Die Geestelike Son - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102.

Oor geestelike verskyningsvorms

33 “As julle net baie goed wil kyk, dan sal julle bietjie meer na regs iets sien wat soos `n soort stofwolk lyk. Julle bevestig dat julle dit sien; dit is goed. Laat ons onsself daarom maar baie vinnig na hierdie stofwolk begewe, dan sal ons spoedig daar naby wees en haar gedetailleerder beskou. Julle vra: Wat beteken so `n stofwolk eintlik? Ek sê vir julle: Nie bepaald veel nie; julle het op aarde dikwels iets gehoor oor die sogenaamde grootdoeners, en kyk, dit is `n ooreenkomstige beeld van hulle. Waarom en op welke manier, daarvan kan julle julleself spoedig in die nabyheid van die verskynsel oortuig. Daarom nog maar enkele tree en ons is by die verskynsel.”

2 “Kyk nou, daar is ons al; wat sien julle? Julle sê”: “Ons sien nou geen stofwolk meer nie, maar in die plek daarvan `n groot geselskap dwergagtige verskrompelde mense van albei geslagte. Hierdie dwergmense bluf aanmekaar, staan op hulle tone en die een wil nog groter wees as die ander. Die kleinstes neem selfs sand in hulle hande, werp dit bo hulle omhoog en lyk asof hulle daardeur vir die ander wil aandui watter reuse hulle is. Julle het dit goed gesien, want so kom die aard van hulle gesindheid tot uitdrukking.

3 Nou gaan ons baie naby hulle staan en dié geselskap sal hom dadelik weer baie anders voordoen. Kyk, nou is ons baie naby aan hulle. Wat sien julle nou? Julle sê: Nou lyk hulle bietjie groter vir ons, kyk mekaar uiters voorkomend en vriendelik aan en gedra hulle soos koketterige vroumense in `n geselskap teenoor mekaar. Julle het dit weer goed gesien, maar julle vra nou waarom dit so is dat `n mens so `n geselskap ook steeds anders vanuit verskillende posisies sien. Dit gebeur omdat dit ook op aarde so is. Van naby durf niemand `n magtige die waarheid in die gesig sê nie, en selfs die magtiges onder mekaar vermy dit; vandaar dat mekaar almal die hof maak.

4 Wanneer so `n geselskap uiteengaan, verhef elkeen homself bo die ander en het oral iets aan te merk op mekaar. So wil elkeen hom dus bo die ander verhef; maar niemand waag dit nog om iets bepaald hardop uit te spreek nie, maar maak slegs vae toespelings. Slegs vir homself weet hy om alles as`t ware vanuit die hoogste standpunt te beoordeel; dit is die betekenis van die “sand bo hom omhoog gooi” of met ander woorde, om sy verstand bo die van al die ander te verhef. Ver van so `n geselskap verwyder word alles met die skerpste oë bekyk; die hele geselskap word veroordeel en alle gesprekke en alle doen en late verniet as sinnelose geklets of los opskeppery beskou.

5 Wanneer julle nou hierdie twee gegewe situasies naas mekaar sit, kan julle die volgende gevolgtrekking daaruit maak: Van veraf gesien tree die werklike aansig van `n saak na vore; naderby gaan die totale aansig al meer en meer verlore en in plaas daarvan kom die afsonderlike deel meer na vore. Van baie naby gesien is van die oorspronklike aansig heeltemal niks meer te ontdek nie; in plaas daarvan spring die besonderhede des te duideliker in die oog.

6 Wie dit nog nie heeltemal begryp nie, maak ek opmerksaam op `n natuurlike verskynsel in die materiële wêreld. Wanneer iemand homself, byvoorbeeld op so `n afstand verwyder van `n aansienlike gebergte, bevind, dan oorsien hy die geheel, en dit lê soos `n bepaalde afbeelding voor hom. Benader hy die gebergte dan tot op `n kleiner afstand, dan sal die beeld as`t ware in dele uiteenval, en hy sal nou verskeie voorgebergte en dale ontdek wat van veraf slegs `n geheel met die hoofberg blyk te gevorm het. Klim hy nou egter die berg self op, dan gaan dit met hom soos iemand wat deur die bome nie meer die bos kan sien nie, want dan is daar van die eerste aanblik geen spoor meer te herken nie. Ek dink dat, deur die voorbeeld ietwat aandagtig te beskou, die betekenis van die drie verskyningsvorms van ons geselskap volkome duidelik vir ons sal word. Maar nou vra julle en sê: Dit is alles baie duidelik, maar hoe is dit nog verder met die geselskap gestel? Watter mentaliteit het hulle? Ons kan dit nie aflei uit die gedrag van hierdie wesens nie, want hulle hele doen en late en hulle taal lyk meer soos `n pantomime (gebarespel), as op een of ander gesprek met verstaanbare woorde.”

7 Ek sê vir julle: “Dit is tog volkome duidelik. Julle moet werklik nog baie blind wees as julle nie kan raai waar dit vandaan kom en waarnatoe dit gaan nie. Kyk, dit is `n geselskap van suiwer groot, wêreldse en egoïstiese sogenaamde ryksamptenare, wat slegs hulle amp uitgeoefen het vir hulle eie belang, maar nie vir die van die hele staat en sy burgers nie.

8 Op aarde gaan hierdie mense besonder hoflik en vriendskaplik met mekaar om, maar desondanks weet elkeen van hulle om hom op `n baie slim manier teenoor die ander te laat geld. Niemand vertrou die ander nie en vind dit daarom nodig om hom langs allerlei slinkse weë so te manipuleer dat die ander nie veel geheime vir sy buurman kan hê nie. Wat is so `n selfsugtige vriendskap en so `n baie doelbewuste hofmakery egter anders as brutale behaagsug, wat niks anders is nie as `n wortel of `n saadjie van die eintlike ontug. So werp ook `n hebsugtige en wellustige hoer `n man vriendelike en veelseggende blikke toe om hom in haar val te lok en daarna iets van hom te kry. `n Roofvoël dra dan ook `n skilpad so omhoog om daarna, deur haar te laat val, `n lekker happie te bemagtig. 

9 Sulke mense is dan van weinige nut vir die algemene belang en kom daarby self, deur die nog groter listigheid van die ander, ook nie beter daarvan af nie. Ja, sulke mense lyk nog die meeste soos spelers wie mekaar in die aande vriendelik en broederlik opsoek en baie gaande is teenoor mekaar. Sit hulle egter eenmaal aan die speeltafel, (dobbel) dan kan dit niemand ook maar iets skeel wanneer sy speelgenoot huis en hof aan hom sou verspeel nie.

10 Julle sê nou: Maar beste vriend, dit is tog kennelik slegte mense. Hoe beland hulle dan hier; is hulle dan tog nie verlore nie? Ek sê vir julle: Julle oordeel te streng hier. Kan julle dan geen onderskeid maak tussen die gewelddadige diewe en die sogenaamde arme geleentheidsdiewe nie? Kyk, daaruit bestaan ons geselskap ook. Deur hulle posisie op aarde het hulle in `n sekere sin van owerheidsweë `n politieke reg verkry om so te handel en hulle is ook daarvan oortuig dat hulle heeltemal volgens die reëls van hulle beroep gehandel het.

11 Maar hier in die ryk van die geeste word `n mens nooit vir `n handeling veroordeel, wanneer hy dit uitgevoer het met `n regverdigheidsgevoel, wat sy gewete nie verontrus het nie en dit was ook by hierdie mense die geval. Vir hulle is niks volle werklikheid nie, nóg die goeie, nóg die kwade, maar alles is in `n sekere sin slegs `n politieke, min of meer, slim komedie. Om dié rede is hulle ook hier, sodat al die ydele en valse in hulle verteer kan word. Wanneer dit, al gaan dit uiters langsaam, tot stand gebring is, word hulle eers uit hierdie omgewing herbore en beland in die dale regs op die agtergrond, waar ons ons Stoïsyne leer ken het.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205