Van die Hel tot die Hemel - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 97

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154.

Liefde vir God en liefde vir die vrou. Alle liefde moet uitgaan van die liefde vir God

247 Die offisier sê: “Ek dank jou, beste broeder, vir jou skitterende uitleg. Ja, jy het volkome gelyk, die liefde vir die mens is by my nog baie sterker as die liefde vir God, die Heer, wat tog die oorsprong van alle liefde is. Vroue het dit met die liefde vir God ook baie makliker as ons manlike wesens, want hulle bemin in die persoon van God ook die geheel volmaakte man, wat vanweë hulle polariteit baie goed saamgaan. Maar by ons manne staan die saak ietwat anders: Ons kan nooit op so `n volmaak manlike wese so verlief word, as op `n vroulike wese nie, omdat dit so in die natuur beslote lê.

[2] Daarom meen ek dat daar tussen die liefde vir `n vrou en die vir God `n aansienlike verskil moet bestaan. `n Mens sal God, die hoogste Oerwese, tog baie anders moet liefhê as `n vrou. Daarom glo ek, dat `n beskeie liefde vir `n mooi, liewe vrou baie goed kan bestaan naas die magtige liefde vir God. Die liefde vir God moet een van die hoogste reinheid wees, terwyl die liefde vir die vrou altyd `n bietjie sinlik mag wees. Die liefde vir `n vrou hang grotendeels af van die vorm, terwyl die liefde vir God `n suiwer innerlike beskouing van die oneindige volmaakthede van die Godheid is en `n verhewe eerbetuiging vir Haar liefde en goedheid. Ek dink dat dit in wese `n ware belediging vir God sou wees as mens God met dieselfde gevoelens sou liefhê as vir `n vrou.

[3] Ek is derhalwe van mening dat die nou geredde Mathilde nie die minste afbreuk kan doen aan my liefde vir die Heer nie, maar my inteendeel slegs tot `n nog groter liefde vir Hom kan aanspoor.

[4] Die sersant-majoor sê: “Geloof maak weliswaar ook salig, maar ek hou my maar net aan die saligheid van die suiwer liefde vir God. Die mens het een hart en kan bygevolg ook slegs één ware liefde hê, waaruit naderhand wanneer die belangrikste liefde uitgeryp is in die goddelike ordening, kan alle ander soorte liefde voortkom. Dus is ek van mening dat mens eers volkome stewig in sy skoene moet staan in die liefde vir God; dan eers laat alle ander vorme van liefde haar in `n uitstekende harmonie met mekaar bring. Is mens egter nog onseker in sy liefde vir God en weet mens nouliks hoe mens God meer kan liefhê as `n mooi gevormde vrou... dan, vriend, is die egte wysheid van die gees nog ietwat ver weg!

[5] Kyk, die hart het maar één kamer vir die liefde en dit moet dien vir God en tegelykertyd ook vir die naaste, en omgekeerd. As jy op die korrekte manier liefhet, dan kan jy God nie anders liefhê soos `n vrou en `n goeie vrou nie anders as God nie, omdat die hart van `n mens maar tot `n egte liefde in staat is. Wat daar nog daarby kom, is eieliefde en deug nie vir die ryk van God nie.

[6] Hoe het mense soos Johannes, Jakobus, Petrus en ook Paulus die Heer dan liefgehad? Hoe het iemand soos Magdalena Hom bemin en hoe bemin duisende ander die Heer? Kyk, hulle was heeltemal verlief op die Heer en nog enkele grade sterker as jy op jou lieflike Mathilde. En juis deur so `n verlief wees op die Heer, is die basis in hierdie wesens gelê, waardeur hulle langs die kortste moontlike weg tot Sy innigste vriende en tot meesters in die liefde en wysheid gekom het. Daar agter die Heer staan Petrus, Paulus en Johannes. Gaan daarheen en vra hulle of ek ook maar `n onware woord gespreek het!”

[7] Die offisier sê: “Wat sê jy? Paulus, Petrus en Johannes, wat die beroemde openbaring geskrywe het, sou daar staan? En wel die drie ernstige manne wat hulle agter die Heer bevind?” Die sersant-majoor: “Ja, hulle is dit in hoogs eie persone!” Die offisier vervolg: “Wel, dan moet ek hulle natuurlik dadelik my komplimente gaan gee! Ek gee weliswaar geen komplimente nie, maar as daar `n rede voor is, is dit heeltemal op sy plek en mag dit nie agterweë bly nie. Ere aan wie ere toekom!”

[8] Die offisier sê: “Vriend, vir sover my hart my sê is hier egter slegs `n kompliment op sy plek en dit bestaan vir iedereen uit die suiwerste liefde! Het jy egter liefde vir God die Heer, dan omvat jy ook met hierdie liefde vir Petrus, Paulus en Johannes, netsoos alle hemele, maar met aardse komplimente hoef jy nie hier aan te kom nie. Daarom dink ek dat jy slegs na die Heer jou opwagting hoef te maak, al die ander kom dan vanself.” 

[9] Die offisier sê: “Ja, jy het volkome gelyk. Jy moet ook in alles gelyk hê, omdat jy so diep deurdronge is van die ware wysheid. Skande kan dit egter nie aanrig nie, as mens met die drie eerste apostels van die Heer tot `n goeie verstandhouding sou kom, want ons moet tog aanneem dat hierdie drie by God die Heer die eerste geeste is in die hele oneindigheid. Daarom sou dit, na my mening, tog goed wees om my tenminste aan hulle voor te stel en hulle as die eerste vriende van die Heer te begroet!”

[10] Die sersant-majoor sê: “Doen wat jy wil! Ek het jou net gesê wat hier nodig is. Nou wenk die Heer jou egter self. Gaan na Hom toe! Slegs uit Sy mond stroom die hoogste wysheid. Neem dit goed in jou hart op en leef daarvolgens!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205