Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

Hoofstuk 6

 Die noord- en suidpool

1. Die Noordpool

Onder alle verskynsels op `n hemelliggaam, ook op die aarde, is daar niks so belangrik soos dit, wat op die pole gebeur nie. En vanuit die pole oorheers sy ook alle ander verskynsels oor die hele oppervlakte van `n hemelliggaam. Die noordpool sou eerder die positiewe pool genoem kan word. Van die noordpool afkomstig sal daar verskynsels wees - vlak by die pool self -, soos die noorderlig; verder, die magnetiese krag, wat op alle punte van die aarde werk; weer vlakby die pool, die ys en die voortdurende heersende groot koue; verder die sogenaamde passaatwinde, asook die ontstaan van die wolke wat uit die noorde aandryf en hewige onweer en nog meer verskynsels, wat min of meer afkomstig is van die polêre kragte van `n hemelliggaam.

Alvorens ons hierdie streek geestelik kan bekyk, is dit nodig om haar eers uit `n natuurlike oogpunt te belig.

`n Pool van `n hemelliggaam is daardie punt, wat die meeste rus het. Dit is die minste blootgestel aan die lig en die daarmee verbinde warmte uit die son. Die son kan dus die pole van die aarde nóg verlig nóg verwarm en dit is daarom vanselfsprekend, dat by gebrek aan beide, daar niks anders as `n ewige koue en `n ononderbroke nag moet heers nie, wat slegs deur die swak geglinster van sterre en `n byna konstante noorderlig verlig word.

Die poolstreek het `n groot tregtervormige krater*, wat boaan die tregter `n deursnee van 180 myl** het. Hierdie krater is aan alle kante deur baie ruwe en steil ysberge en rotse omgewe.

*Hierdie gegewens begin deur die onderwater-opname en -metings van Amerikaanse duikbote, wat onder die noordpoolys vaar, bevestig te word. Hulle het vasgestel, dat die seebodem onder die noordpool rond en hol is, by die ysgrens steil opwaarts gaan, maar by die pool `n krateragtige diepte vertoon.

** 1 Duitse myl is 7,42 km. Totaal dus: 1355,6 km.

Die koue bereik wel -90° en soms meer. Koue is eintlik geen fluïdum (gas) nie, net so min as wat warmte dit is en nog veel minder is die afwesigheid van warmte. Dit is niks anders as `n werking van die buitengewone verdigting van die lug, net soos die warmte en hitte juis die teendeel is, naamlik `n buitengewone verdunning van die lug.

Dit gaan hier om `n verdigting van die lug in al haar dele.

Slegs die lig kan dit tot stand bring en ook `n totale gebrek aan lig. Dit is dan ook die oorsaak van die koue in die poolgebiede en ook, in die teenoorgestelde geval, die hitte by die ewenaar.

Uit die son stroom twee soorte strale, ten eerste diesulkes, wat hom van elke punt van die son na alle moontlike kante onder alle moontlike hoeke versprei. Maar tegelykertyd gaan daar ook van elke punt van die son `n straal uit in ewewydige rigting en hierdie straal is as`t ware die kern van die sonstrale en voer slegs die krag saam, wat `n mens warmte noem; dit is egter nie so nie, maar dit is slegs daarom die sterkste, en dus ook die mees geskikste vir uitsetting, omdat dit die kernstraal is. Die skuins strale kan waar dan ook neerval, maar hulle sal tog weinig uitsettende krag hê, omdat die kernstrale met hom, nooit `n groter uitsetting verkry nie, vanweë die skuins vlakke waarop hulle val.

Slegs in die streke wat reg onder die son lê, val die strale loodreg neer en bewerk daar die grootste moontlike uitsetting van die lug. As die lug in die gebiede van die ewenaar daardeur voortdurend in al haar dele uitgesit word, trek die hele lugmassa, of liewer, word sy saamgepers, na die poolstreke van die aarde, waardeur `n baie groot verdigting van die lug dan in al haar dele moet plaasvind. Die ononderbroke koue kom dan daarvandaan en wel in `n sekere sin periodiek. Want as die aarde haar poolstreke meer onder die son geskuif het, sit ook die lug daar meer uit en dit word dan draagliker daar; wat die pool egter betref, juis daar in die krater self, word die koue die hewigste.  

Maar as die son weer meer bo die suidelike streke gekom het, dan word die koue in die poolstreke so groot, dat geen lewende wese wat op die 80ste graad noorderbreedte vertoef, kan uithou nie. By die pool self, waar die druk die hewigste word, raak die lug sterk in beweging, laat haar hulsies spring en word `n vuursee. As so iets begin, dan gryp die vuur die aangrensende lugstreke met `n elektriese snelheid aan en ontsteek haar na gelang van haar digste struktuur en hierdie verskynsel is die noorderlig, Tydens die winter brand so `n lig voortdurend bo die pool, maar dit stroom slegs periodiek bo die poolstreke en wel wanneer bepaalde aftakkinge van die lug homself tot by die noordpool verdig het. Dat die noorderlig beweginge maak wat soos bliksem lyk, lê aan die takvormige verdigtinge van die lug. Die byna altyd rooiagtige noorderlig en ook die begeleidende groen-wit of blou-wit lig is `n gevolg van die eteriese ontsteking van die hoogs elastiese lighulsies. Wat die passaatwinde betref, dit ontstaan sodra die son bo die ewenaar begin te styg en die lug daardeur steeds meer deur haar kernstrale laat uitsit. Daardeur weeg dit nie meer op teen die groot druk van die aanwesige verdigte lug rondom die noordpool nie. Dus stroom die lug van die poolstreke daarheen waar die verdigtingsproses plek het, totdat die ewewig min of meer herstel is.  

 

By die magneet kom ons tot die transendente punt van al die noordpoolverskynsels wat tot nou toe behandel is. Die verskynsel van die magneet laat hom deurgaans nie op natuurlike manier verklaar nie, omdat daar in die wesenlike van die magneet, niks materieel natuurlik aanwesig is nie. Die magneet is dus niks anders as die lewe van die liefde van die geeste wat oral in die materie aanwesig is nie. En omdat juis in die poolstreke van graad tot graad steeds vredeliewender geeste is, vermeerder hulle die lewe van die liefde ook. Hierdie vredeliewende geeste is deemoedig en afkerig van elke opgeblasenheid om groter te wil wees as ander omringende geeste. Daarom ontvlug hulle ook dadelik elke geleentheid wat daartoe sou kan dien, dat die een haarself bo die ander sou verhef; hulle verafsku daarom ook sorgvuldig al die natuurlike lig en trek hulleself in `n sekere sin soveel moontlik hiervan terug en alle lig en warmte wat hulle ook maar in hulleself opneem, laat hulle dadelik verder stroom na die geeste, wat aan lig- en wysheidsgebrek het. Die bereidwillige verder gee van dit wat van My ontvang was, is die trek van die waarneembare magnetiese krag. 

As sulke vredesgeeste in hulle liefdadige werking hulleself naby verenig, tree die verskynsel van die noorderlig op, omdat hulle deur hulle liefde altyd baie onrustige geeste uit die materie na hulleself toe trek, om hulle voor te berei op die beproewende lewe in die materie. Maar dan gebeur dit, dat by so `n liefdeswerking ook verdorwe geeste van gestorwe mense, veral van sulkes wat tydens hulle lewe allerlei intriges gespeel het, hulleself saam met die skare liefde-opwekkende geeste verhef en hulle dan deur allerlei op liefde lykende intriges aan hulle kant wil bring. Maar die liefde sien skerp en voel die parasiet in haar suiwerheid aan; sulke bose geeste word dan baie spoedig gegryp en deur die vredesgeeste bo die noordpool so in die noute gedryf, dat hulle so `n druk nie meer kan verdra nie. Dan ontsteek sy bose wil en woed te midde van die vredesgeeste soos `n geweldige vuur; dit gebeur altyd presies in die middel van die noordpool. Waarom juis hier? Omdat hierdie kwaadwillige geeste hulleself soveel moontlik in die donker hou en juis in hierdie verdieping van die noordpool heers die grootste duisternis, fisies en dus ook geestelik.

As die liefdegeeste daarom hierdie gespuis onder hulleself gewaar word, verenig hulle hulleself in hulle liefdeswerking en laat hulle lig en warmte uitstroom soos, wat al gesê was by die ontstaan van die noorderlig. Daardeur word die kwaadwilliges nou deurlig en kan hulle onmoontlik nie hulle boosheid meer verberg nie. Dan verenig die vredesgeeste hulleself en stort op die rondswerwende parasiete neer en wil hulle tot rus bring. Maar hulle ontvlam dan uit ergernis oor die ontdek van hulle boosheid en breek soos `n geweldige vuurstroom opwaarts en brand so hewig, totdat hulle in hulle bose ywer verteer word; dan word hulle vanweë hulle drif deur die vredesgeeste omsluit deur die water van hulle liefdeswil en so as ewige ys met die poolsstreek verenig -

Die krater van die noordpool lyk die meeste soos die uitmonding van `n appel as die steel verwyder is en die monding gaan dan oor in `n kanaal met `n deursneë van ongeveer 2000 meter. Dit loop steeds nouer wordend deur tot in die middelpunt van die aarde en is as`t ware die mond van die aarde, waardeur sy haar passende voedsel uit die oneindige ruimte opvang; - en die suidpool lyk derhalwe soos `n ontrekkingskanaal (anus van die aarde).

Daar kan nog iets gesê word oor die magneetnaald wat deur die mense uitgevind is; waarom gaan die naald altyd by die noorde staan? `n Spreekwoord sê reeds: Soort soek soort, en daarin lê die grond van hierdie verskynsel. In yster, net soos in baie ander metale, is ook vredesgeeste om die boosaardige geeste te kalmeer en hierdie vredesgeeste het dieselfde eienskappe as die polêre geeste.

Hoewel hulle gedienstige boosaardige geeste van hierdie metaal bewaar teen `n vernietigende opbruising, ondergaan hulle tog `n ononderbroke aantrekking tot hulle broeders. Hierdie aantrek openbaar hom op dieselfde manier as wanneer `n mens `n elektriese masjien in draaiende beweging bring, waardeur ook geeste ontbind word en na sy aanverwante nog gebonde geeste oorgaan in een of ander materie, soos metaal en ander elektrisiteit geleidende liggame.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205