Die Geestelike Son - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102.

Verdere uitleg oor die bedrieglike komedie. Die geestelike lewe word op oneindig baie verskillende maniere begelei

80 Julle sê: Ons sien nou goed in hoe die mense van hierdie hemel hulle kan vergroot en verander, maar daarna is dit vir ons tog nie heeltemal duidelik, hoe hulle, behalwe hulself, ook hulle hemel kon vergroot nie, want oënskynlik bevind hulle hul tog heeltemal buite hulleself en hulle beweeg hul daarin en daarop soos op natuurlike ondergrond.

2 Luister, liewe vriende en broers, dit is netso maklik te begryp as die ander, want hierdie hele hemel is niks anders nie as die produk van verkeerde denkbeelde van hierdie geeste nie. Wanneer hulle hulleself so opblaas, dan groei hierdie hemel eweredig saam met hulle. Sodat julle dit ook deur en deur sal begryp, sal ek nog `n duidelike aardse voorbeeld gee.

3 Daar is `n man in `n geselskap, waarin `n bepaalde onderwerp bespreek word. Hierdie man het weliswaar nie die flouste idee van die onderwerp nie, maar om tog nie as `n onwetende daarby te staan nie, bedink hy vir homself `n totaal foutiewe stelling, wat oral beter sal pas, as by die onderwerp wat bespreek word. Nou is hy aan die beurt om sy mening te gee. Dit doen hy dan ook, maar onder algehele hilariteit (spottende gelag) word hy op die dwaasheid van sy stelling gewys. Maar wat is nou die gevolg? Eerstens het hierdie man self nie veel vertroue in sy stelling nie, want hy sê heimlik by homself: Die onderwerp wat hier bespreek word, is eintlik netso vreemd vir my as die middelpunt van die aarde. Wat die ander daaroor gesê het, lyk netso onbegryplik as my onwetendheid self. Daarom kon ek ook wel iets versin het, om tog maar iets te gesê het.

5 Kyk, tot nou toe was ons man baie beskeie en baie verdraagsaam, maar die gelag van die ander het sy eergevoel gekwes. Nou eers begin hy oor sy stelling na te dink en vind dit, in sy gevoel van eiewaarde, nog steeds korrek, belangriker en treffender. As hy die voortreflikheid wat aan die stelling ten grond­slag lê, opmerk, hoewel hy eintlik in sy hart nie vir die juistheid daarvan kan instaan nie, word hy boos, begin hy sy idee steeds hoër aan te slaan en probeer hom ten slotte op die hele geselskap wat hom uitgelag het, te wreek. Hy begin hulle te bewys dat leeghoofde soos hulle, hom gladnie begryp nie. Ja, hy hou hulle uitvoerig en nadruklik voor dat hulle dit in honderd jaar nouliks so ver sal bring dat hulle ook maar `n klein deeltjie van wat hy nou so liggies opgewerp het, wesenlik sal begryp.

6 Dan kom daar iemand na hom toe wat sê: Luister vriend, jou termyn van honderd jaar is veels te kort, want ek vermoed dat ek ietwat dieper nagedink het en die uitsonderlike dieptegang van jou stelling, wel nog soos deur `n sluier, vermoedelik gesê, deursien het; daarom dink ek dat `n sodanige diepsinnigheid eers oor duisend jaar begryp sal kan word.

7 Van `n tweede kry hy heimlik nog `n soortgelyke lofrede. Nou is dit dan ook die sluis van die dam, want ons man begin hom nou eers oor sy oneindige wysheid te verbaas, blaas homself verskriklik op en sien die stellinge van die ander gaste, ten opsigte van syne, as louter muggies. Hy verhef hom ten slotte so hoog bo die ander, dat hy aan hulle sê: Met hoofde wat minstens nog so `n duisend jaar agter is, kan iemand soos ek, tog onmoontlik verder oor die onderwerp gaan argumenteer, omdat ek nou wel daarvan kan uitgaan dat hierdie gelanseerde stelling van my, in geen duisend jaar deur julle begryp sal word nie.

8 Kyk, die voorbeeld is baie duidelik en is so gesê uit julle daaglikse lewe gegryp. Dit laat onmiskenbaar sien, hoe onsin homself, met hulle wat die onsin verkondig, kan opblaas en vergroot. As die saak dan deur die teenparty, en wel op `n ietwat arglistige manier, goed gehanteer word, dan groei die onsin ten slotte uit tot `n dwangvoorstelling en dus tot `n egte verkeerde gefundeerde geestelike wanproduk. As dit al die geval op aarde is, dan is dit hier in die ryk van die geeste nog duideliker en lewen­diger sigbaar. Voordat ons hier verskyn het, het hierdie hemelbewoners nie bepaald veel waarde aan hulle hemel geheg nie. As hulle nie so goed deur die paradysbewoners gevoed was nie, dan sou hulle hierdie hemel reeds lankal oorboord gegooi het. Toe ons egter kom en hulle en hulle hemel verdag begin maak, het hulle hul aanvanklik van skrik teruggetrek, omdat hulle gesien het dat ons onsself nie dadelik deur hulle domheid nie laat saamsleep nie. Omdat hulle daardeur beskaamd gevoel het, begin hulle ook baie spoedig onderling om die eersug te laat groei en die voorstelling wat hulle van die hemel gehad het, groei met hulle saam.

9 Eers nou ervaar hulle self die buitengewone van hulle voor­stelling en daarom het hulle, om ons die grootsheid van hulle hemel te toon, ook altwee toneelstukke en `n swelgparty voor ons opgevoer. Omdat ons onsself tot nou toe, in `n sekere sin uit goed­moedigheid, nie laat afskrik het nie en ons plek nog steeds gehandhaaf het, was hierdie hemelbewoners nou op egte wraak uit. Ook hierdie maneuver (taktiese oefening) moes ons hulle laat uitvoer; eers dan sal hulle in staat wees om `n woord van my aan te neem.

10 Daaruit sal julle leer hoe buitengewoon belangrik dit is om te weet welke leerskool nodig is om allerlei geeste wat verkeerde insigte het, geleidelik aan op die korrekte lewenspad te bring. Die beginsel lui as volg: Op grond van sy vryheid kan geen enkele gees gevang word, alvorens hy homself gevang het nie. Daarom moet daar vir hierdie geeste hier, dan ook alle geleenthede toegelaat word, waardeur hulle, sonder dat hulle vryheid daardeur aangetas word, in `n sekere sin tog uit hulleself noodgedwonge in hulle eie nette verstrik raak. Wanneer hulle dan op geen enkele manier meer `n uitweg sien nie, moet hulle hulleself oorgee, wat soveel wil sê as: Wanneer die verkeerde stelling van `n geleerde op aarde, op alle moontlike maniere matematies korrek weerlê word, dan moet die geleerde ten slotte gewonne gee en sy geesteskind `n beter opvoeding laat gee.

11 Hoe so-iets hier in die suiwer geestelike ryk letterlik te werk gaan, sal julle na die op hande synde wraak maneuver sonhelder aanskou. Ja, liewe vriende en broers, in die eindelose groot ryk vind tonele plaas, waar geen menslike fantasie hom ook maar enige voorstelling van kan maak nie. Wanneer julle, as die Heer dit sou toestaan, net `n totaalbeeld sou kon kry en sien, hoe die velerlei mense van die aarde en daarby nog die mense van die ontelbare ander hemelliggame op die weg van die waarheid gelei word, en julle dus ook die miljarde-maal miljarde tonele sou sien, dan sou julle julle lewe daarby verloor, want ek sê vir julle:

12 Die Heer toon hom nêrens so groot, wys en wonderbaarlik as in hierdie eindelose ongelooflik baie verskillende maniere van leidinggewing aan die geestelike lewe nie. Tog gebruik Sy wysheid oral die allerbetroubaarste weë om hierdie eindelose verskeiden­heid, soos julle gewoond is om te sê, onder een dak te bring. Laat ons wag op hierdie toneel; daarby sal ons nog van alles leer ken.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205