Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Die groot piramide monument. Woorde van lig en lewe van die Heer oor gees, siel en liggaam. Die ware opstanding van die vlees

155 Binne enkele oomblikke is ons by die plek. Die baie ander gaste, gelei deur die apostels, netsoos die aartsvaders, maak met groot eerbied plek vir ons. Ons nader die groot monument, wat net so lyk soos een van die grootste piramides van Egipte.

[2] Op die top van die piramide is `n groot goue bal aangebring. Elke tree van die piramide is met `n breë goue band beklee, waarin allerlei geskrifte gegraveer is. In die piramide is daar slegs aan die noordekant `n deur, waardeur mens na binne kan gaan. `n Paar meter agter die ingang is na links en regs twee sygange, en nog ietwat verder op is `n trap wat na benede, en een wat na bo lei. Hoewel die piramide uiterlik lyk asof dit van suiwer ondeursigtige, swaar klippe gebou is, waardeur geen lig in die inwendige van die reusagtige monument kan deurdring nie, is die baie ruimtes binne egter tog so helder verlig, dat mens alles wat daarin is, goed kan onderskei.

[3] Die al buitengewoon nuuskierige Fransiskaan Cypriaan, vra My: “O Heer, goeie Vader, wat beteken dit eintlik? So `n ontsaglike piramide moet ook `n geweldige betekenis hê!” Ek sê: “Beste vriend, wees maar geduldig, want so `n boom val nie met die eerste hou nie! Daar was wel op aarde `n heidense koning, Alexander genaamd, gewees wat die beroemde Gordiaanse knoop met `n magtige slag van sy swaard ontwar het, maar op hierdie manier word die ingewikkelde knope hier in die ryk van die suiwer geeste nie ontwar nie, dog slegs met die nodige tyd en geduld! Daarom dus ietwat meer geduld, My beste vriend Cypriaan!”

[4] Die Fransiskaan stel hom daarmee tevrede en sê: “Heer, goeie Vader, U het volkome gelyk! Ons is hier in die onverganklike ewigheid en daarin het ons tyd in oorvloed om ons alle insigte te verwerf. Wat sou daar nog ten slotte vir ons oorbly, as ons alle hemelse wysheid op een slag moet verwerk? Niks anders as `n spoedig daarna intredende ewige verveling nie!” Die graaf sê: “Vriend, jy begin alweer `n bietjie satiries te word! Ek sê jou, neem jou in ag, want jy bevind jou op heilige grond! Hou daarom net op met sulke geestighede!” 

[5] Ek sê: “Liewer geen rusie hier nie! Jy, broeder Ludwig, het weliswaar gelyk, maar vir die opmerking van Cypriaan is ook bietjie te sê. Ons het hier belangrike dinge om te doen. Gaan jy, vriend Cypriaan, liewer na Robert toe en vra hom om met sy eggenote na My toe te kom, want hy moet hier by hierdie geleentheid die hoofrol op hom neem.”

[6] Cypriaan buig diep voor My en voer sy opdrag aan Robert vinnig uit. Robert kom ook dadelik met Helena na My toe en vra My om My wil aan hom bekend te maak.

[7] Ek sê aan hom: “Beste vriend, broeder en seun Robert. Kyk, die museum is eweneens `n wesenlike deel van jou huis en Ek wil hê dat dit juis jou besonder na aan die hart moet lê. Jy het tot nou toe al baie gedoen en groot dinge volbring, sodat Ek baie tevrede met jou is. Jou gees is baie mooi gevorm, maar jou siel het hier en daar nog te min stabiliteit, wat ook nie anders kan nie, omdat die ontbinding van jou liggaam nog nie volledig opgelos het nie. Hier is die plek waar jou siel tot volkome stabiliteit kan en ook sal raak, maar daarvoor moet nog die een en ander baie goed in ag geneem word!

[8] Kyk, die liggaam van elke mens is `n mengsel van werklik miljoene van alle moontlike hartstogte uit die hel, wat in `n veroordeelde vorm saamgebring is. Jy het tog wel eens gehoor van die opstanding van sowél die dooies as die lewendes, en ook oor die opstanding van die vlees. En ook van `n sogenaamde jongste dag, waarop almal wat in die grafte lê deur My, na gelang van hulle werke, opgewek sal word, hetsy tot die lewe, hetsy tot die ewige dood.

[9] Kyk, dit is die plek, waar Ek jou hierdie geheime moet openbaar, en wel na jou eie natuur en geaardheid. Vervolgens deur jou aan almal wat vanweë dieselfde oorsaak met jou in die geestewêreld aangekom het en in jou huis hulle opname moes vind, omdat hulle op aarde al deur gedagtes, gesindheid, woorde, wense en af en toe ook deur hulle werke, min of meer in jou gees gelewe het.

[10] Van almal was jy die eerste wat Ek hier opgeneem het en vir wie se verdere vooruitgang Ek hier sorg. Daarom moet jy hier, waar dit gaan om die uiteindelike vervolmaking, ook die eerste wees wat dit aan homself volbring, sodat dit dan ook op al die ander kan oorgaan.

[11] Ek het reeds gesê dat jou siel nog geen eintlike stabiliteit het nie. Hoe sal dit egter bereik word? Ek sê jou, en derhalwe ook aan al die ander:

[12] Soos wat Ek, as die Heer, in My Menswees julle oral voorgaan en `n goeie, onverwoesbare weg baan, so moet julle almal vir My op dieselfde weg in alles navolg, wanneer julle waarlik die ewige lewe wil bereik!

[13] Ek het nie slegs na siel en gees opgestaan nie, maar hoofsaaklik na die liggaam, want My siel en My oerewige Godsgees het geen opstanding nodig nie, omdat dit tog `n volstrekte onmoontlikheid sou gewees het om as God gedood te word. Soos wat Ekself liggaamlik opgestaan het as ewige oorwinnaar oor alle dood, so moet ook julle almal na julle liggame opstaan, want eers in jou verrese, gelouterde en verheerlikte vlees kan julle My as volmaakte God aanskou.* Die vlees is egter gevange in die oordeel en dit moet van die vlees weggeneem word, anders kan dit nooit dien tot stabiliteit van die siel nie. *[liggaam” en “vlees” moet hier natuurlik nie letterlik nie, maar in figuurlike betekenis gesien word, Daaronder moet (volgens vers 14) die grof-sinlike deel, die van Satan afstammende vleeslike krag in die vlees van ons “natuurwese” (hoofstuk 156:1) verstaan word. (Die uitgewer)]

[14] Bekyk hierdie graf: gesamentlik bevat sy die volledige geheel van jou eie vlees, gesplits in miljoene veroordeelde deeltjies, waaruit dit saamgestel was. Die wesens wat jy onder die grafmonumente ontdek het, is in feite slegs verskyningsvorms van die verskillende wense, begeertes en hartstogte, wat jy in jou vlees, as veroordeelde dele van jou hele natuurwese, herberg.** Dit moet nou gelouter word met allerlei middele om aldus tot `n waarlik stewige, lewende kleed vir jou siel te word. **[Voorgestel deur die karakterbeeld van die verskillende, aparte persoonlikhede. (Die uitgewer)]

[15] Soos wat Ek uit My hoogseie krag en mag My vlees laat opstaan het, so moet ook julle almal deur die krag van My Gees in julle, aan dié belangrike werk begin en dit tot waaragtige voltooiing bring, want wie waaragtig My kind wil wees, moet in alles na My lyk en alles doen wat Ek gedoen het, en nog sal doen!

[16] Maar nou rek jy, Robert, groot oë en vra My in jou hart; “Heer, wat is dit nou, hoe sal ek in staat wees om dit te verwesenlik?” Geduld, jy kom dit so dadelik te wete!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205