Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Merkwaardige gedrag van die geselskap teenoor die oënskynlike Cado. Robert herken, saam met Helena, die hoë, goddelike Vriend

198 Die drie apostels verskyn nou voor die poort, begroet Robert en sy vrou Helena baie hartlik en gee uiting aan hulle groot vreugde, omdat hulle weer by Robert is. Die ander kolossale geselskap val egter voor die poort op die aarde, en roep `n hemels-harmonieuse hosanna tot die Heer.

[2] Robert kyk na alle kante om hom heen om te sien waar die Heer wel vandaan sal kom, maar Hy is nêrens te ontdek nie. Agter die geselskap sien Robert egter nog iemand, wat soos twee druppels water na Cado lyk. Ondertussen hou die hosannageroep nie op nie, en Robert merk ook goed aan die drie apostels, dat hulle, bevange deur oorgrote eerbied, van suiwer liefde en heilige gevoelens nouliks in staat is om te spreek.

[3] Daarop vra Robert vinnig aan Cado: “Liewe hemelse vriend en broeder, hulle almal word deur `n, vir my onbegryplike, heilige beskeidenheid in vervoering gebring. Hulle staan almal op hulle knieë. Ja, selfs die glorieryke maagd Maria aan die sy van haar agtenswaardige Josef vorm geen uitsondering daarop nie. Saam met Helena kyk ek my byna my oë uit en sien almal in groot ontroering... op die agtergrond sien ek selfs `n knielende gees, wat opvallend baie soos jy lyk en van aandoening, nouliks meer raad weet nie! Sê my tog, deur wie word hulle almal so ontroer, terwyl die Heer tog nog nêrens te siene is nie! Of sien hulle Hom miskien al baie naby en is net my oog nog nie in staat om iets te sien nie? O dierbare vriend, laat my nou tog nie in die steek nie!”

[4] Cado sê: “My beste vriend, wat moet ek dan sê? Kyk, brille en verkykers is hier nie! Wat kan ek dan vir jou doen?” Robert sê: “Om vir ons, as dit moontlik is, die Heer aan te wys, anders niks nie, want ek moet na die Heer toe om Hom te begroet met alle krag van my lewe. Waar, waar is Hy dan? Wanneer kom Hy, die Heiligste van alle hemele?”

[5] Cado sê: “As jy die Heer nou nog nie sien nie, is jy werklik `n bietjie blind! Daar, vra die drie, miskien sien hulle Hom ook nie?”

[6] Robert sê: “Eienaardig van jou, dat jy my juis nou sulke halwe antwoorde gee, terwyl ek hele antwoorde so nodig het. Jy verbaas jou ook nie daaroor dat die hele geselskap hier van ootmoed vervul neerlê en van eerbied nie eens durf opkyk nie! Werklik, jy bring niks uit jou ewewig, nóg die ope hemel, nóg die duistere hel!”   

[7] Cado sê; “O nee, beste vriend en broeder, ek het jou wel hele antwoorde gegee, maar jy het hulle, jammer genoeg, maar halfhartig begryp. Waarom het jy dan oor die aangeleentheid wat vir jou so dringend is, geen vrae aan hierdie drie gestel nie, soos wat ek jou aangeraai het? Hulle sou jou lankal gesê het waar die Heer Hom moontlik bevind, maar daarvoor ontbreek die moed by jou, wat eintlik `n bietjie dom van jou is. Hulle sal tog as burgers van die hemele nie meer wil wees as ons nie. In die hemel is iedereen gelyk, en die nederigste is die beste en dit is die Heer Self! Kyk daarom vir Hom uit en jy sal Hom spoedig vind. Hy is egter te gering vir jou, daarom kon jy Hom ook nie herken nie, hoewel jy Hom al lankal sien. Begryp jy dit?”

[8] Robert sê: “Ag, dit sou tog grappig wees: Hom sien en nie herken nie! Ek, wat sedert my aankoms in hierdie geesteswêreld al `n geruime tyd naby aan Hom was, sou Hom nou skielik nie meer kon herken nie? Vriend Cado, jy is wel baie wys, maar met hierdie bewering blyk jy tog die pot mis te sit, want volgens jou bewering sou óf jyself óf selfs Helena die Heer moet wees! Ek is dit in geen geval nie en een van die drie apostels naas ons ewemin. Helena is `n vrou en daarom kan sy dit ook nie wees nie. Jy is in ons midde die eenvoudigste, want aan jou hoogs onaansienlike kledingstukke ontbreek alle sierade. Dit versier jou ook werklik nie in die minste nie, maar bedek slegs die naaktheid van jou liggaam. Jy moet dit volgens jou eie bewering dus self wees, hoewel jy nog steeds soos twee druppels water op Cado lyk Hm... sou jy dus egter... die Heer Self wees?!

[9] As dit werklik so was, sou ek uit skaamte byna `n beroerte kry, ondanks die feit dat ek nou `n gees is! Want hoeveel dom en selfs slegte dinge het ek nie namekaar teenoor U geswets nie! Ja, nou gaan daar vir my ook nog `n ander lig op: U het my telkens na die evangelie verwys en dit het die egte Cado, wat tog onmoontlik so vertroud kan wees met die Skrif, nooit so eg bymekaar kon kry nie! Nou begryp ek U wysheid wat nie te ewenaar is nie! Ja, U is wel Hy, niemand anders kan dit wees nie!”

[10] Maar omdat U Hy is, Heer, wat deur die grenslose ontroering van die hele geselskap aangetoon word, laat my en Helena dan nou voor U heilige voete neerval en U ons vriendelik verskuldigde dank bring in die volle deemoed van ons hart! Helena, kyk net hier! Ons begeleier, hierdie meer as wyse, hemelse Cado is nie die egte Cado nie; slegs sy kleding is soos die van jou bekende Cado, maar daarin bevind Hom, heeltemal onherkenbaar, die Heer Self. Begryp jy - die Heer Self!”

[11] Helena het hierdie woorde nog maar nouliks verneem, of sy werp haar ylings aan die voete van die Heer en roep uit: “O Heer, verdoem my tog nie, want ek was ontsettend ru en grof in U teenwoordigheid! O God, wat het ek gedoen!” Ek sê, nog steeds in die gedaante van Cado: “Staan op, My liewe dogter, want Ek het jou juis daarom lief, omdat jy is en was soos jy volgens My wil moet wees! Staan daarom maar op, want ons moet nou... na Wenen!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205