Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

Hoofstuk 8

Die Vlieg - `n Blik in die wonders van die skepping

Voorwoord van die Heer (3 September 1840).

Dit is goed om die gevoelsoog op velerlei dinge te rig wat meer gereeld voorkom en My liefde en wysheid daar waar te neem - al is die voorwerp wat beskou moet word, hoe gering. - want daar lê tog altyd iets oneindig daarin. Daarom is dit ook `n geestelike blik waardig, omdat alles wat iets oneindig bevat, `n atoom van My is, waarin `n ewige Ek-entiteit heers.

Bedink, dat ook die onopgemerkte vlieg nie tot die ongetelde behoort nie. Want as die atome van die lig en die monades van die eter deur alle oneindighede en ewighede heen presies volgens sy getal aan My bekend is, hoe sou `n vlieg dan so nietig wees, vir wie se ontwikkeling meer as `n hele miljard atome nodig is ?

1. Die ontstaan van die vlieg

Die vlieg is in die groot geheel tog nie so onbeduidend en nutteloos soos wat dit wel lyk nie. Om dit goed te kan insien, sal ons eers `n voorstudie van die natuurlike gesteldheid van hierdie diertjie maak. 

Hoe ontstaan die vlieg dan eintlik? `n Mens weet dat sy `n soort eiertjie lê, so klein, dat dit nouliks met die menslike oog waargeneem kan word. Dit het ook so min gewig dat dit, net soos die kleinste stofdeeltjie, maklik in die lug swewend kan bly. Maar waar lê die vlieg haar eiertjies? Waar en hoe word hulle uitgebroei? Sodra die vlieg lêryp geword het, lê sy haar eiertjies oral neer waar sy maar gaan sit en sy bekommer haar nie verder daaroor nie. Miljoene word deur die wind meegevoer en in alle rigtings versprei, miljoene beland in die water. Wanneer die son die aarde voldoende begin te verwarm, dan begin hierdie eiertjies te groei, totdat hulle so groot geword het, dat selfs `n middelmatige skerp oog in staat is om hulle as witgrys stofdeeltjies te vind. Dit is dan ook die tyd vir die uitbroei wat as volg gebeur: 

Die eiertjies spring oop, genoodsaak deur die ontwaakte geeste van die diertjies wat hulle voorafgegaan het en wat hulleself in die gegewe ordening in die eiertjies versamel. Hierdie geeste verenig hulleself in die gedaante van `n byna onsigbare klein witagtige wurmpie tot `n lewe.

Hierdie wurmpie voed homself dan gedurende `n paar dae met die vog wat hy op die plek vind waar die eiertjie uitgebroei het. `n Mens het sekerlik nog nooit `n jong vlieg gesien nie en daarin skuil die eintlike wonder van hierdie diertjie. Hy is skielik daar, volledig ontwikkel en niemand weet waar hy vandaan gekom het nie. Hoe gebeur hierdie wonder?

Wanneer die wurmpie die volwasse grootte bereik het, dit is ongeveer so groot soos `n klein komma in `n middelmatige groot skrif, dan bars dit en daardeur kom sy binneste na buite. Dan rek hy die vroeëre buitehuid uit tot die eintlike liggaam van die vlieg, voorsien van alle inwendige spysverteringsorgane; die vroeëre binnekant van die wurmpie bring dan die uiterlike sigbare dele van die vlieg tevoorskyn. Hy bereik, sodra hy met die buitelug in aanraking kom, binne die tyd van hoogstens vyf tot sewe sekondes, volledige ontwikkeling en dan is die vlieg ook heeltemal voltooi.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205