Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Minerva se teatrale vertrek na haar laaste geveg. Sahariël, Robert en Cado keer huiswaarts. Die Heer neem Cado aan.

187 Ek sê: “Stop, stop! En nou geen lawaai meer nie, want die swangere is in barensnood en mag nie na die bevalling gesteur word nie! Miklosch gaan nou weer aan met jou werk en wees die vertolker. Ek sê vir julle: Die oes het tot rypheid gekom, maar die maaiers is ook toegerus vir die werk. Ek bemerk op aarde `n sterk weeklag; Satan sou hulle wou geslaan het met tienvoudige duisternis, maar hierdie laaste keer sal hy geen hond haaraf maak nie, want sy inspanning is vervloek! Van nou af aan sal elke tree van Satan vir `n baie kort tydjie van groot betekenis wees vir die aarde, die beproewingsoord vir my kinders! Kyk verder en praat!”

[2] Miklosch kyk verder toe en sê: “Ah, goeie hemel! Minerva spring nou skielik op en eis `n swaard om op aarde te stry vir die ongeloof en alle kettery!”

[3] Sahariël wys egter op sy tong en sê: “As die lewende swaard niks uithaal nie, is ook elke ander tevergeefs! Wanneer die lewende swaard met die hart verbonde is, werk dit vir die ewigheid - soos die Heer ook gespreek het: Hierdie sigbare hemel en hierdie aarde sal vergaan, maar My woorde nooit as te nimmer nie!” As jy dit dus opreg bedoel, werk dan met woorde, maar laat die swaard staan, want as jy met die swaard wil predik, dan sal die swaard beslis jou einde beteken! Wie naamlik na die swaard gryp, sal ook deur die swaard omkom! Gaan in vrede, anders sal jou tyd ten seerste verkort word!”

[4] Minerva sê: “Ek wil `n swaard hê, wat daarna ookal mag gebeur! `n Swaard, gee my `n swaard, want nou wil ek die aarde eindelik net met geweld van vandag op môre, skoonvee. 

[5] Daarop sê Robert: “Nou goed dan, jy eis `n swaard, hier is een! Neem dit en gebruik dit volgens eer en gewete; die loon sal jou hierdie keer op jou hakke wees.”

[6] Robert reik haar `n swaard aan. Minerva ruk dit uit sy hande en lag daarby eg satanies: “Ha ha ha! Is die `n swaard van lood of van karton? Is dit dalk `n simbool van julle hemelse mag en krag?” Robert sê: “O nee, skoonheid, dit is wel `n simbool van jou teen­woordige mag. Gaan en stry daarmee, jou ellendige, en behaal jou oorwinning! Wil jy egter met ons saamgaan, dan staan hierdie weg ook vir jou oop! Maak nou duidelik wat jy sal doen!” 

[7] Minerva sê: “Ek sal stry, ook met die swaard!” Robert sê: “Vooruit maar met die wapen, maar kyk uit dat dit nie môre te kort vir jou op aarde word nie! Hierdie keer sal jy die laaste stryd, maar dan slegs vir jou eie rekening, toegestaan word. Maar nou genoeg gepraat met Satan. Laat ons ons weg vervolg. Mag die Heer jou oprig volgens Sy welbehae!”

[8] Miklosch gaan verder: “Nou verdwyn Satana skielik en die drie haas hulle hierheen met Sahariël vooraan. Nou is ek benoud na wat hulle verder nog oor hulle ander reise deur die hemele sal vertel. Hulle kom, hulle kom vinnig!”

[9] Op dieselfde oomblik is die drie ook al hier. Sahariël kom voor My staan, buig diep en sê: “O Heer, die albeminde, almagtige, heilige God en ons aller Vader! Met broeder Robert-Uraniël het ek in U Naam op weg gegaan om hom `n glimpsie van U eindelose heerlikheid te toon. Hy het die wêreld gesien waarvan hy oorspronklik afkomstig was en het `n buitengewone vreugde daaraan beleef, want daar prys alles U Naam. Maar op die terugweg lei U heilige Gees ons na `n grootse tafereel wat voor al U hemele en voor die klein aarde, as geboorteplek van U kinders, van die grootste betekenis sal wees. Hierdie skouspel was egter `n gloeiende warm opvoering! Die hele hel het in opstand gekom voor U en U hemele; Satan het hom geweldig opgesmuk om alle hemele deur sy skoonheid na hom toe te trek. 

[10] Maar hier staan `n sterk gees, in wese, sowel boosaardig as goed, sleg maar regverdig, `n Wese van uitsonderlike aard! Eers werp hierdie gees uit eie vrye wil die vorstin van die hel die handskoen toe en stry vir haar soos wat Dawid eens met die reus Goliat gestry het. Haar uiterlike bedwing hy soos `n meester, maar die innerlike van hierdie vorstin bly, soos tot nou toe, nog steeds dieselfde. Hierdie moedige gees staan hier; sy naam is Cado. En so het Robert-Uraniël en ek `n broeder ryker na U, heiligste Vader, teruggekeer. Ons wil U nie vra om hom op te neem in U ryk nie, aangesien U oneindige goedheid en liefde ons al lank voor was. Wel wil ons hier na hartelus ons groot vreugde uiter, omdat ons deur U liefde en mag so `n voortreflike broeder gewen het. Daarvoor aan U alleen liefde, lof en alle eer!”

[11] Ek sê: “My liefde, My genade en My seën is vir julle en vir hom! Hy was reeds so goed as verlore, maar daar was nog `n vonkie in hom, wat tot lewe gekom het in die kwelling, hom aangedoen deur sy voormalige aardse hoofman. Dit het sy hart gered en hom groot krag verleen, waarmee hy My toe ongevraagd `n groot diens bewys het. Hy sal daarvoor ook `n groot beloning ontvang en `n meester word in die stryd teen die hel.

[12] My geliefde Cado, kom nader aan My, want ek wil jou iets groots en belangrik te gee!” Cado buig diep en sê dan: “Heer, ek het van U weliswaar `n baie ander voorstelling gemaak, maar noudat ek U in die mees beskeie eenvoud sien, geval dit my tog die meeste. Ek jubel in die diepste van my hart, omdat U as die allerhoogste Godwese so beskeie en eenvoudig is! So het ek my die Godheid in my hart dikwels gewens, al moes ek Hom ook steeds as ontoeganklik vir my voorstel, omdat my bevattingsvermoë my geen ander voorstelling toegestaan het nie. Omdat ek hier my God en almagtige Skepper so aantref, is ek nou bomatig bly en stel U, Heer, my klein bietjie krag dadelik bereidwillig ten dienste. Laat my egter nie werkloos toekyk nie, want dit is vir my `n vreugde om iets goeds te doen. Wat sal daar nou met die sogenaamde Minerva gebeur? Moet sy so bly of sal ons tog nog verdere pogings aanwend om haar te verbeter? Soos wat sy nou is, sal sy baie onheil stig op aarde; daarop is sy redelik seker uit.”

[13] Ek sê: “Wees maar gerus, beste Cado! Hierdie keer is daar vir haar, netsoos vir almal wat van haar gesindheid is, `n val gestel waar sy onvermydelik sal inloop! Ons sal egter nou aan iets anders begin!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205