Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Paulus in die proletariërklub, “In die goeie Herder”. Die apostel as goudmaker. Inflasie­teorie en lewensroes. Gelykenis van die wedloop

202 Paulus gaan nou die huis binne en sê daar vir `n groep mense, wat juis `n geheime beraadslaging hou oor die vraag hoe hulle `n demonstrasie vir die ministerie kan organiseer: “Vrede sy met julle! Ek is die apostel Paulus, `n kneg van Jesus, die Christus, deur die Heer Self na julle toe gestuur. Ek vermaan julle in alle liefde, geduld en Christelike sagmoedigheid om af te sien van julle nuttelose beraadslaging, van julle onsuiwer begeertes en die daaruit voortvloeiende werk. Keer julle harte na die Heer toe, lê Hom julle nood voor en Hy sal julle werklik help. Hy sal Sy oor en Sy hart nie vir julle sluit wanneer julle in julle nood in julle harte bid nie: “Heer, liefdevolste heilige Vader, help ons tog uit ons groot nood, want ons is tog ook U kinders!” As julle so sal spreek, sal die Heer in julle midde wees en Hy sal elkeen syne gee. Bedink dat elke menslike hulp geen egte hulp is nie; soek daarom hulp van God, die Heer van alle heerlikheid, en julle sal werklik vir ewig gehelp word!”

[2] Een uit die groep tree na vore en sê: “Wat wil jy hê, vermomde Roomse? Maak dat jy wegkom, anders sal jy Jesus die Christus hier op sy beste leer ken!” Paulus sê: “Beste vriend, ek sê jou dat jy en jou hele geselskap julle al geruime tyd nie meer op aarde nie, maar in die geestesryk bevind. Julle maak egter nog steeds asof julle in julle vlees op die donker aarde was. Laat jou daarom vermaan en word bewus van hierdie werklike situasie!”

[3] Hy wat na vore gekom het, skree: “Uit met hierdie aarts Roomse! Nou wil die kêrel ons duidelik maak dat ons al gesterwe het! Ag, dit gaan vir my tog te ver! Dat hy hom vir Paulus uitgee, is seker `n dweperige truuk van die nuwe Paulusvereniging; hy hoort in die malhuis tuis! Maar dat ons al geeste sou wees, is te veel van die goeie! Daarom uit daar met `n dergelike Paulus!”

[4] Paulus sê: “Luister, ek wil julle nog `n woordjie sê en daarna kan julle my uitstuur of laat bly, soos dit julle behaag. Toe ek self byna tweeduisend jaar gelede te Damaskus in Asië tot gesant van Christus gekies was, oorkom dit my dikwels dat ek, netsoos hier nou, en dalk nog erger, aangeval was vanweë die heilsleer van Jesus, waaraan die aartsjode en ander bevolkingsgroepe `n geweldige hekel gekry het. Wanneer ek dan vir iemand gesê het: “Vriend, ondersoek hierdie leer en behou daarvan wat jy goeddunk, dit kos jou tog niks meer as slegs jou wil en `n bietjie verstand om haar te ondersoek nie!” dan was menigeen, wat my eers van woede wou verskeur het, gerusgestel. Ja, sommiges het ten slotte self yweraars vir Jesus se heil- en lewensleer geword. Daarom sê ek nou ook vir julle: Ondersoek eers wat ek vir julle gesê het! As julle iets gevind het wat, volgens julle, waar blyk te wees, wat kan julle dan nog teëhou om dit aan te neem en julle lewe daarvolgens te rig? Waarlik, julle moet regtig van julle verstand beroof wees, as julle die goeie sou afwys en die minder goeie sou behou! Ondersoek dit daarom terdeë en oordeel eers daarna!

[5] Wat het ek met die nuwe Paulusvereniging te make? Ek sê vir julle: Wat die leer en die doelstelling daarvan betref, staan hulle nog verder van my af as die materiële aarde van die geestelike hemel! Meer kan ek, as die egte Paulus in lewende lywe, nie sê nie! Julle kan uit my verklaring sonklaar agterkom dat ek geen duister priester, en nog baie minder `n aanhanger van `n Paulusvereniging is nie!”

[6] Verskeie aanwesiges sê nou op egte proletariaatagtige manier: “Ja, die redevoering is tog nie so dom nie, maar daar is tog twee dom dinge by, en wel, dat jy die werklike Paulus wil wees en dat ons al gesterwe het! Dan sou ons immers, oftewel geen liggame meer gehad het nie, en sou suiwer geeste wees, of ons sou miskien gladnie meer bestaan nie, wat die mees waarskynlikste is. Of het jou geeste dalk ook liggame? As dit so is, kan jy gelyk hê, maar andersins in der ewigheid nie!” 

[7] Paulus sê: “Ek het immers vir julle gesê: Ondersoek en dan sal dit wel blyk of ek julle onwaarhede vertel het!” Verskeie aanwesiges sê: “Ondersoek, ondersoek, dit is maklik gesê, maar hoe, dit is `n ander vraag. Hoe moet ons dit dan ondersoek? Moet ons dit miskien aan `n predikant voorlê?”

[8] Paulus sê: “Het julle geen geld by julle nie?” Die ander sê: “Geld? Wat `n dom vraag! Hoe sou dit saamgaan, ons en geld! En dan bowendien nog in Wenen, waar geen geld lankal nie meer bestaan nie! Papiergeld wel, maar egte geld lankal nie meer nie. As jy met so `n velletjie papier gehelp kan word, kan ons jou wel daarmee van diens wees.” Paulus sê: “Laat ons net sien, dan sal wel blyk wat daarmee gedoen kan word.”

[9] Die woordvoerders van die klub sê: “Kyk, jy, wat met alle geweld die beroemde Paulus wil wees, neem dan die enigste kontantgeld wat ons het, `n tien-Kreuser velletjie. Verander dit, as jy dit kan, in tien dukate en reken dan op ons aller dankbaarheid!”

[10] Paulus neem die tien-Kreuser-biljet en verander dit oombliklik in tien egte, swaar dukate. Die lede van die klub is stomverbaas en sê: “Nee vriend, jy kan meer as slegs brood eet! A ha, dit is werklik `n meer as sterk staaltjie! Jy sou `n kunstenaar kan wees na die hart van die Rothschilds en na nog baie miljoene harte meer! Luister Paulus, ons hou jou by ons! Jy is van harte welkom!”

[11] Paulus sê: “Ek wil daarom nouer vriendskapsbande aanknoop nie, maar sodat julle God se krag in my mag gewaarword en daaruit agterkom dat ek geen leuenaar en bedrieër is nie! Ek het `n geldstuk van julle verlang, en onder mekaar het julle nie eens `n egte Kreuser gehad nie. Dit dui op julle lewe, dat julle dit nog steeds as `n aards materiële lewe aansien.  

[12] Julle het my met die tien-Kreuser-biljet `n korrekte getuienis gegee oor die innerlike waarde van julle lewens. Julle teenswoordige lewe lyk volkome soos die slegte papiergeld, waarvan die reële waarde so goed as nul is. Julle wil uit julle onegte, volkome waardelose lewe `n werklike lewe kry, maar julle moeite is tevergeefs. Alles wat waardeloos is, laat hom onmoontlik deur `n ander waardelose ding opwaardeer: As julle vir papier weer papier uitgee of inwissel, welke waarde het die papier dan? Ek sê vir julle: Geen! Hoe meer nuwe papier daar vir die oue in sy plek kom, soveel waardeloser het beide geword.

[13] Presies so is dit ook met die lewe: Die aardse lewe is op sigself beskou totaal waardeloos. Dit ontleen sy waarde uitsluitlik daaraan, dat mens deur `n korrekte spekulasie die aardse, slegs skynbare lewe vir `n waaragtige lewe uit die goddelike lewenswisselbank kan inruil. Wanneer ek egter die aardse lewe slegs gebruik om in die geestelike wêreld `n nog hoër lewe binne te gaan, dan neem ek slegs papier in plaas van die vorige beter een en is sodoende `n dwaas en `n onsinnige spekulant!

[14] Het julle nog nooit `n wedloop gesien, waarby goeie hardlopers binne bepaalde bane `n rondte hardloop om dan eerste die gestelde doel, waarvoor `n prys uitgeloof word, te bereik nie? Die prys is bedoel vir almal, maar hy wat geen moeite doen om tot die beteres te behoort nie, het dit aan homself te danke as hy met leë hande na sy huis gaan. Maar ek sê vir julle: Hardloop almal, die prys is groot en is toereikend vir iedereen! Wanneer julle egter goed wil hardloop, moet julle vry wees van alle ydel, dom dinge, sodat niks julle by die hardloop hinder en julle voete voortydig vermoei nie! Die wedloop is `n behoorlike stryd, maar laat hy wat stry, stry in volle erns, want die wins is `n goeie saak. Wie nie ernstig met alle moeite daarna streef nie, bly ewig `n arme drommel! 

[15] Ek het op julle versoek van die briefie van tien Kreusers, tien goudstukke gemaak en julle was baie verheug daaroor! Ek het dit deur my geheime krag gedoen om julle te laat sien wat daar van julle papierlewe te make is, as julle daarna verlang om uit te gaan, want julle materiële skynlewe hier lyk volkome soos die briefie van die tien Kreusers, wat egter geen reële waarde het nie, omdat dit niks reëls by die dekking van haar nominale waarde besit nie. Kan iemand soos ek egter naas die biljet tien egte dukate lê, dan sal dit ewenwel `n hoë opwaardering kry. Laat julle julleself dan ook verander! Werp alles wat ydel, leeg en nietig is van julle af! Maak julle voete lig en begin die wedloop na die ware lewensdoel, en julle sal aan my sy `n goeie prys ontvang.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205