Die Geestelike Son - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102.

Hoe die woekerery gestalte kry in die hiernamaals

18 Voordat ons onsself na die ander dal begewe, wil ek julle nog in kort antwoord gee op `n vraag wat julle aan my gestel het. Julle sou graag wil weet of dit wat julle voorheen gesien het, dalk die hel is. Ek kan julle daarop nóg met ja nóg met nee antwoord, maar julle maar net sê dat, wat julle gesien het, wel hels van aard is, maar nie die eintlike hel is nie. Want wat daar te siene is, is niks anders nie as `n op homself staande voorstelling van die bose, vernaamlik met betrekking tot die begeertes van die mens. Waar julle die mees uitgeteerde wesens gesien het, daar is die boosheid ook reeds in `n soortgelyke toestand. Waar julle egter wesens, wat nog meer met vlees omhul was, besig gesien het, daar is die drang tot kwaaddoen deur die begeerte, na verhouding ook die mees aktiefste. Op julle aarde kom dit tog ook helder en duidelik tot uiting, want julle het tog sekerlik wel mense ontmoet, wat deur die veelvuldige sondes hulle sinnelike natuur so totaal verwoes het, dat hulle selfs met behulp van allerlei kunsmatig stimulerende middels, nie meer in staat is om `n volledig liggaamlike lusgevoel op te wek nie. Kyk, sulke mense verskyn hier op die voorgrond, omdat hulle so nou en dan tog `n gedagte in hulle laat opkom, wat aan hulle die nietigheid en verganklikheid van dergelike genoeëns laat insien. Maar op die agtergrond het julle diegene gesien by wie die mag van die begeerte ook nog meer ooreenstem met die daadkrag tot die boosheid. Kyk maar na sulke mense op aarde; hoe hulle daar as`t ware los lewe en op `n skandalige manier met hulle liggame omgaan, solank hulle nog hierdie bose kragte in hulle het.

2 Hieruit kan julle aflei dat dit wat julle gesien het, nóg die hel nóg die nie-hel, maar slegs die sigbaar geworde helse geaardheid van die bose is. Noudat ons dit weet, begewe ons onsself dan ook met hierdie kennis na die volgende vooraf genoemde dal.

3 Kyk, dit is slegs deur `n lae en taamlik vuil bergrug van die dal, wat reeds aan ons bekende is, geskei. Ons hoef hierdie bergrug dus maar net oor te gaan en ons sal die aard van die ander dal dadelik aanskou. Julle wil dit, en ons is al op die hoogvlakte van die bergrug. Sien, daar benede lê die nuwe dorp; hoe geval dit julle? Julle sê: Van veraf lyk dit byna beter as die vorige; slegs gesien die feit dat dit meer in die aandgebied lê, kan ons egter nie veel goeds daarvan verwag nie. Ja, julle het gelyk; so sal dit ook wees.

4 Julle vra my waarom die geboue hier veel groter is en oor die algemeen baie meer respektabel lyk as die van die vorige dorp. Ek sê vir julle: Laat ons onsself maar dadelik na benede na die dorp begewe, dan sal julle spoedig die antwoord op julle vraag vind. Wel, daar staan ons al voor die eerste huis. Dit het `n na vore toe afgeronde, vuil witgekalkte muur; dit het egter geen venster en ook geen ingang aan die voorkant nie. Julle vra; waarom is dit so? Omdat hierdie kant na die môre toe gekeer is en dit is `n gruwel vir die bewoners van dié dorp. Om dus in so `n woonhuis na binne te kan loer, moet ons onsself na die agterkant van die gebou begewe, wat wel bietjie hoër op teen die berg geleë is. Daar is al `n groot venster; kyk net na binne en vertel my wat julle daar sien.

5 O, by die eerste huis deins julle al dadelik terug. Hoe sal dit dan by die volgende huis met julle gaan? Stom verbaas sê julle: Om godswil, dit is ongehoord, onmenslik, ondenkbaar! Op die agtergrond sit daar `n menslike monster op `n breë bank. Hy is onmenslik dik en het `n afskuwelike hangbuik wat meer as die helfte van die kamer in beslag neem. Aan sy hals sit die een smerige vlesige vetmassa op die ander. Voor hom staan `n aantal uitgemergelde skeletmense wat mekaar rondom hierdie afskuwelike vetsak verdring en hom smeek om hulle op te vreet! Die monster het dan ook werklik verskeie reeds heeltemal afgeklowe mensgeraamtes op `n stewige tafel voor hom geplaas. Maar enkeles op die agtergrond vervloek die monster en wil woedend op hom afstorm. Hulle word egter teëgehou deur hulle aan wie die monster belowe het om ook van hulle vlees te eet en dit in sy vet om te sit.

6 Nou vra julle weliswaar: Wat beteken hierdie eienaardige, gruwelike voorstelling dan? Wie kan, mag dit begryp, maar ons begryp niks daarvan nie! Maar ek sê vir julle, beste broers en vriende, as julle dit nie onmiddellik begryp en deursien nie, moes tog al op julle aarde volslae blind rondgedwaal het!

7 Is dit nie `n voortreflike voorstelling van `n woekeraar nie, en heel in die besonder van `n selfsugtige industrie-magnaat, wat hom tot lewensdoel gestel het om alles wat maar binne sy bereik is en rente kan oplewer, op te raap nie? Gee maar net die grens van versadiging van so `n woekeraar aan; gaan sy begeertes nie tot in die oneindige nie? Sou hy ook maar die geringste gewetens­beswaar gehad het as hy in staat sou wees om die skatte en rykdomme van die hele wêreld na hom toe te haal? Sou hy ook maar `n traan gestort het as hy die lewe van alle weduwees en wese op aarde na hom toe sou kon trek en verteer?

8 Ek sê vir julle: Die armes kom nog in hordes na hom toe en offer eiendom en goedere aan hom; hy teer al hulle kragte uit deur hulle vir die armsaligste loon byna heeltemal vir hom af te sloof. Ander bring die bietjie wat hulle het, na hom toe en prys hom gelukkig as hy dit teen `n miserabele rente aangeneem het. Ja, baie gekuldes gaan selfs so ver, dat hulle dit onvermydelik vind om deur hom gefop te word, omdat, uiteraard buite hulle skuld, die sake nou een­maal so loop.

9 Enkele ook hebsugtige, maar verder op wêreldse gebied tog dom, arme drommels, wie die skurkestreke van hierdie ryke insien, bedreig hom met vernietiging en dood. Slegs die belanghebbendes van ons woekeraar, wat insien dat hulle met sy dood, nog vroeër ten gronde sal gaan as met sy volkome versadiging, verhinder so `n aanslag soveel as moontlik.

10 Wel, wat sê julle nou van dié beeld? Is dit nie voortreflik nie, en toon dit nie die boosheid presies soos wat dit is nie? Dit was nog maar `n goedaardige begin. Laat ons daarom na die volgende, bietjie groter huis gaan en daar na binne kyk.

11 Kyk, ons staan al by `n goeie venster. Julle moet egter skerp na binne kyk, want omdat die huis groter is en dit, soos julle sien, aan die agterkant, slegs twee na verhouding klein, vuil vensters het, is dit behoorlik donker binne. Het julle al gesien wat alles daarbinne is? Julle deins bewend terug; dit is vir my al `n duidelike teken dat julle dit wat binne is, goed gesien het. Maar julle is nie in staat om te praat nie. Dit wil ek ook baie graag glo, want soortgelyke skouspelle laat selfs ons sterk geeste, hewig ontsteld staan, in die besonder omdat dit juis teenswoordig steeds meer voorkom en altyd maar merkwaardiger word. Ek sien wel dat dit hier nodig sal wees dat ek vertel wat julle gesien het, omdat julle nie maklik die korrekte woorde vir so `n beeld sal vind nie.

12 Julle het hier op die agtergrond netso `n afskuwelike vetgemeste wese gesien. Die wese het `n ontsettende geswolle buik; sy kop lyk soos die groot bek van `n hiëna; sy arms lyk soos `n paar kragtige reuse slange; sy voete lyk soos die van `n beer. Op sy enorme groot buik is `n soort altaar opgerig. In die middel op die altaar is `n tweesnydende spies opgestel. Julle sien dat daar `n massa uitgeteerde menslike wesens aan hierdie spies geryg is. Eén slangarm was voortdurend besig om die wesens van die spies af te haal en hulle in die bek van die veelvraat te stop. Die ander slangarm gryp na alle kante om hom heen, na die armsalige en ongelukkige mense wat na dié huiweringwekkende vertrek verban is, en die eerste en die beste wat hy te gryp kry, druk hy dood en slinger hulle dan in die spies van sy buikaltaar. Die groot gejammer van die ongelukkiges maak sy arm des te bedrywiger. Kyk, dit is die beeld wat julle gesien het.

13 Hoe geval dit julle? Julle sê: “Vreeslik!” En verder: “Dit is tog al te kras! Op aarde gaan dit wel sleg, maar dit lyk vir ons, wat die beeld betref, tog kennelik baie oordrewe!”

14 Maar ek sê julle: “Hier is nie te veel nie, nóg te weinig, maar altyd die suiwer waarheid uitgebeeld. Kyk maar net na bepaalde groot industriële helde op julle aarde. Neem `n meetstok en meet die hebsugtige bek van hierdie magnate daarmee. Ondersoek dan hoe dit met sy arms gestel is en julle sal vasstel dat hulle presies soos die slangarms lyk. Die een is besig met steeds na binne te bring, die ander om op alle moontlike maniere met sluheid, lis en geweld buit te maak. Wanneer hy iets gevang het, dan word dit dadelik as offer van sy hebsug op die reeds bekende altaar gesteek.

15 Julle vra: “Waarom staan die altaar dan juis op die buik van die monster?” Omdat die buik die simbool is van die allerergste soort hebsug, selfsug en eieliefde. Die groot buik dui op die buitensporigheid van die liefde en die altaar op die buik dui op die sogenaamde wêreldse eersame en verhewene en dus op die trotse en hoogmoedige inbors van sulke indrukwekkende industrie-baronne.

16 Wat beteken die tweesnydende swaard of die spies wat op die altaar opgestel is? Dit sou julle tog onmiddellik moet raai. Het julle dan nog nooit van die handels- of wisselreg gehoor nie? Kyk, daar staan dit op die altaar! Daarom hoef een of ander armsalige wese maar gevang word, of hy word gegryp, en sonder genade of pardon op die reg gespies en sodoende dadelik met daardie reg doodgesteek.

17 Julle vra nog: “Wie is dan die vele armsalige wesens wat vlytig daar gevang word en waarom is die spies tweesnydend?” Die vele armsaliges is allerlei soorte mense. `n Deel, wat die eerste gevang word, bestaan uit kleinhandelaars; `n ander deel bestaan uit diegene wat hulle produkte noodgedwonge aan so `n groot spekulant moet lewer; `n derde deel bestaan uit allerlei arm buitelandse volkere wat `n handelsooreenkoms met so `n huis het; `n vierde deel bestaan uit ander kooplustige mense; `n vyfde deel uit elders gevestigde handelsmaatskappye; `n sesde deel uit diegene wat by daardie huis in diens is, en dan is daar nog `n sewende deel wat bestaan uit diegene wat in allerlei opsigte van so `n huis afhanklik is. Vir al hierdie kategorieë staan die tweesny­dende spies reeds gereed. Maar ons het byna vergeet wat die twee snykante van die spies beteken.

18 Dit is tog ook heel voor die hand liggend. Die een kant stel die handelspolitiek van die kooplui voor. Wat beteken die tweede snykant dan? Dit waarop die handelspolitiek gebaseer is. En waarop is dit dan gebaseer? Op die reg wat aan haar verleen is om elke tak van haar handel so in te rig dat dit die meeste woekerrente vir haar oplewer. Begryp julle dit? As julle dit nie goed sou begryp nie, soek dit dan maar op en sê vir my, waar is die wins wetlik vir die handelslewe voorgeskryf. So sny die spies aan twee kante; aan die een kant deur die koopmanspolitiek, wat welbekend is aan julle, en aan die ander kant deur die grenslose winsbejag. Beide die snykante is so nou met die handelsreg verbind, soos die twee snykante van `n swaard. Is dié beeld nie treffend nie, en laat dit, soos ek sê, nie meer en nie minder as die suiwer waarheid sien nie?

19 Julle sê nou: “Die beeld is waar, maar daar bestaan ook geen meer twyfel dat dit in die onderste hel tuishoort nie! In die grond van die saak het julle nie heeltemal ongelyk nie, tog bly die vroeëre uitspraak van krag, want dit alles beteken slegs die boosheid op sigself, sonder om betrekking te hê op persone wat werklik so `n boosheid bedryf. Daarom is dit hels van aard, maar nie die hel self nie. Want as julle so-iets in die werklike hel te siene sou kry, dan sou dit met julle, deur van veraf te kyk, reeds baie anders gegaan het as hier, naby die beeld van daardie boosheid.

20 Kyk, daar is nog baie sulke huise in die smerige ravyn. Maar omdat die boosheid van die hebsug daarbinne steeds innerliker en daardeur onuitspreeklik gruweliker voorgestel word, en julle al die eersvolgende aanblik nie meer sou kon verdra nie, beëindig ons hierdie saak met die bekyk van hierdie twee huise. Want as die boosheid dan oorgaan in die sfeer van brandende, hebsugtige jaloersheid, dan word dit eers eg hels en is daardeur nie geskik vir julle swak oë nie. Daarom sal ons onsself die volgende keer liewer na `n derde dal begewe. Daar sal ons weer baie nuwe verskynsels te siene kry en dus laat ons dit vir vandag hierby.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205