Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 86

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Antwoord van die ongelowige offisier. Helena bemoei haar daarmee

236 Die offisier sê: “Jy is weliswaar `n goeie mens, maar `n rare snuiter! Jy sê dat ons lankal gestorwe is en nou hier as geeste rondwandel, maar kyk: Daar staan die pragtige Stefanus katedraal met die hoë Gotiese toring, netsoos hy altyd gelyk het! Selfs die swaelneste onder sy baie gewels en versierings ontbreek nie. Rondom staan die van ouds, maar al te bekende huise. Dit sou dan ook almal siel en gees moet hê en op aarde gesterf het en nie meer aanwesig moet wees nie, om hier in jou geesteswêreld te kan voortbestaan! Kyk, as so dom moet jy ons tog nie hou en verlang dat ons so-iets sou glo nie.

[2] Ook gee jy hoog op oor God en beweer jy dat Hy Hom hier te midde van julle bevind en in Wenen die geeste van reeds lank oorledenes uit hulle nag bevry het om hulle dan die hemel binne te lei. Maar sulke potsierlike opvattings hoort tog in die eerste en die beste malhuis?!

[3] God, `n Wese wat deur geen eindige skepsel ooit begryp kan word nie, `n heilige oerkrag wat die hele oneindigheid deurdring, sou Hom hier, in die beperkte gedaante van `n mens, in `n sterflike omhulling bevind? Vriend, om so-iets te glo, sou `n bedevaart na Mariazell nog ver oortref! Jy was tog, as jy werklik die beroemde Blum is, nooit `n aanhanger van die egte lig- en bygelowige Rooms-Katolisisme gewees nie, want jy was Duits-Katoliek. Hoe kom jy, waarskynlik in Amerika of Engeland, daartoe om so `n seloot te word? Ha ha, dit is werklik van om jou dood te lag! Wie sal dit nou glo! 

[4] Kyk, vriend, ek sou jou saam met jou Lieweheer God weliswaar kon arresteer, maar ek laat dit agterweë, want met jou idees is jy vir geen mens meer gevaarlik nie. Jou Lieweheer lyk ook `n baie onskuldige lam te wees, netsoos die hele res, vir `n bedevaart ryp geselskap. Die beste van jou geselskap is nog jou allerliefste vroutjie. Vir haar gaan ek self nog saam op bedevaart na Mariazell. Sê my tog uit welke land hulle kom. Is hulle Engelse of wat anders?”

[5] Helena sê: “Ek heet Helena en is afkomstig uit die egte Oberlerchenfeld. Dit is die alledaagse “lerland” vir die arme Weense sondaars, begryp u my?” Die offisier sê: “Nog dit ook van alle mense! Wel donder en bliksem! Dus `n onvervalste Lerchenfeldse! O, wat `n vervloekte gedoente! Maar hoe is dit dan dat u nou sy vrou is, terwyl hy tog, na my wete, `n vrou en ook verskeie kinders in Sakse het!”

[6] Helena sê egter op Weens: “Nou, weet u, eiewyse offisier, dan nie dat mens, solank mens op aarde is, inderdaad `n wettige vrou het en daar van regsweë geen tweede by mag hê nie? Wanneer mens egter eenmaal gesterf het en met God se genade en barmhartigheid in die hemel gekom het, dan kry mens daarna dadelik `n ander vrou, maar wel gewoon een van die aarde, want bo in die hemel groei geen meisies nie, as hulle nie eers op aarde gebore is nie. Sien maar dat u gou in die hemel kom, miskien is daar vir u ook so `n mooi vroutjie te vinde! Maar eers moet u Onse-Liewe-Heer wel bo alles liefhê, anders gebeur niks, beste meneer, die offisier!”

[7] Die offisier sê: “Jammer van die mooi kind dat sy so `n ordinêre taal uitlaat! Dit is tog `n vreeslike dialek van die mooi Duitse taal! Sê net, egte Lerchenfeldse, praat alle vrouepersone in die hemel soos u? As dit die geval is, bly ek tog liewer in beskaafde kringe op aarde. Nee, wat se ruwe taal is dit nie vir my nie!”

[8] Helena sê: “Nou, weet u dan wel, wat se gekunstelde Duits u spreek? Sien u, elke taal is mooi en goed as dit maar uit `n eerlike hart en `n eerlike mond kom. `n Taal mag hoe beskaafd wees, maar wat is hy werd as hy uit `n egte spitsboewehart kom? Wat het u dan liewer: Dat ek netjies Hoogduits spreek, maar u bedrieg, of dat ek eg op Lerchenfelds praat en dit daarby doodeerlik met u meen? `n Suiwer Hoogduitse uitspraak is hier in Wenen gewoon aanstellerig. Die een spreek Hoogduits, omdat hy die mens wil laat glo dat hy `n geleerde is, `n ander spreek Hoogduits om by die skone geslag verowerings te maak, maar het daarby gewoonlik die gemeenste bedoelinge, soos ek maar al te dikwels ondervind het. So gaan dit ook op kantore en kanselarye: Die beamptes wat eg Hoogduits spreek, is gewoonlik ook die grofste, verwaandste en domste en wil met hulle deftige taal slegs hulle foute verberg. Sê u net, is dit alles geen egte skelmstreke nie? En dit noem u `n beskaafde taal, wat die mens nodig het om ander flink te bedrieg? Hou nou maar vinnig daarmee op, anders word ek nog mislik daarvan!”

[9] Die offisier sê: “Nee, kindjielief, so bedoel ek dit nie! Ek vind slegs dat mens in `n beskaafde, goeie wêreld tenminste sou moet praat soos wat mens skryf, maar nie so vreeslik provinsialisties nie. Kyk, jy is so `n mooi kind; `n mooier wese het ek in my hele lewe nog nooit gesien nie. As jy ook nog `n beskaafder taal sou gebruik, dan was jy `n egte godin. Maar as jy praat, trek jy die hele hemelse skoonheidsnimbus omlaag, en mens beland daardeur van die verhewenste poësie in die mees alledaagse prosa. Kyk, jy het jou nou net as `n hemelbewoonster uitgegee, wat ek jou, volgens jou gestalte te oordeel, ook heeltemal nie wil betwis nie. As jy egter met alle geweld `n hemelse wese wil wees, dan moet jy ook hemels wees in jou manier van praat, anders sal geen mens glo dat jy `n bewoonster van die eter is nie.” 

[10] Helena sê: “Ek smeek u, praat nie so opgeblase nie! U komplimente kan u wel tuis laat! Dink u dan dat ek so eentjie is, wat haar deur komplimente laat imponeer? Kyk, dit sê ek dadelik vir u: Dan draai Onse-Liewe-Heer hom om en sê: “Dit word niks!” Kyk, ek is `n deur en deur gewiekte! Begryp u my? In Oberlerchenfeld moes mens anders praat as mens nog `n oorgeblewe gansie wou vang! Dink u dan dat ek u verlange nie ken nie? Slegs my gesiggie geval u, maar my hart is in u oë vir die poësie! Dit hinder u natuurlik dat ek nie so welsprekend is as `n opgepoetste stadsjuffer nie, maar dit is juis goed, want daardeur sorg ek dat ek met rus gelaat word deur u. Spreek u maar verder met my man! Hy spreek beter Hoogduits as ek, maar glo wat hy vir u sê, anders sal u nog lank geen hemel te siene kry nie!” 

[11] Die offisier, wat op die punt gestaan het om sy ore toe te stop, sê: “Goddank dat u uitgepraat is! Dit bring `n beskaafde man tot wanhoop met hierdie ordinêre taal! O, jou rasegte Lerchenfeldse geroosterde ribbetjie met knoffel en Boheemse veldslaai! O God, o God! Man, Robert! Vriend! Is jy doof? Wat sê jou ore van so iets welluidend? Jou uitgesproke beskaafde Sakser, jou howeling, kan jy salig wees aan die sy van die geroosterde ribbetjie? Vir my sou so `n wederhelf binne enkele ure tot wanhoop bring! Nee, wat `n taal! En hoe langer sy praat, hoe vulgêrder word dit! Werklik, as hierdie origens boaardse skoonheid slegs deur middel van tekens en gebare sou spreek, sou sy baie interessanter gewees het as met so `n ordinêre taal! Nee hoor, dit is wat my betref, volkome veilig, en jy hoef nie bang te wees dat iemand haar tot ontrou sal oorhaal nie, want daarvoor is sy veels te dom!”

[12] Robert sê: “O, dan vergis jy jou deeglik! Sy is buitengewoon skerpsinnig en het meer moed as tien husare regimente! (soldate regimente) Ook praat sy nie altyd so nie, maar slegs as sy dit wil praat. O, sy kan ook wondermooi praat as sy dit nodig vind. Duik daar egter iets op wat haar steur, dan word sy weer heeltemal die Lerchenfeldse. Skik jou maar na wat ek jou gesê het. Gaan nou maar en spreek met God, die Heer Jesus Christus Self. Oortuig jouself van alles, spreek en handel eers daarvolgens!”

[13] Die offisier sê: “Weet jy, dit klink alles wel baie dom, maar bring my tog maar daarheen. Mag dit waar wees wat jy my gesê het, dan sal jy aan my die mees hartlike deelnemer hê, maar in die teenoorgestelde geval iemand wat ook weet hoe om hom oor dwase te ontferm!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205