Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 64

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Lewensduur berekening in die hiernamaals. `n Verlange na die lotgevalle op aarde. Gelykenis van die goëlaar. Die ware hoflike grootsheid

214 Paulus sê: “Jy sal ook iemand anders kry, maar nog nie nou nie, omdat jy in al jou denke en strewe nog byna net so materieel is soos `n klip. Maar ek, Paulus, is daarom `n Paulus, die nietige apostel, omdat ek eers die grof materiële van die kinders wegskuur en die ergste vuil van hulle opruim. Solank jy jou van materie vervulde gedagtes en verlange nie wil verruil vir die geestelike nie, sal jy Paulus nie kwytraak nie! Want dit is die werk van Paulus, dat hy eers die plek suiwer, sodat die eintlike bouers daarna die gebou kan optrek, waarna die Groot Boumeester dan eiehandig vir die daarby behorende pragtige, innerlike inrigting sorg. 

[2] Wees daarom voorlopig maar tevrede met my, want wie Paulus eenmaal aanvaar, kom ook na Petrus, Johannes en ten slotte na die Heer Self. Elkeen wat begin, moet met Paulus begin, anders kom hy nooit na Petrus en nog minder na Johannes nie. Wie egter nie na Johannes kom nie, kom ook nie na die Heer nie, want Johannes is dan die liefde van die Heer vir Sy kinders.”

[3] Die hardnekkige sê: “Seer seker, maar jou inligting is nie waarheidsgetrou nie en daarom kan ek my nie op jou verlaat nie. Jy sê dat ek al byna tweehonderd jaar, volgens aardse berekening, hier in die geesteswêreld vertoef het. Kyk, dit is volkome loënbaar, want ek is maar byna 110 jaar hier; daar ontbreek dus nog 90 volgens jou inligting. Moet geeste van jou soort dan nie in staat wees om presies aan te gee hoe lank `n gees al hier woon nie? Red jou nou uit die sous as jy kan; dan kan jy, wat my betref, wel bly!”

[4] Paulus sê: “Dit sal vir jou moeilik wees om hieroor met my te redetwis! Sê my net, jou uitgeholde gatgrawer in die materie, wanneer het jy in die geesteswêreld leer reken, dat jy my van `n leuen wil beskuldig? Kyk jou dwaas, ons reken hier in die geesteswêreld so: Vanaf die oomblik waarop daar deur die Heer `n gees in jou siel gelê word, (iets wat gebeur sodra die siel van `n kind in staat is om te dink, wat by baie kinders al in die eerste lewensjaar die geval is) - vanaf dié tyd is elke mens al `n bewoner van die geesteswêreld, wat hom sy drome maar al te duidelik aangee. Slegs oordag, as die natuur wakker is, is hy met die grootste deel van sy wese in die materie, alhoewel menigeen deur geestelike gedagtes, beskouings, gebede, liefde tot God en verhewe handelinge, homself ook tydens die volle daglig in die suiwer geesteswêreld bevind. Kyk, vanaf daardie oomblik begin ook die berekening soos ons dit hier gewoond is om te doen. As jy die jare optel na jou 110 jare, sal jy die byna 200 jaar seker nie meer so leuenagtig vind nie, wat jy my so grof reg in my gesig gesê het.”

[5] Daarop sê die hardnekkige: “Ek het nie geweet dat mense hier so reken nie. As jy my dit vooraf vertel het, dan het ek jou geen leuenaar genoem nie en jy my nie `n uitgeholde gatgrawer in die materie, wat ook geen kompliment is nie. Sodoende glo ek dat ons kiets is en mekaar niks meer te verwyt het nie. Ek is jou nou weer goedgesind; jy ook vir my?”

[6] Paulus sê: “Volkome, maar daarvoor moet jy jou nou nog wel enkele woorde van my laat welgeval!” Hy (die hardnekkige) is nou ietwat meer gevoelig en sê: “Praat maar soveel jy wil en kan, ek sal na jou luister! Maar sê my ook hoe dit nou daar in die wêreld uitsien, wat my nakomelinge doen en hoe dit met hulle gaan. Ek het verneem dat daar in Oostenryk groot omwentelinge plaasgevind het.”  

[7] Paulus sê: “Ons is nou oënskynlik in Wenen en sal na hierdie geleentheid ook baie verneem oor hoe dit nou daar in die materiële buitewêreld uitsien. Voorlopig moet ons onsself egter besig hou met dit wat ons baie meer aan die hart lê as die materie wêreld. Jy is nog heeltemal deurdronge van die Spaanse hoflike grootsheid, wat veral deur die destydse hooggeplaaste en ryk priesterstand onderhou was. En jy dink dat al wat hooggeplaaste is, deur die grootste moontlike glans, wat uit goud en ydel seremonies bestaan, die hele wêreld kan imponeer. Maar ek sê jou dat daar in die hele wêreld niks bestaan wat so totaal verkeerd is as hierdie bomatige dom veronderstelling nie!

[8] Kyk, `n goëlaar vermaak sy verblinde toeskouers slegs solank hulle nie agter die onbeduidendheid van sy kuns kom nie. Word hulle egter deur `n tersake kundige voorgelig, dan moet die valse towenaar maar sien hoe hy homself daaruit kan red, as hy `n valse kunsie as `n egte towerkuns vir hulle laat deurgaan het. Dit is ietwat anders as `n illusionis wat hulle ook as sodanig voorstel. Dan sal elke toeskouer weet dat hierdie towery suiwer natuurlik is en sal hy die toneel baie onvergenoegd verlaat.

[9] So is dit ook gesteld met die grootsheid aan die Spaanse hof. Dit kan eg of vals wees. Wee egter die vors, wat met `n vals hoflike grootsheid sy onderdane so wil bedrieg. As die mense daaragter kom, soos dit in Frankryk en ander state al die geval was, sal dit met so `n valse pronkhaan sleg gaan.

[10] Die praal van die ware hof bestaan egter uit die wysheid en die goedhartigheid van die vors, uit `n goed verdeelde en doelmatige welvaart vir die onderdane en uit allerlei wyse staatsvoorsienings, waarvoor die hele wêreld `n diep respek moet koester. En daarna eers uit die feit dat `n vors in al sy waardigheid in sy residensie verskyn soos hy is, naamlik `n wyse bestuurder van `n werklik gelukkige volk.

[11] Wat baat dit `n vors om in `n goue staatskoets rond te ry, as sy volk in skamele vodde gehul, versmag? Watter nut het dit om die swakkes alle laste op te lê, waardeur hulle doodgedruk word, terwyl die vors homself vermaak in die ellende van hulle skreiende armoede? So `n volk sal hulle in sy stryd ontsettend wreek op `n soortgelyke vors, wat dit eerder verdien om `n volksvampier as `n volksregent genoem te word.

[12] Kyk net na sulke trotse vorste, waarvan Spanje, Frankryk en Engeland al enkeles moes verduur het. Hulle het uiteindelik as treurige offers van `n ontketende volkswoede geval. Jy is self nog heeltemal besete deur hierdie hoflike grootsheid, wat nóg vir die mens en nóg baie minder vir God enige waarde het. Laat dit vaar, want dit sal jou nooit as te nimmer seën bring nie! Kyk, as jou dogter, Maria Theresia, nie van `n baie ander gees, as die van jou, deurdronge was nie, dan sou daar lankal geen Oostenryk meer bestaan het nie. Van alle kante sou mense haar binnegeval het en haar verskeur het, soos mens dit naderhand onder die seun van jou dogter, netsoos onder Leopold en Frans ten dele al kon gesien het. Vir al die kwaad het jy die saad gelê, en solank die nog komende vorste in jou goue koets sal rondry, sal hulle nie verlos word van die bitter beproewings van velerlei aard nie.

[13] O Karel, jy was `n hardvogtige vors! Word daarom nou sagmoedig voor God, jou Heer, sodat jy die wonde mag genees, wat jou oordrewe hoogmoed die volkere toegebring het. Baie van hulle, wat onder jou bewind verblind was, smag nog hier in die geesteryk! Tree daarom nou voor die Heer, jou God en Vader; lê jou groot skuldelas aan die voete van Jesus, die Heer, sodat Hy jou sterk en gesond kan maak in alles waarin jy nog as baie siek voor Hom verskyn. Want vir Hom is alle dinge moontlik.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205