Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Gevangenes van die materie. Hoe moet hulle verlos word? Voorstel van die Fransiskaan

152 Ek sê: “Kyk, dit verklaar aan jou die gevoel van jou eie lewe, waaraan rus en beweging in ewe groot dele saam gegee is. Jy kan uiteraard gaan en staan, sit of lê. Wanneer jy lank rondgeloop het en daardeur ietwat moeg geword het, waar verlang jou lewe dan na?” Antwoord: “Na rus.” “Goed”, sê Ek, “en jy soek dan ook rus en neem rus. Wanneer jy egter heeltemal uitgerus is en lewendige beweging om jou heen sien, soos `n kudde lewendige lammertjies, voëltjies wat van tak tot tak wip, `n snelstromende spruitjie en dergelike meer, sê My net, waar begin jou lewe, wat deur die rus opnuut versterk is, dan weer na te verlang?” Antwoord: “O, na beweging, na baie beweging!”

[2] “Weer goed! So sal vir jou uit die opskrif ook duidelik word dat sowel die rus as die beweging op sigself geneem niks anders is as afwisselende behoeftes van alle bestaan en lewe nie. Dinge, wat hulle noodsaaklik in die oordeel bevind, moet hulle vanselfsprekend, óf in ononderbroke rus, óf in onophoudelike beweging bevind, maar wesens wat `n vryer lewe in hulle dra, het sowel rus as beweging tot vry gebruik toevertrou gekry. Vandaar dat die bede: “Heer, gee die rus ware rus, en die beweging ware beweging” niks anders wil sê nie as: “Heer, maak ons rus en beweging vry en hou ons nie meer in die oordeel nie!” Of nog duideliker gesê: “Lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose, van die oordeel!” Sê My net, het jy dit nou goed begryp?”

[3] Die Fransiskaan sê: “Ja, Heer en Vader, dit is vir my nou heeltemal duidelik, maar wie is dan hulle wat daar benede rus en waarom het hulle behoefte aan die opskrif, wat ons nou aan `n beskouing onderwerp? Wie is hulle, wat hier na verlossing smag?”

[4] Ek sê: “Luister, almal wat deur die materie gevange is, rus onder hierdie grafmonumente, wat die oordeel oor alle materie vir hulle geplaas het as `n ewige herinnering aan My oergoddelike wysheid, mag en sterkte.

[5] Jou siel het eweneens uit so `n graf te voorskyn gekom en was in `n ander graf gelê, gemaak uit vlees en bloed. Daar het sy haarself toe weer met sydrade ingespin, in `n ligter materie, wat die geleentheid gebied het tot verdere ontwikkeling van die natuurlewe; materie wat sy volgens haar eie vorm ontplooi het. Toe sy geslaag het, het sy meer vreugde aan die vorm beleef as aan haarself en het haar heeltemal aan die dooie vorm van die vlees geheg.

[6] Die vlees is egter soos alle materie, vanuit homself dood. Word die siel nou een met die materie, hoe kan sy dan buite die oordeel bly, wanneer alle materie op sigself ten prooi moet val aan `n onvermydelike oordeel? In die siel is weliswaar `n nuwe gees gelê. Om met hom een te word sou die siel eintlik alles moet insit. Maar wanneer die siel alles doen om een te word met haar materie, hoe moet die gees dan in die siel `n meester van die huis word?

[7] Ek sê vir jou: Daar word die gees self in die materie begrawe! En hier sien jy sulke begrawe geeste sonder tal. Elke graf herberg sy eie gees, en het dieselfde woorde, wat jy hier op die swart plaat gelees het en nog kan lees op tallose ander. Die nog lewende gees kreun en sug vanuit sy harde graf om verlossing. Sê jy My nou net wat ons hier moet doen.”

[8] Die Fransiskaan sê: “Heer, niemand wat ook maar `n sprankie liefde in sy hart dra, sal hier verleë sit oor `n korrekte antwoord nie. Mens help hulle, as mens kan en wil help. En mens help hulle spoedig, as dit moontlik is! Hulle moet opstaan uit hulle grafte. Die materie laat ons dan deur `n chemiese apparaat verflug en dan sal die suiwer geestelike vrykom.

[9] Dat die mense op aarde nou meestal sleg en grof-materieël geword het, kan my hart hulle volstrek nie as sonde aanreken nie, want mens moet hulle liggaamlike aardse posisie en hulle onverdiende armoede maar net bekyk! Verder hulle totale gebrek aan opvoeding in sedelike opsig, meestal `n gevolg van die algemene maatskaplike verarming, wat weer die gevolg is van die ysterharte van die ryk gierigaards... en mens sou dan `n arm mens oprig, wat ten prooi val aan alle moontlike nood en wanhoop!? Van moraal en geestelike vorming kan daar geen sprake wees nie. Wat betref die vorming van die gees, gebeur daar niks vir die armes, behalwe as dat hulle gedwing word om op son - en feesdae in `n sogenaamde kerk na die Latynse erediens te gaan, waarby in die winter dikwels hulle hande en voete bevries word.

[10] Wanneer die meeste nou onder hierdie omstandighede in elke opsig sleg word, wanneer hulle in opstand kom teen elke wet, ja selfs godloënaars word, wie kan dit hulle dan in alle erns kwalik neem as hy hierdie en nog heelwat ander omstandighede noukeurig oorweeg! Ek nie, waarlik, na U heilige Naam nie! Daarom moet ons hulle daadwerklik help, eers liggaamlik en eers daarna geestelik; dan sal dit daar met die aarde spoedig beter uitsien as nou.

[11] Die aarde is nou `n suiwer hel vir die mensdom. Mens sou haar ten minste vir `n kwart tot paradys moet maak; dan sal die mens God weer erken! In die hel gebeur daar in elke geval niks meer oor die studie van die hoër moraal nie; daarvan is ek ten volle oortuig. Daar moet ons help waar ons kan en dan daaruit ook almal wat smag in die grafte! Dit is my voorstel vir ewig.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205