Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Bathianyi en Miklosch oor hierdie skouspel. Minerva neem die laaste treë. Die hemelse gewaad as beloning. Moontlike gevolge van die volledige verlossing van Satana

181 Graaf Bathianyi, vir wie hierdie skouspel nou begin te verveel, sê: “Vriend Miklosch, jy is werklik `n pragtige vertolker van wat jy gesien het en dit is uiters interessant om na jou te luister, maar hierdie geskiedenis tussen Cado en die sogenaamde Minerva, wat liewer Luciferina of Satana sou kon heet, word ietwat langdradig. Ek bewonder slegs die enorme geduld van die Heer, netsoos die van die aartsvaders, profete en apostels. Hulle beskou die hoogs eentonige skouspel as sou dit van `n God weet watter groot betekenis is! Vir my kry die hele geskiedenis meer en meer die aansien van `n flou roman, wat `n hele ewigheid kan voortduur. Cado verdien werklik alle respek, maar Minerva is `n verfynde skobbejak, wat haar in allerlei gedaantes, vorms en elemente kan verander en sodoende ook nooit te vang is nie. Sy hou haar weliswaar so nou en dan ietwat dom, maar van haar diepste, verborge plan laat sy wyslik niks merk nie. O, dit is `n helkat. Let nou maar weer op, vriend Miklosch, jy sal sien dat ek gelyk het!”

[2] Miklosch sê: “Laat ons dit alles maar aan die Heer oor! Ek dink ten slotte dat alles wel sal regkom.” Bathianyi sê: “Ja dit dink ek ook; uiteindelik sal alles ten goede kom. Maar wanneer sal die slot kom? Ons sal dit sekerlik meemaak, omdat ons ewig sal lewe. `n Mens kan egter nie kwalik geneem word, as mens by aanskoue van die skurkestreke van die mooie Minerva, noodgedwonge op die idee kom dat daar wel nooit `n einde sal kom aan hierdie geskiedenis tussen haar en Cado nie.”

[3] Miklosch sê: “Weet jy, broeder, wat my betref interesseer dit my in wese weinig. Vir die res interesseer hierdie saak my buitengewoon, want dit is sekerlik geen alledaagse geskiedenis nie! Twee uiters deurtrapte geeste van die hel sit mekaar in die hare en spoedig sal wel blyk wie van hulle die oorwinning behaal het. Ek hou dit nog steeds op Cado.” Bathianyi sê: “Ek ook, want as daar tog `n einde aan kom, sal die goeie saak tog hopelik seëvier. Nou lê die geskiedenis nog uiters moeilik. Kyk jy nou maar weer en vertel ons verder wat daar gebeur.” 

[4] Miklosch kyk toe en sê: “Bly jy nou ook kyk, en jy sal eweneens kan sien hoe Minerva vir Cado nou vriendelik die hand reik, maar hy vir haar sê: “Dit baat jou niks. Alles wat jy my vanuit jou wil aanreik, mag ek nie aanneem voordat jy ook die laaste tree gestap het nie. Plaas jou voet langs die van myne, dan het jy jou opgawe volbring en het jy weer jou vryheid terug. Vanaf die oomblik sal ek dan ook baie kan doen wat jy van my sal verlang.” 

[5] Minerva sê: “Nou dan, om te ervaar of jy jou woord sal hou, tel ek my regtervoet van die grond af op en sit hom langs die van jou. Hemel en hel sal van my getuig of ek ooit iemand se wil sover opgevolg het as die van jou! Maar wee jou, Cado, as dit sou blyk dat jy my ook maar in die minste bedrieg het, omdat ek jou liefhet; ek sou wraak op jou moet neem soos dit nog nooit plaasgevind het nie!

[6] Minerva tel nou haar regtervoet werklik van die grond af op, sit hom langs die voet van Cado neer en sê: “Nou het ek volbring wat jy van my verlang het. Wat gaan jy nou doen?”

[7] Cado sê: “Tel ook die ander voet op, dan eers het jy heeltemal aan die voorwaarde voldoen en sal ek jou sê wat ek sal doen. Eintlik het ek jou al gesê wat daarna sal gebeur, maar omdat jy kort van geheue blyk te wees, sal ek my woorde in kort herhaal. Eers moet die laaste tree egter heeltemal en nie net halfpad gedoen word nie! Bevry dus ook jou ander voet uit die gevangenskap, dan sal al die ander dadelik in goeie orde wees!”

[8] Minerva sê: “Nou, jou eise aan my blyk nooit op te hou nie, maar omdat ek al so baie gedoen het, sal ek dit ook nog doen. Pas maar op, dat ek jou dan nie in die steek laat nie. Jy weet dat die volledige terugkeer na my vorige toestand my dan toegestaan is, want dit was immers die belangrikste voorwaarde voor hierdie - my vernederende - handeling wat jou wil my oplê.” 

[9] Nou sit Minerva ook haar tweede voet langsaan en sê: “Nou is dit volbring! Ek het heeltemal aan jou wil voldoen! Wel, wat gebeur daar nou?” Cado sê: “Ewige geliefde! Hier, maak hierdie bondel oop, neem die gewaad daaruit en bedek jou bekoorlikhede, wat my hele wese sterk prikkel.” 

[10] Minerva buk en maak die bondel oop. Toe sy `n karmynrooi kleed daarin sien, wat helderder straal as die son en beset is met `n groot hoeveelheid stralende diamante en robyne, skrik sy so hewig van hierdie enorme gloed, dat sy letterlik ineensink en byna bewegingloos in `n soort verdowing voor Cado bly lê. 

[11] Cado vra haar: “Wel Minerva, hoe is dit met jou? Geval die waarlik koninklike gewaad jou? Het ek jou beloon of het ek jou die waarheid gesê? Wat dink jy nou van my?”

[12] Minerva, wat van suiwer verbasing nouliks in staat is om te praat, sê met trillende stem: “Cado, dit is te veel, te groots, te pragtig! Ek ken tog alle hemele en hulle bewoners, maar ek het nog nooit iemand so `n gewaad sien dra nie, selfs nie die Godheid in Sy ontoeganklike lig nie! Hoe kan ek nou, noudat ek my net `n bietjie ontworstel het van my ergste en diepste verdorwenheid, in staat wees om so `n vuurgewaad aan te neem en uiteindelik selfs te dra! Ek beleef weliswaar `n onbeskryflike vreugde daaraan, maar ek waag dit werklik nie om dit aan te trek nie, want die diepste van die hel kan nie so vinnig `n verbintenis met die hoogste van die hemele aangaan nie! Dit kos nog baie, baie tyd, waarin ek oor my helse en slegte handelinge moet nadink, voordat ek my meer en meer daaraan sal kan onttrek, want bedink dat ek die oorsprong is van al die boosheid en van elke oordeel. Hoe en wanneer ek my egter bo my oerslegte instelling sal kan verhef... O, Cado, hoe ver lê so `n tydperk nog van ons af!”

[13] Cado sê: “Dwase vrou, tel die sonne in die eindelose ruimte! Tel alle planete, wat dikwels met triljoene tegelyk soos atome in die eter om `n enkele en laaste sentraalson sirkel, wat nog lank nie `n hoofsentraalson is nie! Tel slegs die veroordeelde sand van `n baie klein planeet; tel alle materiedeeltjies bymekaar, wat in die etersee van die ewige ruimte in oordeel rus en op hulle klein rûe die lig van die een oneindigheid na die ander moet dra. Kyk, dit alles is streng geoordeel vanuit jou hoogs eie oordeel. Hoe lank sou jy wel moet tel en hoeveel nadenke, voordat jy die wese van elke geoordeelde atoom van die hele oneindigheid sou deurgrond het? Kyk, dit sou volkome dwaas wees! Doen daarom wat ek jou tot ware bevryding van jouself aanraai en jy sal nie al die rekenwerk nodig hê om werklik vry te word nie, en daardeur ook die almagtige Godheid in Sy menslike gedaante van Jesus welgevallig wees.” 

[14] Minerva sê: “Geliefde Cado, jy het wel gelyk, maar spreek die sodanige Naam nie meer uit nie, want dit is vir my in die hoogste mate onverdraaglik. Ek kan jou weliswaar nie sê waarom nie, maar dit is nou eenmaal so; die Naam pynig my meer as al die vuur van die hel!”

[15] Cado sê: “Kyk, dit is alweer uitermate dwaas van jou, want juis in hierdie Naam is, soos in geen ander nie, vir jou en my `n ewige, waaragtige heil te verwerwe. Loof en prys daarom in die vervolg liewer hierdie Naam, dan sal jy volkome seëvier oor al die bose in jou hart! Dan sal jy `n ware triomf vier oor alles wat jou verlei het!”

[16] Minerva sê: “Beste Cado, jy kan baie makliker praat as ek. Bedink hoeveel eons redelike arm wesens hulle nog in die grootste lyding bevind, wat ek vir hulle berei het. Hoe sou ek trouens ooit vry kan wees en werklik gelukkig kan maak, solank die talloses, wat deur my ongelukkig gemaak is, in diepe ellende moet smag? Ek sou nou moet straal in die gewaad en tallose kinders uit my sou deur my toedoen ewig moet smag? Nee, dit kan nie; dit mag nie gebeur nie!” 

[17] Cado sê: “Maak jou maar geen sorge daaroor nie. Vandat die Godheid `n liggaam aangeneem het, het Hy ook die hele materiële skepping op Sy Naam geskrywe, en daardeur elke mens van jou onafhanklik gemaak en hulle daardeur verplig om na eie gewete te handel. Die hele wêreld rus nou op God se skouer en op die van die vrye mens, en jy het lankal niks meer met die Godheid te verreken nie. Doen daarom wat ek jou sê en jy sal volledig vry wees!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205