Die Geestelike Son - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102.

Aankoms van die nuutgewonne siele in die “paradystuin”. Hulle skuldbekentenis

82 Kyk, ons bevind ons weer in die sogenaamde paradys. Julle kan julle maklik daarvan oortuig dat dit nog die oue is, soos wat ons dit voorheen gesien en agtergelaat het. Daar, in die middel van die paradys wag die vroeëre paradysbewoners vir ons en wel baie deemoediger en meer nadenkend as voorheen, toe ons vanuit die klooster na hulle toe gekom het. Ons “hemel­bewoners” volg ons ook deemoedig en so gaan ons met ons nuwe vangs regstreeks na die vroeëre paradysbewoners toe.

2 Kyk, ons vroeëre leier van die paradys en die twee eerste woordvoerders se oë rek groot, wanneer hulle al van veraf sien dat die hele hemelse geselskap ons volg. `n Verowering van die hemel het hulle nou gladnie juis verwag nie, want hulle het dit heimlik as `n toetssteen beskou, wat die volle waarheid omtrent ons uiteindelike sending sou aantoon.

3 Omdat die hele hemel nou egter verdeemoedig en oorwonne agter ons aankom, sê die prior (kloosterhoof) aan sy geselskap: Luister vriende, onder hierdie omstandighede kry die saak inder­daad `n heel ander aansien. Hierdie drie is beslis deur `n goddelike mag, wat nog vir ons onbekend is, hierheen gestuur; dit is sonhelder! Maar wat ons nou met hierdie verskriklike sekerheid moet aanvang, is `n heel ander vraag. Hoe lyk dit met ons gewete? Hoe weeg ons vroeëre gedrag op ten opsigte van hierdie hoë bodes? Dit is weer `n heel ander vraag. Kom ons, as alles goed gaan, volgens hulle uiteindelike, sekerlik regterlike uitspraak, in die vagevuur of, die Heer staan ons by, miskien selfs in die hel? Luister vriende, dit is `n heel ander, ontstellende wanhopige vraag!

4 Ook nader hulle ons met baie ernstige gesigte, waaruit vir ons werklik nie veel troos geput kan word nie. As ek ook maar daaraan terugdink hoe dit met ons priesterlewe op aarde gestel was en bedink hoe ons, wat die evangelie van die Heer goed ken, maar geen letter daarvan daadwerklik in ware Christelike sin onder mekaar in praktyk gebring het nie en hoe ons, in die letterlike sin van die woord en die betekenis daarvan, die suiwer goddelike Gees altyd teengewerk het, o broers, dan sou ek nooit `n meer treffende opmerking kan maak as deur nou te beweer, dat ons almal onder hierdie hoogs treurige omstandighede, niks anders te wagte staan as die suiwerste, verskriklikste en hittige hel nie! Ek sou byna wil uitroep dat die berge oor ons heen mag val, sodat ons nie langer die aangesig van sulke verskriklike regters hoef te sien nie!

5 Die ander, beter spreker wend hom tot die prior en sê: Luister vriend en broer, ek is van mening dat ons nie te vroeg moet wanhoop nie, want daarvoor het ons altyd nog tyd genoeg as ons eenmaal werklik verdoem is. Ons ken tog die ou spreekwoord wat sê: “`n Goeie woord vind altyd `n goeie plek”. Laat ons daarom op ons bede en ons grootste moontlike verdeemoediging vertrou en nie te vroeg wanhoop in die groot genade van die Heer nie. Wie weet of hierdie drie bodes ons wel met verskriklike en onverbiddelike strengheid sal oordeel, want as hulle deur God gestuur is, sal hulle tog sekerlik beter en sagter in hulle oordeel wees, as wat ons ooit vir die vermeende sondaars teen ons alleensaligmakende kerk was.

6 Die prior sê: O, liewe vriend en broer, jou troosvolle woorde smaak weliswaar so soet soos heuningseem (virgin honey) en die allerbeste melk, maar dan dink ek weer aan die woorde van Christus in die evangelie, wat Christus, die Heer aan “valse profete” en dus aan naamchristene en naampriesters gespreek het: “Gaan weg van My, vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele, want Ek ken julle nie, julle is daders van onreg, julle het die Heilige Gees altyd teengewerk!” Vriend, wat sê jy van hierdie teks?

7 Die ander een sê: Ja, broer, dit is `n buitengewone verskriklike teks, wat ook volkome op ons van toepassing is. Ek moet bowendien nog aan jou beken dat ek nou ook sekerlik nie te goed voel oor die hel nie. As die Heer werklik nie barmhartiger sal wees as wat ons meestal op aarde was nie, dan sou hierdie teks wel net op `n vreeslike manier toegepas kan word. Want die Heer het gesê: “Wees barmhartig en julle sal barmhartigheid ondervind!” Maar daar sit nou juis die knoop, want met ons genade op aarde was dit maar droewig gestel. As ek bedink hoe maklik en triomfantelik ons vanaf die preekstoel dikwels hele volkere na die hel verdoem het, dan begin ek self regtig baie bang te word, en my vroeëre aan jou gerigte troosvolle woorde begin nou vir myself `n hol klank te kry.

8 `n Derde sê: Vriende en broers, ek begryp julle volkome; ons is verlore! Ek vind dat ons gesamentlik regstreeks na die hoofbode, wat daar in die middel staan, moet gaan en hom vir niks anders as `n nie al te warm hel vra, sodat ons hom die vreeslike regterlike uitspraak kan bespaar, en veral rekening te hou met die feit dat ons op aarde tog meestal deur die kerklike gesag gedwing was om so en nie anders te handel nie. Ons het immers die kerklike voorskrifte uitgevoer, of dit nou goed was, al dan nie. Ek dink dan ook dat dit tog nouliks vir ons op aarde moontlik was om anders te handel, ook al het ons dan bewustelik God se woorde genegeer en daardeur nie vir God nie, maar vir Mammon gedien.

9 Weliswaar kon ons eerder die martelaarsdood ondergaan het, as om teen Christus te handel, maar juis deur ons kerk was ons glo te swak om so-iets met ons te laat doen. Daarom dink ek dan ook dat ons onsself nie so skuldig gemaak het dat ons die allerwreedste hel sou kry nie. God sy alle eer en Sy Naam word altyd hoog bo alles geprys! Ek dink tog dat Hy nie die allerergste met ons sal voorhê nie en daarom wag ons in deemoedige rus af, hoe die Heer oor ons sal beslis!  

10 Kyk, die hele geselskap stem deemoedig daarmee in. Noudat elkeen daardeur eg nederig en deemoedig geword het en hulle ook hulle skulde onder mekaar beken, sal ons hulle dan ook `n nadere en `n regverdige bestemming vir hulle gee. Wees nou volkome ernstig aan my sy, want aan die geselskap kleef daar nog beslis baie wat verwyder moet word, voordat hulle geskik sal wees vir `n hoër bestemming. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205