Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Wonders en hulle uitwerking. Die vors erken die wysheid van die Heer. Sy Christus belydenis onder voorbehoud. Die vorste pleeg beraad onder hulleself

210 Ek sê: “Vriend, welke indruk `n wonder op jou sou maak, weet Ek die beste; daarom sal daar aan jou ook geen wonder getoon word nie. Dat die totale materiële wêreldskepping stellig `n groot wonderwerk van goddelike mag en wysheid is, wat die mens dag in en dag uit kan aanskou, is waar en korrek. Maar omdat die bewoners van die aarde, netsoos die van alle ander hemelliggame, nou eenmaal sulke wonders sien, wat wel die mees sprekende getuienisse is van God, moet hulle ook in hierdie wonders, wat die vlees betref, sterwe, wat ook dieselfde wonder is.

[2] Elke wonder is vir die beskouende siel `n oordeel, waarvan sy slegs weer deur die grootste moontlike selfverloëning bevry kan word. Nou kan dit egter slegs daaruit bestaan, dat van die siel alles weggeneem word wat ook maar die geringste sweem van enige dwang het. Die wegneem is juis dit wat julle sterwe, of die dood van die liggaam of van die materie, noem.

[3] Alles van die siel wat nie tot die gees behoort nie, moet afsterwe. Solank een of ander uiterlike dwang die siel nog gevange hou met enkele lewensvesels, kan die vrye Godgees in haar hom nie volledig ontplooi en haar vrymaak van elke oordeel nie.

[4] Die Godheid kan weliswaar wonders verrig om `n siel te oortuig, maar hierdie wonders van buiteaf knel die siel dan dermate, dat sy glad geen herinnering meer het aan haar moontlikheid tot vrye keuse nie, wat tog die enigste voorwaarde vir die lewe ten opsigte van God is. Daarom moet die siel in `n toestand kom waarin sy vry word van alle uiterlikhede, sodat die gees in haar hom kan uitbrei en ewige duursaamheid aan die siel teenoor God kan verleen. Want ten opsigte van God kan slegs dit bestaan wat self “God” is.

[5] Begryp jy nou waarom Ek die wonders van jou weerhou? As God in die reeds met rede begaafde siel nie die gees gelê het nie, sou sy geen oomblik kon bestaan as `n vry wese nie; dit sou met haar gaan soos `n druppel water op `n gloeiende plaat. Die diere moet egter juis daarom dom en byna sonder enige besef rondloop, omdat hulle bestaan andersins iets onmoontlik sou gewees het. Begryp jy dit?”

[6] Die vors sê: “Ja Vriend, dit kom my voor dat ek dit sou moet begryp en tog begryp ek dit nie. Vir die begryp van dergelike dinge is meer nodig as om vir enkele jare op aarde die kroon en septer te gedra het. Origens sien ek nou wel in waarom Jy eintlik die eerste van Jou klein geselskap is, want Jy is by verre die wysste van hulle almal. Jy ken die natuur van die geestes- en die materiewêreld tot op die bodem en die onderlinge wisselwerkings sien Jy op sy beste. Of Jy daarom egter ook daarom Christus die Heer Self is, is trouens weer `n baie ander vraag!

[7] Weet Jy wel dat mens as egte Christene versigtig moet wees om aan te neem dat iemand wat wys is en miskien ook enkele wondertekens tot stand kan bring, Christus is? Daar staan tog in die Skrif: “In die tyd sal daar baie valse profete opstaan en tekens doen en sê: “Kyk, hier is Christus, of daar is Hy!”, maar glo hulle nie! Want die koms van die Menseseun sal wees soos `n bliksemflits, wat van die opgaan tot aan die ondergaan sal skiet. Ook sal die koms van die Heer wees soos die van `n dief in die nag!” - wat trouens `n haglike situasie kan wees, want `n dief doen nie baie goed as hy heimlik `n huis binnekom nie!

[8] Sodoende, Vriend, moet Jy ons nie kwalik neem as ons nog ietwat aarsel om aan te neem dat Jy Christus sou wees nie. Origens het geeneen van ons almal die geringste in te bring teen die enorme wysheid van Jou gees nie. Met die wonders sal dit wel so wees soos wat Jy vir ons gesê het, netsoos met die materie van die buitewêreld, maar aanneem dat Jy Christus sou wees, omdat Jy dit alles kon uitgelê het, sou ietwat gewaagd wees. Petrus, Paulus, Johannes, Jakobus, dit kan gaan, maar Christus? - Vriend, dit gaan vir my tog te ver!”

[9] Ek sê: “Dit verlang Ek ook gladnie, omdat dit meer as genoeg is as julle Christus as God en Heer van alle wêrelde en alle hemele erken. Maar julle moet onderling daaroor beraadslaag en vasstel of almal Christus as God, Heer en Vader in hulle hart erken en of almal hier in hierdie grafkelder ons wil volg terwille van Christus die Heer! Al die ander wat julle hier sien, het ons om die rede gevolg en sal daarom hulle heil vind. Doen dieselfde en julle sal ook daardeur julle heil vind!”

[10] Die vors sê: “Goed, dit sal ons dadelik ten uitvoer bring. Gaan dit, dan is dit goed, en gaan dit nie volledig nie, dan sal dit tog onvolledig gaan!”

[11] Hierop wend die vors hom tot die gesamentlike bewoners van die familiegraftombe en sê: “Julle het alles gehoor wat hierdie Vriend hier gesê het. Ek is van mening, omdat ons hier in ons situasie weinig te wen en nog minder te verloor het, dat ons die aanbod goedgelowig moet aanneem. Bespreek dit dus saam met die ander en deel my julle wil en besluit mee. Ons sal dan wel hierdie plek vir goed verlaat, of, wat baie treurig sou wees, God weet hoe lank nog op hierdie werklik onaangename plek bly.

[12] Ek is `n oortuigde Christen en my leuse was steeds: “Christus, of alles is verlore!” Daarom glo ek ook nou: Christus moet ons terwille van die lewe tot elke prys trag om te wen, want sou Hy, soos sommiges meen, slegs `n fabel wees, dan is ons die ongelukkigste mense. Want wie is dan God, en hoe, wanneer en waar? As Christus egter God is en die Heer oor die hemel en oor die wêreld, dan het ons aan Hom `n sigbare, ewige Vader vol liefde, goedheid en erbarming! Hy sal Sy kinders nie so maklik verstoot as `n maar net `n almagtige, baie regverdige God, waarin wel die hoogste wysheid sal heers, maar wat geen vaderliefde en geen erbarming het nie.

[13] Ek, die eerste uit Habsburg, dink egter so: Wie self vol trots en hoogmoed is, wil ook `n baie trotse en hoogmoedige, ontoeganklike God aanbid - `n sonde van die trots, wat dalk ook my siel binnegesluip het. Maar hierdie wyse Vriend het aan my duidelik gemaak dat die ontoeganklikheid van die lig waarin God woon, daarin lê, dat die deemoed en die onbegryplike diepe minsaamheid van God `n gruwel is vir die trotse mens. Daarom sê ek: Mea culpa, mea maxima culpa!* (*Deur my skuld, my allergrootse skuld) Ek was eens as keiser daadwerklik ook so, alhoewel ek steeds die gedagte gehad het dat slegs die trotse en hoogmoedige God so vir hom kon voorstel. Nou het die gedagte egter in my tot waarheid gekom en ek rig tot julle almal, my aardse kinders, die versoek om hierdie goeie Vriend te volg. Hy sê van Homself dat Hy Christus is. Dit laat ons egter nog ewe rus. Alles is moontlik, maar ons sal hierdie saak nog diepgaande ondersoek. Dus wat dink julle, my beste vriende en aardse kinders, wat gaan julle doen?” 

[14] lemand uit hulle midde sê: “Ons almal weet dat jy, Rudolf van Habsburg, in naam en waardigheid die eerste is, maar jou hoogadellike paleis is nie hier nie, maar êrens anders. Jy is hier slegs `n bewoner en dien hier daarom nie die hoogste woord te voer nie! Dit geval baie van ons hier en ons is ook Christene. Daarom sal ons hier bly totdat die basuin ons na buite sal roep vir die laaste oordeel, waarby Onse Liewe Heer ons genadig en barmhartig mag wees. Ons was wel na eer en gewete regverdig en streng teenoor iedereen wat teen ons gesondig het, maar ons het ook baie dikwels genade voor reg laat geld. Mag ons Liewe Heer ons net so op die jongste dag genade vir reg skenk. Tot solank wil ons hier in alle rus vertoef!” 

[15] Die vors Rudolf sê: “Waarom het julle dan met ons saamgegaan toe ons die geselskap tegemoet gegaan het?” Enkele belangrike vorste sê: “Dit het ons slegs gedoen vanweë die parade en ook uit `n bietjie vrees vir die profesie van die vurige ruiter. Maar omdat ons nou insien dat die hele saak niks voorstel nie, bly ons hier in ons hoogadellike paleis. Begryp jy? Ons bly hier!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205