Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Liefde as oerbron van alle wysheid en uitdrukkingskrag. Digkuns van die verstand en van die gemoed. Die bede van die offisier om meer liefde, en die antwoord van die Heer

245 Ek sê: “Vriend, het jy nooit gemerk dat `n mens, wat heeltemal van liefde vervul is, die gevoeligste digters is nie? Daarom is liefde byna altyd die enigste moeder van die ware liriek. Iemand soos Dawid het van liefde tot My en tot die mens gebrand en was daarom ook een van die grootste digters. Sy seun Salomo was, solank hy liefgehad het, ook wys in die ware sin van die woord, maar toe hy sy egte liefde op vroue gerig het, het hy spoedig dom en swak in woord en daad geword.   

[2] Kyk na My Johannes! Hierdie apostel het die magtigste liefde vir My en daarom ook die grootste besieling in die uitbeeld van My Woord, en in sy woorde lê ook die grootste wysheid beslote, soos by geen ander apostel die geval is nie. Aan hom was daarom ook die diepste openbaring gegee. So kan jy die hele geskiedenis van die aarde deurloop en jy sal by die mens, wat die hart op die korrekte plek het, die ware liriek en wysheid aantref.

[3] Verstandsmense dig ook goed en praat lank en breed, maar daarin is niks anders te vinde as `n baie moeisame soeke na dit wat hulle in die duisternis van hulle hart verloor het. Hulle kom dikwels wel op die verlorene se spoor, maar wanneer hulle dit wil gryp, gly dit uit, omdat die grond waarop hulle staan, baie los is.

[4] Daarom is die sogenaamde wêreldwysheid dan ook `n groot dwaasheid vir My. Wat die mens na alle inspanning van sy verstand in honderd jaar maar amper bereik, gee die egte liefde jou in `n sekonde, want die liefde in die mens is Ekself! Hoe volmaakter sy liefde word, soveel te meer ontvou My ewebeeld in hom.

[5] Die verstand is egter niks meer as `n kas, waarin die liefde haar verworwe skatte bewaar nie. Wat kan die siel egter meer daarin vind as dit wat een of ander vergane liefde daar vroeër in `n beter tyd in neergelê het, en daar in sulke onverligte vertrekke so verweer en verroes by lê, dat ook die moeisaamste arbeid van die siel slegs baie weinig of selfs heeltemal niks kan uitrig nie? Gaan jy net `n donker kelder binne en soek daar na `n verlore stuiwer; jy sal hom nie vind nie. Wanneer jy egter `n goeie lamp aansteek, sal jy, as jy egte geduld het om te soek, die stuiwer vinnig vind. 

[6] Kyk, hierdie sersant-majoor het altyd `n opregte liefde tot God besit, wat hy egter slegs ken, soos wat hy Hom uit die Skrif van die verbond leer ken het. Hy het die Godheid dus reeds bomatig bemin, sonder om Hom te ken. Hoe groot moet sy liefde dan wel word, wanneer hy met die Godheid persoonlik kennis maak, soos wat nou die geval is! En juis hierdie liefdehet hom so `n liriese wysheid gegee. As jy egter ook `n dergelike wysheid wil besit, dan moet ook jy jou dieselfde liefde eie maak. Jy bemin My wel sterk, maar die sersant-majoor bemin My nog meer. Hoe dit moontlik is, sal vir jou weldra duidelik word.” 

[7] Die offisier sê: “Heer, ek begryp werklik nie hoe dit moontlik sou kon wees om U nog meer lief te hê nie, want by U heiligste Naam, ek bemin U tog uit al my kragte! Daarom is dit vir my eg onmoontlik om U, o Heer en Vader, nog meer lief te hê. Heer, verruim daarom my hart en vergroot die lewensvlam van my liefde, dan sal ek ook in die liefde vir U soos `n Atlas word, wat die hele hemel op sy skouers dra!” 

[8] Ek sê: “Beste vriend, wat jy van My verlang, is in jou eie hande gelê, want van nou af aan sal jy slegs die skepper en hervormer van jou wese en jou liefde wees. Maar vra die sersant-majoor hoe hy daarmee geslaag het, en hy sal dit vir jou sê.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205