Die Geestelike Son - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102.

Die woord van die Heer! Die eintlike regter

85 Wat Jakobus betref, hy sê gladnie dat die gemeente haar uiteindelike sondes aan `n oudste van die gemeente moet “opbieg nie”; daarmee wil hy maar net sê dat geen broer in die gemeente vir `n ander iets geheim moet hou en deur die hele gemeente vir beter aangesien wil word as wat hy in wese eintlik is nie. Dit is die rede waarom Jakobus aanbeveel, maar volstrek nie uitdruklik gebied nie, dat mens sy sondes of foute aan mekaar moet beken. 

2 As dit egter alles onweerlegbaar so is, wat is dan die oorbieg (oorgetuie) in die katolieke kerk? Ek sê vir jou, dit is niks anders as `n rentegewende ‘sondebank’ waaraan die mense hulle lewens­obligasies en skuldbriewe afgee. Deur hierdie handeling bring hulle deur die kerklike woeker dubbele rente in. Enersyds elkeen vir homself, en andersyds omdat mens hom deur die bieg aan die oë van sy broers en medemense onttrek, sodat hulle nie sal weet hoe dit innerlik met hom gesteld is en hom tenminste na die bieg onmiddellik weer as `n doodeerlike mens sal aansien, terwyl hy na die bieg, tog presies dieselfde mens bly wat hy voor die tyd was.

3 Op hierdie manier word alle gebiegte sondes bewaar en elke eienaar kry dit met `n stewige rente terug, namate hy eers homself en vervolgens al sy medemense, bedrieg het! Hyself, omdat hy hom na elke bieg as `n mens aansien wat die goddelike genade volkome waardig was, waardeur hy homself altyd opgelig en met welgevalle bekyk het. Sy medemense bedrieg hy egter, omdat hulle nooit weet wat hulle eintlik aan hom het nie, waardeur hulle hom dan ook noodgedwonge vir veel beter moes aansien, as wat hy van oudsher was.

4 Dit is dus die rente en dit heet: Dubbele bedrog! En die bedrog word nog die grootste bedrog omdat hy wat so gebieg het, in die waan leef dat hy ook voor die Heer volkome geregverdig is.

5 Ek kan jou verseker dat wanneer Judas, die verraaier, `n Christelike gemeente sou gestig het, dit sekerlik beter sou uitgeval het as hierdie, wat nie uit die Christendom nie, maar uit die heidendom voortgekom het. Mense het die heidendom slegs `n bietjie met die Christendom gesout. Want soos die sout by `n gereg die kleinste onderdeel is, so is ook die Christendom slegs die allerkleinste deeltjie in die heidendom. Dit sou nog te verdra gewees het as dit maar goed was, maar as die sout self verslaan het, hoe kan dit dan die suiwer heidendom tot `n Christendom kruie?

6 Die heidendom het baie gode gehad, daarom wou hulle met die nuwe sout ook nie by die een God gebly het nie, maar het drie daarvan gemaak. En na hierdie in drie gedeelde God, vergoddelik hulle dan ook mense wat op aarde geleef het, om daardeur `n surrogaat te kry vir hulle afgedankte “halfgode” en “huisgode”. Die ou heidendom was vir sy priesters baie winsgewend, maar die suiwer Christendom het lynreg teenoor so `n winsbejag gestaan, want dit sê uitdruklik: “Verniet het julle dit ontvang; verniet moet julle dit ook weer deurgee.”

7 Dit kon die heidendom nie gebruik nie, daarom maak hulle liewer `n “sonderegister”. En omdat daar te min teen die Mosaïese wet gesondig was, word daar eiemagtig nog ietwat moeilik te onderhoue wette bygemaak. Behalwe die sonderegister en die baie omvangryke wetboek, het mense die sondevergewende “bieg” ingestel en het die mensdom deur hierdie bieg, na allerlei wins­gewende boetewerke gelei. Hierdeur het die alleensalig­makende pontifikaat hom toe met behulp van nog ander wins­gewende godsdienstige seremonies opgewerk tot `n wêreldse aansien, waarvoor alle konings bewe!

8 Sodat die alleensaligmakende pontifikaat hom egter nog onafhankliker en dus ook onbeperk magtiger kon opstel, wis dit deur `n voortreflike middel om `n magtige, eie leër te vorm van meer as `n miljoen man, wat oral die kastele, vestings, stede en lande van keisers, konings en vorste onoorwinlik beset en op die manier alle lande onderdanig en skatpligtig maak. Die leër bestaan uit die “priesters” en “monnike” en die middel is die “selibaat”. Op die manier was die (nuwe) heidense, kerklike mag onoorwinlik gevestig. Omdat elke maghebber, as hy egter wou weet hoe dit met sy onderdane gestel was, verspieders moet hê, was sulke spioene dan ook baie onontbeerlik vir die pontifikaat. Wie was hierdie verspieders egter? Wel, die hele priesterdom!

9. En hoe heet die middel waarmee die verborge gesindhede uitgevind word? Dit is niks anders as die “bieg” nie. Kyk, dit is dan ook die tweede wins, en wel vir die biegvader, dus vir die hele duistere priestervolk.

10 En waaruit bestaan hierdie wins? Ek sê vir jou, dit bestaan uit niks anders nie as dat alle gebiegte sondes as eie tegoed (kredietbalans) vir die kerk beskrywe word, waarmee die egoïstiese noodsaaklike bedrieëry van mense verbind is. Hulle word immers daardeur in die waan gebring, om net so dikwels voor God gereg­verdig te word as wat hulle maar gebieg het.

11 Met `n dergelike “wins” uitgerus, staan jy nou hier en dit roep weer `n nuwe vraag op wat as volg lui: Wat sal jy nou ter vermin­dering of selfs vir `n volledige delging van die suiwer “hellewins” aandra? Want ek moet dadelik daaraan toevoeg, dat niemand deur `n suiwer regstreekse erbarming van die Heer ooit die lewe kan binnegaan nie; want wie niks het nie, van hom sal nog ontneem word wat hy het.

12 Kyk, dit is die belangrike vraag wat jy nog moet beantwoord. Ek gee jou ook nog dinktyd daarvoor. Kan jy iets na vore bring wat hier in die Ryk van die naakte waarheid en volledige betroubaarheid aanvaar kan word, dan is dit billik en goed. Kan jy dit egter nie doen nie, dan dra jy al dit wat jou sal oordeel, in jou. Glo my, nóg die Heer nóg ek sal jou oordeel, maar die woord wat die Heer gespreek het, sal jou oordeel, omdat jou handelswyse, soos wat jy duidelik uit my verklaring kon uitgemaak het, steeds lynreg teen die woord ingaan. Vandaar dat dit ook op geen enkele punt vir, maar juis teen jou moet wees.   

13 Die prior sê: Ja, dit is so. Nou is die oordeel vir die hel al so goed as gereed, want wat sou ek nog ten gunste van myself kan aanvoer? Ek kan niks anders sê nie as: Heer, wees ons arme, blinde dwase en allergrootste sondaars genadig en barmhartig! Ek sien niks anders as slegs die loodsware gewig van my skuld voor my nie en daarvoor het ek werklik geen dinktyd nodig nie. Dit kom ten slotte maar net daarop neer, dat ons nog langer in hierdie pynlike situasie moet bly om te wag op die verskriklike oordeel wat vir my en sekerlik ons almal nou al pynliker lyk as die vuur van die hel self. Daarom vra ek jou ook, hou ons nie langer op nie, maar gee ons `n aanduiding van die rigting waarin ons tuishoort.

14 Ek sê: Hier heers nie my willekeur nie, maar die goddelike ordening! Daarom moet julle julle ook daaraan onderwerp, as julle nie deur jul eie toedoen vir ewig ten gronde wil gaan nie. Daarom sê ek nog eenmaal vir jou, dat jy sal praat oor die tema wat aan jou gegee is. Want in jou hart sien ek nog `n pleidooi vir die bieg en solank dit nog in jou sit, kan jy hierdie plek nie verlaat nie; daarom, neem die tyd en praat dan! Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205