Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Minerva draai om en kom nader. Laaste treë voor die doelwit

178 Miklosch rig sy blik weer op die skouspel en sê: “Aha, Minerva word nou onrustig; mens sien aan elke beweging dat sy maar al te graag die rooi bondel geopen voor haar sou wil sien.

[2] Cado bemerk dit wel en sê: “Het jy dalk wortel geskiet? Kom hiernatoe, dan sal jy makliker tot die geheim van hierdie bondel kan deurdring. Is jy egter aan die grond vasgenael, sê dit dan vir my. Jou voete wil ek ook wel van hier af vir jou vrymaak.” Minerva sê: “Dit is nie nodig nie, want ek is vry en kan gaan waarheen ek wil! Hoe lyk die kleed? Kom, sê dit vir my, liewe Cado!”

[3] Cado sê: “Kom self, dan sal jy dit sien en jou baie daaroor verwonder.” Minerva sê: “Hé, hoekom is jy tog so hard! Waarom moes ek dan ook so verlief op jou geraak het? Nee, so-iets het die ewigheid nog nooit belewe nie! Nou dan, ek wil dit waag, maar as jy my iets aandoen, draai ek dadelik om en kom nooit meer na jou terug nie!”

[4] Mildosch gaan verder: “Nou verlaat Minerva eindelik haar staanplek, `n soort heuwel van gloeiende sand, en begeef haar met tastende treë na bo na Cado, waaragter die twee bekende vriende hulleself nog steeds bevind. Die oomblik toe Minerva haar verruklike mooi voet op die heuwel plaas, wat vry was van die vuursee, verdwyn die hele vuurgloed. Ook van die afskuwelike grot is niks meer te sien nie en die aaklige geraas en gedonder verstom. Die hooggebergte lyk ook ietwat laer te wees en het byna sy ontoeganklike karakter verloor; slegs hier en daar was enkele naakte rotswande nog te siene. Om kort te wees, die hele omgewing kry `n aangenamer aansien en is weliswaar nie helder nie, maar tog voldoende verlig.  

[5] Werklik, Cado is `n meester in sy vak, want om hierdie prinses van die ewigheid, `n wese vir wie die liefde vreemder moet wees as die einde van die oneindigheid vir my, verlief op jou te laat word, daarvoor is meer nodig as ore, oë, mond en hande. Cado is tot nou toe weliswaar nog `n sogenaamde duiwel, maar vir so `n duiwelagtigheid het ek werklik alle respek. Karakter het hy, onbuigsaamheid en `n moed wat aan die huiweringwekkende grens. As jy so-iets nie self sou gesien het nie, sou so `n verhaal nie geloofwaardig gewees het nie. Ons kan niks anders doen as om ons te verbaas nie en om U, o Heer, te loof dat U so-iets eindelik laat gebeur het. Nou is dit egter ook te wagte dat die hele aarde, miskien na etlike storms, in `n stadium sal oorgaan, wat vir alle hemele redelik wenslik sal wees. 

[6] Redelik vinnig haas Minerva haar nou nie juis na Cado nie, want haar treetjies is klein en afgemete. Elke oomblik vind sy iets op die grond, raap dit op, bekyk dit `n rukkie en gooi dit dan weer haastig weg. Oënskynlik is daar allerlei sierade met opset oor die grond uitgestrooi om die slim voël steeds meer na Cado toe te lok. Werklik, hierdie lis is nie te sleg nie. Ek kan my herinner op aarde wat ek in `n voorspelling gelees het: “As Satan bekeer sou word, dan sal hy oor pêrels en diamante loop en sal hulle versmaad. Dan word die hel gesluit en die kettings van die waan sal smelt soos was in die son.”

[7] Waarlik, dit begin byna so te lyk. Sy kom nader en is nou geen veertig treë meer van Cado af nie. Nou moes sy wel iets baie belangrik gevind het. Vinnig buk sy en raap iets op wat soos `n diadeem (kroon) lyk en bekyk dit nou goedkeurend, waarby sy geen neiging toon om dit eweneens weg te gooi, soos die vorige dinge nie.

[8] Nou vra Minerva aan Cado: “Vriend, wie het tog al hierdie kosbaarhede hier rondgestrooi? Is hulle vir my, of is hulle vir iemand anders as nuwe val neergelê? Hier is `n pragtigekroon, my hoof waardig; sal ek dit behou of weggooi?” Cado sê: “Behou die goeie en werp die slegte weg! Te veel van dergelike dinge sou jou dermate belas, dat jy nouliks `n stap voorwaarts sou kon maak. Behou die kroon, maar raap verder niks meer op nie! Begryp dit en wees volgsaam!”

[9] Minerva sê: “Ja, ja, ek kom al, maar daar voor my lê alweer `n pragtige armband. Cado, staan my toe dat ek hom nog opraap, want hy is my arm waardig!” Cado sê ietwat ongeduldig: “Haai, jou pronksugtige wese, laat die verleidelike armband lê; jou arm is tog al so mooi, dat dit op sigself as sieraad beskou kan word. Hier aan my voete wag daar egter `n sieraad waarmee niks in die oneindigheid te vergelyk is nie. Bly daarom nie staan by die straatvuil nie, maar kom en neem vinnig besit van dit wat vir jou berei is.”

[10] Minerva kom nou, die armband wegwerpend, en hardloop nader aan Cado. Slegs drie treë skei hulle nog. Sy sê nou vir Cado: “Vriend so ver het ek jou nou tegemoetgekom; slegs drie treë ontbreek daar nog. Dit sal jy my wel tegemoet kan kom. Ek kan nou oorduidelik aan jou sien, hoe my werklik allerhoogste bekoorlikheid jou hele wese laat bewe. Jy het my onuitspreeklik lief, dit sê jou oë vir my. Doen my daarom die klein genoegdoening en maak hierdie drie klein treetjies na my toe!”

[11] Cado sê: “Oneindige skoonheid! Daar sal nog hemelse situasies kom waarin ek jou miljoen treë tegemoet sal hardloop, maar hier eis `n rotsvaste, enkel op jou welsyn gerigte orde, dat ek geeneen van jou wense mag inwillig voordat jy alles wat ek van jou moes verlang, sou volbring het nie. Maak daarom ook nog hierdie drie treë, jy het al immers drieduisend gedoen.”

[12] Minerva sê: “Wie noodsaak jou dan om dit alles van my te verlang? Wie is jou wetgewer?” Cado sê: “Ek is nie daarvan bewus dat daar iemand is wat my kan voorskryf wat ek van jou verlang nie. Ek self is my eie wetgewer en laat my deur geen godheid, nóg duiwel, iets voorskryf nie. Ek het my al eens voor God bevind deur die tussenkoms van twee van Sy grootste geeste. Hulle was goed en wys en toon my die hemel en die hel, sodat ek sou kon kies. Ek wou die hemel nie hê nie en ek het die moed gehad om behoorlik die spot met die hel te dryf. Ek het `n uiterste waansinnige onderneming gesien, wat nooit tot `n resultaat kan lei nie. Ek was daarna deur jou vervolg, maar al jou bedrieglike kunste het hulle stukkend geloop op die hardheid van my wil en teen my vasberade voorneme om jou van die juk van jou eie blindheid te bevry. Sê net, wie sou so-iets vir my kon voorskryf?  

[13] Kyk, in die hele oneindigheid bestaan daar geen wese wat ek sou gehoorsaam nie, want ek is heer en meester oor myself en bekommer my oor niemand anders as net oor jou nie, omdat jy my so geweldig goed geval, en omdat jy as eerste, grootste en magtigste wese, op God na, nou in die ware betekenis weer dit moet word, wat jy volgens God se hoogste wysheid moes geword het. Dit sal maar net gaan langs die weg wat ek jou voorgeskryf het. Daarom nou geen gepruttel meer met die drie treë nie, anders sal jy nie jou oerskoonheid en waardigheid bereik nie.” 

[14] Minerva sê: “My in volle erns, beminde Cado, dit is alles goed en wel wat jy vir my gesê het en ek kan niks daarteen inbring nie, maar dat die liefde ons vir altyd moet lei, begryp ek nie waar jy dit vandaan wil kry nie, omdat jy nou nog geen tree om my ontwil versit nie. Kyk, ek sal nog twee treë maak; die laaste een moet jy egter maak, al sou ek ook `n ewigheid daarop moet wag. Nou is daar immers tog geen weg meer vir my om terug te dink nie, omdat ek my nou al so ver deur jou laat inpalm het. Doen my daarom die klein genoegdoening!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205