Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 81

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Die koster oor Christelike gelykheid en kerklike ongelykheid. Die hoofpriester verdoem die “ketter”

231 Na hierdie woorde krap die Eminensie, maar nie die hoofpriester nie, hom agter die ore en sê na `n rukkie vir sy kollegas: “Hierdie koster is vir my tog `n kêrel! By my arme siel, as ek geen kardinaal was nie, sou ek hom byna gelyk gegee het, maar as kardinaal kan mens hom tog nie deur `n koster die les laat lees nie!” Die koster sê: O my beste Eminensie, ons is hier, so waar as wat daar `n God leef, nie meer op aarde nie, maar soos ek reeds eerder gesê het, ons is almal in die wêreld van die geeste, wat u, Eminensie, maklik uit allerlei verskynsels kon agtergekom het as u dit wou.”

[2] Die Eminensie sê: “Hoe moes ek dit dan opgemerk het? Ek sou tog iets daarvan moes opgemerk het dat ek gesterwe het; iets wat tog vooraf moes gaan, voordat mens in die geesteswêreld kom. Dan sou mens hom tog daar as `n gees, maar nie as `n materiële mens met huid, hare en bene bevind het nie! Dit is op niemand van ons van toepassing nie. Hoe kan ons onsself dan in `n geesteswêreld bevind, my beste, redelik wyse koster? Dit word vir my steeds duideliker dat u `n dwaas is en in `n inrigting tuishoort!”

[3] Die koster sê: “Dit is nie nodig nie, want solank ek my in julle geselskap bevind, is ek in `n volledige malhuis. Solank julle nie kan insien dat julle julleself lankal in die geesteswêreld bevind nie, moet die Eminensies stokblinde dwase wees, sonder enige begripsvermoë!

[4] Sê u my net, hoeveel aartsbiskoppe en kardinale was daar dan op aarde tegelykertyd aan die Stefanus katedraal te Wenen aangestel? Hier is julle as hoë geestelikes al byna honderd bymekaar! Wanneer was daar in Wenen soveel aartsbiskoppe en kardinale werklik tegelykertyd aangestel? Van verskeie tegelyk, word geen woord in die geskiedenis gerep nie, ook nie in die Roomse kerk en die pouse nie! As die Eminensies nou egter reeds enkele honderde aardjare na mekaar hier hiberneer soos paddas tydens hulle winterslaap, kan dit tog nie op die natuurlike wêreld plaasvind nie, maar alleen net in die geesteswêreld. 

[5] Dan sê ek,soos deur u as `n dom verklaarde: Hier is ons almal gelyk aan mekaar, ook al het die dwaasheid van die wêreld ons op die duistere aarde, vanweë ons standsverskil, behoorlik geskei, wat trouens volgens die suiwer leer van Jesus eintlik nooit mag gebeur het nie. Want Jesus, die Heer het Sy leerlinge, toe hulle so dom was om Hom te vra wie van hulle die eerste was, uitdruklik gesê: Wie van julle die geringste is en die ander dien, die is vir My die eerste. Slegs een is julle Heer! Julle almal is egter sonder onderskeid volkome gelyke broeders! Daaraan sal mens julle as My leerlinge herken, dat julle mekaar sal liefhê as volkome gelyke broeders. Elk en iedereen wat sy medemens as broeder liefhet en hom nie bo hom verhef nie, behalwe dan net in die liefde tot hom, die is My leerling en het die ryk van God al in hom!”

[6] Eminensies, dit is uitsprake van Christus, waarin duidelik gemaak word dat daar op aarde, veral in geestelike aangeleenthede, nooit standsverskille mag bestaan nie. Nooit het Christus, die Heer iets gesê oor `n geestelike Eminensie, nog minder oor `n pous nie! Almal moet gelyk voor Hom wees, terwyl Hy alleen die Heer is oor die hele oneindigheid, materieel en geestelik. 

[7] Hoe het dan in die sogenaamde “alleen ware kerk” sulke enorme standsverskille ontstaan, soos verder nêrens in die hele wêreld die geval is nie, terwyl `n duidelike gebod van die Heer tog elke standsverskil tussen Sy leerlinge verbied? Kyk, Eminensies, dit het die hel bewerkstellig! Hy wat van bo kom, dien elkeen en het Hom opgeoffer vir almal, en dit was God-Jesus, die Heer van die ewigheid Self. Maar hy, wat as felste teenstander van die Heilige Eerste, van benede kom, wil deur iedereen bedien word en het dergelike standsverskille geskep, omdat sy stand des te hoër en onbereikbaarder lyk. 

[8] Die mag wat die pouse hulleself gegee het, kom nie van bo nie, maar van benede, want juis hulle is die eerstes, wat die heilige broederwette met die voete vertrap; wie mag hom gelykstel aan `n pous en vir hom sê: “Liewe broeder”? Moet elke katolieke naam van die pous nie netsoos die Naam van God met die grootste hoogagting en eerbied uitgespreek word nie en, as hy na Rome sou kom, dit dan as die allerhoogste genade beskou as hy `n oudisie toegelaat word? Waar is die gebooie van Christus dan?

[9] Die Eminensies kon hieruit agterkom dat hulle op aarde in die grootste anti-christelike dwaasheid verstrik geraak het en in hierdie dwaasheid dan ook burgers van die geesteswêreld geword het. Hierdie dwaasheid waarmee u nog sterk behep is, is die belangrikste rede waarom u nog steeds in die waan leef om nog nie gesterwe te wees nie, maar ek sê vir u: Lê hierdie waan af, wat lynreg teenoor die heilige bedoelings van die Heer staan!

[10] U kan dan ook maklik insien dat `n eenvoudige koster netso goed `n Eminensie kan leer, as wat`n Eminensie `n koster kan leer. Ek durf dan ook te beweer dat `n koster volgens die heilige leer die volste reg het om `n kardinaal te leer, wat blind en dom bly, solank daar vir hom iets geleë is aan sy groot waardigheid, wat hy op aarde anti-christelik beklee het. `n Koster daarenteen staan ver genoeg benede die waardigheid van `n kardinaal en daarom ook baie nader aan die Christelike leer as `n hoogmoedige Eminensie.”

[11] Die Eminensie sê: “Wie homself verhef, sal verneder word! Dit staan ook geskrywe! Begryp jy dit, eiewyse koster?” Die koster sê: “O ja, ek het dit lankal vir myself uit die praktyk begryp, want by my was daar beslis geen sprake van `n verheffing nie. As ek egter teenoor u, onchristelike Eminensie, die lof van Christus en Sy heilige Woord verkondig, is dit tog seker geen verheffing van myself nie. U spreek u nog steeds as Eminensie aan , hoewel u weet, dat Christus, die Heer tog nooit `n Eminensie aangestel het nie! Dit is eiemagtige selfverheffing en dus `n gruwel voor God! Begryp u dit?”

[12] Die hoofpriester sê: “Ek smeek u, beste broeders, wat saam met my op aarde al op die goue trone van die hemele gesit het, hou op om met hierdie ketter te bekveg! Julle weet tog welke mag julle het! Wat baat dit die Jood as hy ons hoon en belaster? Ons vervloek hom in konklaaf (in die kardinaalsvergadering) en hy is vir ewig aan die duiwel oorgelewer. Wat baat dit alle Protestante dat hulle teen ons is? Wat het Marten Luther daaraan, dat hy hulle van ons losgeskeur het en die basis gelê het vir die kettery? Miljoene wat deur sy leer geval het, roep onophoudelik om wraak teen hom; hy sit in die diepste hel en vervloek voortdurend die dag wat hom die bestaan gegee word. Waarom is hy in die hel? Omdat ons hom tydens `n heilige konklaaf vir ewig daartoe verdoem het. Om kort te wees, wat baat dit al ons teenstanders dat hulle teen ons is? Hulle is almal deur ons vervloek en kan daarom onmoontlik ooit in die hemelryk kom!

[13] Laat ons dus hierdie vervloekte ketter ook verdoem, hy moet dan maar sien hoe hy in God se hemele kom. Te midde van u almal sê ek nou: “Vervloekte ketter, wees verdoem vir alle tye van die tye!” U het daarop “amen” gesê en hy het reeds sy loon in die hel! Kyk, so moet ons optree en nie op aardse manier bekveg nie, maar dadelik sonder enige bedenking ten volle gebruik maak van die geestelike wapens wat aan ons verleen is deur God! In die ander wêreld sal hulle in die geselskap van die duiwels wel begin te merk, hoe die alleen saligmakende kerk hulle kon gehelp het, as hulle haar trou gebly het. Daar sal hulle hulle hande dan na ons uitstrek, sodat ons hulle moet help. Maar ons sal vir hulle sê: “Niks daarvan nie! Julle het nie op aarde na ons geluister nie en nou luister ons ook nie na julle nie! Gaan weg van ons, vir ewig, julle vervloektes!” Dan sal hulle roep: Nou sien ons eers in, hoe heilig en groot julle by God is en hoe ellendig en nietig ons is ten opsigte van julle. Gee ons vir honderdduisend jaar die ergste vagevuur, maar skeld ons die verskriklike hel kwyt!” 

[14] Maar dan sal ons sê: “Ons het julle op aarde genoeg vermaan! Ons het julle die een herderlike brief na die ander gestuur, gee julle vir klein offers aflate in oorvloed en spoor julle ernstig aan om te bieg en boete te doen! Maar julle het ons maar net uitgelag en gedoen wat julle wou! Hier in die geesteswêreld het ons egter almagtige here geword en ons sou julle kon gehelp het as ons wil, maar ons wil nie, en dus wil God dit ook nie doen nie. Gaan daarom weg van ons in die ewige vuur, wat berei is vir die duiwels en al hulle ketterse trawante!” Dan sal die grond hom onder hulle voete open en die ewige afgrond sal julle saam met die duiwels verslind en aan hulle name sal dan nie meer voortaan gedink word nie. Kyk, dit doen ons en dit het ons dan ook al gedoen met hierdie vervloekte ketter; hy moet nou maar sien hoe hy ooit aan die hel sal ontkom!” 

[15] Daarop sê die koster: “Maar daar kan tog nog wel `n bietjie met u onderhandel word? Ek verkies tog ook `n honderdduisendjarige vagevuur bo die groot hel! Gee my dus die vagevuur in plaas van die hel! Wat maak dit saak of so `n kêrel soos ek meer of minder in die hel gebrand word!” Die hoofpriester skree: “Aha, die hellevuur begin al aan sy siel te lek, dit voel hy en daarom wil hy nou deur ons verlos word. Maar niks daarvan nie! Weg met hom na die hel, na alle duiwels!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205