Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Ergernis van Robert en Helena voor die hemelpoort. Cado se wyse raad

196 Robert sê: “Ja, my beste vriend, hierby staan my verstand nog steeds stil! Wie hieruit wys wil word, moet meer in sy huis hê as ek. As die Heer gesê het: “Wag daar voor die poort op My totdat Ek kom en vir julle die poort van die lewe open”, dan sou die wag draaglik gewees het en kon `n mens hom die lang wag wel laat welgeval het. Maar die Heer het tog uitdruklik oor `n oop deur gespreek en dat ek my dadelik met Helena vooruit moes spoed om daar, in `n sekere sin, vir die ontvangs aanwesig te wees van hulle wat later sou kom! Oor die hierby noodsaaklike haas het Hy egter gespreek, hoofsaaklik vanweë redelik gewigtige dinge, wat ons daar te wagte sou staan. 

[2] Ons het onsself na die beste vermoë hierheen gehaas, het egter `n deur gevind wat nie oop te kry is nie en staan al geruime tyd voor die geslote ingang. Wat beteken dit en waarom gebeur dit alles? Dit is werklik `n bietjie te kras! Op aarde het ek wel `n Aprilgrap van dom mense waardeer, maar hierdie foppery hier deur die Heer Self lyk tog `n bietjie vreemd! 

[3] Tot nou toe voldoen ons, vir sover ons kragte toereikend was, beslis volkome aan die wil van die Heer. Ons gaan nou nie meer verder nie en sodoende bly ons hier dan ook staan. Oor die vierde vertrek sal ek my egter van nou af aan weinig bekommer. Daar is, weliswaar gesê, dat die hemelryk geweld aangedoen moet word, maar kan mens dit wel `n groter geweld aandoen as wat mens tot sy beskikking het? Ons het ons uiterste bes gedoen, nou kan iemand anders dit probeer en sy geluk beproef”

[4] Helena sê: “Presies dieselfde mening is ek ook toegedaan! Van dit wat nou eenmaal nie kan nie, moet mens hom afwend en dit daarby laat.”

[5] Cado sê: “Liewe mense, julle oordeel weliswaar baie verstan­dig, maar nietemin kan ek my nie by julle standpunt aansluit nie, aangesien ek nie twyfel aan die moontlikheid dat hierdie poort geopen kan word nie. Het ons dan al alles geprobeer? Nee, dit het ons egter nie! As die poort nou dalk oop was en julle haar nie kon oopgemaak het nie, omdat julle probeer het om haar na die verkeerde kant toe oop te maak?

[6] Julle wou die poort wel met alle krag na binne open. Weliswaar het ek julle vergissing duidelik ingesien, maar ek kon dit nie vir julle aantoon nie, voordat julle dit nie self, deur `n sekere soeke, gevra en aanklop agtergekom het nie. Ek het julle wel op hierdie evangeliese raad opmerksaam gemaak, maar julle het dit nie opgevolg nie. Sodoende kon julle nie ontdek dat die poort nie na binne nie, maar slegs na buite oop te maak is, en wel om die rede dat, ook dié poort die hemelryk in die kleine voorstel, wat mens met geweld na homself toe moet trek, maar nie van jou mag wegdruk nie! Dit is tog in `n natuurlike sin al so, dat mens, as mens iets wil hê, dit in `n sekere sin na homself toe moet trek. 

[7] In die hemel lê in alles dieselfde onveranderlike orde ingesluit, waar op geen enkele manier daarteen gehandel mag word nie. So is dit ook by die opening van die poort en daarom het julle niks bereik nie. Probeer nou, om in die Naam van die Heer, die oopmaak van hierdie poort in ooreenstemming te bring met hierdie orde en julle sal dit sekerlik regkry.”

[8] Robert sê: “Beste vriend, ek begryp nou my vergissing, maar iets anders begryp ek nie, en dit is jyself. Waarvandaan kry jy so `n wysheid, waar selfs die wysste gerub respek voor moet hê. Werklik, dit is vir my `n raaisel! As die Heer hier sou gewees het, sou Hy my onmoontlik wyser kon onderrig het.”

[9] Ook Helena sê: “Ja, dit is waar, so wys soos wat vriend Cado is, is werklik nie vir alle hemele te begryp nie. Hy moet dit egter ook wees, anders sou die duiwel op die heuwel, nie sulke respek vir hom gehad nie! Daarom het ek ook `n besondere groot hoogagting vir Cado.”

[10] Cado sê: “Maar liewe vriendin, weet jy nie dat Cado eintlik self `n duiwel was nie, en dat derhalwe op die sodanige heuwel in die noorde die een duiwel die ander aan die stok gehad het?” Helena sê: “As Cado ooit `n duiwel was, dan was ek dit seker tienvoudig, maar Cado was nooit `n egte duiwel nie. Miskien maar net volgens die skyn, om die egte duiwels des te beter tegemoet te kon tree. Dit is dan ook `n groot wysheid, wat vir `n egte duiwel tog onmoontlik is, omdat geen liefde in hom woon nie.”

[11] “Bravo!”, sê Cado, “Jy het goed geslaag! Solank daar in Cado geen liefde was nie, was daar in hom ook geen wysheid nie, maar namate Cado die liefde in hom opgeneem het, wek hy ook die wysheid tot lewe en stry toe met haar teen die duiwel. `n Wapen, waarvoor elke duiwel die grootste respek het.

[12] Gaan open julle nou maar net die poort, want ek sien daar anderkant, nog wel baie ver weg, die hele geselskap wat hiernatoe kom. Wat sal hulle sê as hulle ons hier nog voor `n geslote poort aantref?”

[13] Robert sê: “Ek het net nog `n evangeliese probleem met betrekking tot die poort self: In die Woord van die Heer staan uitdruklik: “Die poort wat egter na die hemel lei, is smal. Julle moet deur die smal poort ingaan wanneer julle in die hemel wil kom!” En ongeveer so gaan dit verder in die Boek van die Lewe. Bekyk hierdie poort egter: Wat `n hoogte en wat `n breedte! Dink jy egter dat dit `n goeie ingang na die hemel is?” 

[14] Cado sê: “Vriend, jy het nog baie materiële voorstellings van God se Woord. Word met die smal poort in die Evangelie dan nie die deemoed van die hart bedoel en nie `n egte deur nie? Open haar maar, hierdie hoë poort, sy sal vir jou ook nog wel `n bietjie smal word!” 

[15] Robert sê: “Merkwaardig, hoe dom mens af en toe word! `n Os bly voor `n poort staan, maar ons mense wil dadelik met die kop deur die muur hardloop. Ek wou hierdie poort steeds van my af weg geopen het, maar toe dit ook nie met geweld wou gebeur nie, het ek wrewelrig geword, wou my klere nie meer gehad het nie en het Minerva hier gewens. Dat ek egter in plaas van al hierdie domhede, die poort ook na my toe kon geopen het, het geen oomblik in my opgekom nie! Nie waar nie Helena, jy sal wel baie ingenome met my wees, noudat dit blyk dat ek so vreeslik dom is?”

[16] “O, dit is vir my alles om`t ewe”, sê die nou weer baie opgewekte Helena, “ek is immers ewe dom! Wat vriend Cado ons aangeraai het, kon my tog ook te binne geskiet het. Ons weet weliswaar nog nie verseker of die poort hom ook werklik na ons toe sal laat oopmaak nie, maar dit is al dom genoeg dat ons twee dit nog nie geprobeer het nie. Probeer dit nou egter nog `n keer en dan net op die wyse wat vriend Cado jou aangeraai het!” Robert sê: “Nee, na binne toe probeer ek dit nooit meer nie, maar daar sal onmiddellik `n poging aangewend word.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205