naam alles in volmaakte orde en wees vir al jou ondergeskiktes `n goeie leidsman en broeder!

[13] Laat elkeen van julle van nou af aan van `n volledige vryheid geniet en verheug julle oor alles waarna julle hart uitgaan! Want hier heers volledige vryheid. Daar bestaan vir die gees geen wet nie en dus ook ewig geen sonde meer nie!

[14] So geskied dan nou, wat Ek van die ewigheid af bepaal het!”

[15] Na hierdie woorde begewe ons onsself almal na bo in die saal waar `n groot menigte oorgelukkige broeders en susters ons baie vriendelik begroet. Eers hier begin dan ook die hemelse geselligheid, en almal begewe hulle geleidelik aan bly en gelukkig na hulle ewige, wonderbaarlik pragtige woonvertrekke en betuig die grootste lof aan My. 

[16] Hiermee is die leiding van `n groot gees in die geesteswêreld dan oorvloedig en breedvoerig getoon.

[17] Gelukkig hy, wat haar met `n opregte hart beskou en sy lewe daarvolgens rig! Ook hy sal eens hierdie weg te gaan hê as hy opreg van hart is. Het hy hom op aarde reeds getrou gevolg, dan sal hy eenmaal slegs `n redelike kort weg te bewandel hê. Laat elk en iedereen die bekendgemaakte lees met die hart en nie met die kop nie, dan sal dit vir hom in sy lewe tot `n groot seën word en sal die dood uit sy lendene wyk. Wie dit egter suiwer met sy verstand sal lees, sal sy dood daarin vind, waaruit hy moeilik ooit weer sal ontwaak.   

[19] Hiermee is hierdie beskrywing uit die geesteryk beëindig. Gelukkig is hulle wat hulle nie daaraan sal vererg nie! - Amen, amen, amen! U, o Heer en Vader, sy ewige dank vir hierdie ongekende groot openbaring, wat ons arme, sondige mense nie in die minste werd is nie! O Heer, seën almal wat haar met `n gelowige en vreugdevolle hart opneem! Amen!

J. Lorber

- Einde -

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205