Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 96

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Oor die bron van die hoogste wysheid. Wenke vir die vermeerdering van die liefde tot God

246 Die offisier wend hom nou tot sy vroeëre sersant-majoor en sê vir hom: “Luister, geagte vriend, jy was enkele jare by my kompanjie en het jou diens steeds tot my volle tevredenheid vervul. As die dood ons nie op die slagveld verras het nie, het jy sonder meer offisier geword. In hierdie wêreld kan daar, volgens die goddelike orde, eers aan `n bevordering gedink word as die Heer van alle aardse en hemelse funksies ons een sal verleen. 

[2] Deur Sy goedheid en barmhartigheid het ons nou voor die heilige aangesig van die groot Alleenheerser van die oneindigheid aangekom. Ons het Hom leer ken soos die hele aarde Hom amper nie geken het nie, en ons het sonder die geringste verdienste, genade by Hom gevind.

[3] Van ons almal het jy Hom, skynbaar, beslis die heel naaste aan Hom gekom, want toe jy met Hom op `n verhewe wyse, wat nog nooit vooraf gehoor is nie, gespreek het, het ek selfs trane in God se heilige oë ontdek, en vriend, dit is iets wat die hele oneindigheid nouliks ooit sou kon begryp!  

[4] Sê my net, hoe het jy dit reggekry om so `n enorme wysheid deelagtig te word? Het jy dit al op aarde besit, of het jy dit eers geleidelik aan in hierdie wêreld gekry deur die almagtige invloed van Jesus Christus, die Heer van die ewigheid? Ek weet wel, uit die mond van God Self, dat jou groot liefde tot Hom, jou so `n wysheid gegee het. Maar nou kom die belangrikste vraag:

[5] Hoe het jy die magtige liefde verwerf, waaruit in jou hart `n wysheid opwel wat selde aangetref word in die vurige hart van `n gerub? Die Heer Self het my na jou verwys; wees daarom so goed om my `n riglyn daaroor te gee! Ek het Jesus die Heer lief uit alle mag en sou regtig nie weet hoe ek Hom nog meer sou kon liefhê nie. Omdat jy dit egter weet, sê my dan hoe dit, wat vir my tot nou toe onmoontlik was, tog moontlik kan wees.” 

[6] Die sersant-majoor sê: “My kaptein en my vriend, jou eie spreekwoord: “By God is alle dinge moontlik” moet jou tog aantoon dat aan die liefde tot God ewemin grense gestel kan word as aan die kennis oor God. Hoe kom jy dan op so `n vraag? Wil jy meer sien as wat die lig jou toestaan, en kan die lig sterker wees as dit wat die lig veroorsaak? As jy die materiaal het om die enigste groot vertrek, wat jy nodig het vir jou werk, te verlig, waarom verdeel jy dan jou materiaal om ook nog ander vertrekke, waarin jy voorlopig niks te doen het nie, te verlig?

[7] Gebruik die materiaal slegs vir die verligting van die een vertrek! As dit eenmaal so verlig is dat jy binne alles ewe goed kan sien soos in die helderste daglig, open dan eers die deure en vensters. Daar sal dan vanself vanuit die hoofvertrek voldoende lig tot die naasgeleë vertrekke deurdring en dit afdoende verlig. As jy nie versamel nie, raak jy steeds verder agter. Jy moet dus versamel en spaar as jy tot groot rykdom wil kom!

[8] Die liefde is die grootste rykdom van die hemele; na haar moet mens hunker. En as `n mens haar het, dan moet mens haar nie dadelik aan iedereen uitdeel nie. Die naasteliefde is weliswaar gelyk aan die liefde tot God, maar dit moet slegs bestaan uit werk terwille van God en nooit regstreeks uit die liefdegloed van die hart nie, maar altyd slegs via God op die naaste gerig word, anders verswak dit die liefde tot God. Kyk na jou mooi Mathilde! Sy neem in jou hart `n driekwart deel in beslag van wat die Heer alleen sou moet hê! Voel jy nou wat die rede is van jou swak liefde?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205