Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Cypriaan na die Heer, die beste dank. Die manier waarop die Heer leiding gee. Die weë van Rome wat na die oordeel lei

189 Robert verkondig die baie vriende nou, wat daar tans volgens My wil moet gebeur.

[2] Ondertussen kom vader Cypriaan egter na My toe en sê: “Heer, beste Vader van mens en engele, die suiwer helse tussenspel het `n aardige tydjie geduur. Die beste aan hierdie saak is, dat met die verdwyning van die werklike oer-Satan nou ook sy nare ewebeeld heeltemal uit my hart verdwyn het, want beide broeders Dismas en Thomas het na my byna een en dieselfde duiwelsuitdrywing bewerkstellig as die legendariese Cado na die skyn-Minerva. Ek is nou, vir sover ek myself ondersoek, tenminste gesuiwer van alles wat maar Rooms was in my. Gierigheid, nyd, hebsug, heerssug en beterwetery is nou ver van my. Met `n lig en vry gemoed staan ek nou voor U en vra U ook vir `n klein seën. Aangesien U ons goeie broeder Robert so oorvloedig geseën het, sodat hy hom van suiwer saligheid geen raad meer weet nie, sal U ook my versoek dan nie as aanmatigend beskou nie.”

[3] Ek sê: “Nee, dit ewig nie, jy kom slegs ietwat te laat met jou versoek, want Ek het jou al geseën.” Vader Cypriaan sê: “Dan is dit aan my om U, o Heer en Vader, daarvoor na behore te dank “

[4] Ek sê: “Dit het ook al gebeur, want Ek lees dit in jou hart en dit is vir My die waardevolste dank; as jy dit egter reeds vir My gebring het, waarom sou jy dan nog `n slegter een daaraan toevoeg?” Cypriaan sê; “Maar daarvan weet ek self nouliks iets nie! Hoe kan `n totaal onbewustelike handeling waarde vir U hê?” Ek sê: “Omdat dit ooreenkom met My leer uit die evangelie, waarvolgens die linkerhand ook nie hoef te weet wat die regterhand goed doen in My Naam nie! Dink jy nog steeds dat vir `n My welgevallige dank My volgens Roomse gebruik onder galmende klokgelui, onder geweldige klanke van orrels, keteldromme, trompette en basuine en onder die sinlose opdreun van Latynse bruilofsliedere gebring moet word? O vriend, dit alles is vir My die reinste gruwel! Wie My opreg wil dank, die dank My in sy hart en wel so, dat sy hoogswyse verstand nie meer te doen het daarby as `n gewone handlanger by een of ander meesterwerk nie. So `n dank het jy vir My gebring; wanneer Ek uiters tevrede is daarmee, wat wil jy dan nog meer?”

[5] Cypriaan sê: “My God en Heer, U is al te genadig en barmhartig, as U die suiwer gedagtes van ons hart wil beskou as iets wat U welgevallig is! U orden alle dinge korrek en lei U kinders op die goeie weg, sodat hulle nooit kan verdwaal nie. My hart het tydens my lewe in groot droefnis geklop, maar U het nie toegelaat dat sy in sy nag verstar nie en daardeur nie meer in staat sou gewees het om uit liefde vir U te klop nie. U alleen daarom ewige alle aanbidding en al ons liefde.

[6] Dit is nou op aarde weer redelik treurig en duister, maar dit is goed soos U dit toelaat. Die onkruid moet immers ook tot rypheid kom en sy wortels moet verdor, sodat dit dan grondig vernietig kan word. Soos wat die goeie van U, moet ook die bose hom kragdadig uiter, sodat dit werklik as boos herken mag word en daarom verwerp moet word.

[7] Die grootste kwaad op aarde is nou die Roomse geestelikheid. Dit verhef hom onder die masker van vroomheid en styg hoër en hoër, maar sodra dit met sy trotse vleuels teen die plafon van U hemele sal slaan, sal sy vleuels vernietig word deur vuur uit die hemele. Dit sal dan `n verskriklike en laaste val maak, waarna daar geen verheffing meer moontlik sal wees nie. Dit is weliswaar `n droewige weg, maar dit is goed en regverdig en mis nooit die korrekte doel nie!

[8] Ek was verkeerd, sleg en boosaardig teenoor U, o Heer, en styg hoër en hoër om des te dieper te val. Maar toe ek volkome geval het, kom U, help my weer orent en maak so uit `n duiwel `n mens volgens U maatstaf. En so handel U, o Heer, voortdurend, want U barmhartigheid is onbegrens en U liefde en genade vul alle ruimtes van die oneindigheid. Die nederige verneder U nog meer, sodat hy volmaak mag word en nader na U hart mag kom. Die hoogmoediges verhef U egter, en U besorg hulle die volledige val, sodat hulle as gevallenes mag insien hoe ydel al hulle inspanning was en wat `n volslae niks hulle is voor U, o Heer! Gelukkig is diegene wat hulle sekere val ter harte neem en hulle voor U verdeemoedig; maar hulle, wat hulle na hulle val wil staande hou, vir hulle is daar `n drievoudige weg, want hulle weg sal `n hittige weg wees en hulle ommekeer byna onmoontlik. 

[9] Rome, o Rome, jy klop tevergeefs aan die ysterpoort van jou ou mag! Kyk, die grendels waarmee jyself die deure na die Godsryk gegrendel het vir almal wat na binne wou kom, is verroes! Ek staan voor God, die Almagtige, en Sy oë sê vir my: Jou laaste inspanning sal jou `n smadelike loon besorg. Maar wee jou! Die Heer het vir jou `n nag berei, wat jou sal verslind soos wat `n hongerige slang `n muis verslind!”

[10] Daarop sê Ek: “Amen! Jy het goed, waar en wys gespreek voor My aangesig; en so is dit, soos jy nou gespreek het voor My!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205