Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

5. Die vlieg as instandhouer van gesonde lug

Elkeen sal op `n warm somerdag al wel ervaar het, dat veral op `n drukkende namiddag, `n vermoeide mens dikwels deur slaap oorval word. Wie nog jonk is kan hom deur beweging wel daarteen verset. Dit is anders gestel met ouer mense, wie se ledemate moeiliker is om te beweeg. Wanneer daar op so `n dag nie voldoende lewenstof in die lug aanwesig is nie, word hierdie mense spoedig slaperig en lê hulleself neer om te rus. Om die nadelige van so `n slaap in te sien, is dit noodsaaklik om eers `n blik op die natuurlike slaap van die mens te werp. 

Waarom word die mens eers snags slaperig en oordag nie? Namate die lig van die son, as die positief-polêre deel van die natuurlike lewe, sy strale nie meer op die een of die ander helfte van die aarde laat val nie, verander die aarde haar polariteit.

Sodra die son vir `n gedeelte van die aarde ondergegaan het, word hierdie deel ook dadelik negatief-polêr.

Die negatiewe pool van die lewe kom volledig ooreen met die van die aarde. En soos wat dit hom op al die natuurlike lewensaktiwiteite teenwerk, so doen die ooreenkomstige pool in die mense dit ook, deurdat die positiewe elektrisiteit in die mens steeds meer verbruik word, waardeur hy ook die uiterlike lewensaktiwiteit steeds meer verloor. Die teer, beweeglike dele, soos byvoorbeeld die ooglede, merk hierdie afname eerste op. Hulle kan daarom nie meer oop bly nie en spoedig daarna gaan ook alle ander dele van die liggaam in dieselfde verswakte toestand oor en dit is die natuurlike nagtelike slaap. 

Wanneer die sonsopgang smorens naderkom, word die positiewe pool ook steeds sterker. Die afname van die negatiewe polariteit en die toename van die positiewe maak dat die mens wakker word.

Die dagslaap is heeltemal teenoorgesteld aan die natuurlike slaap, waar dit nie die gevolg is van `n afname van die positiewe elektrisiteit nie, maar van die oorversadiging daarvan. Oorversadiging, omdat `n weinig bewegende liggaam nie meer in staat is om die opgeneemde positiewe elektrisiteit uit te wissel teen `n ooreenkomstige hoeveelheid van die negatiewe nie.

Wanneer die positiewe nou begin te oorheers, dan begin ook die negatiewe in dieselfde verhouding te verminder. Wat is nou die gevolg daarvan?

Kyk net na twee manne wat met mekaar worstel! Hoe swakker die swakste word, des te meer oormag kry die sterkere. As die swakkere egter heeltemal oormeester is, dan is dit ook met die krag van die sterkere gedaan, waar hy niks meer het waarop sy oorheersende krag kan steun nie. Elke krag is egter so goed as geen krag, sodra hy geen steunpunt meer het nie.

Presies so is dit ook gestel met `n mens, wat op `n drukkende, met elektrisiteit gelaaide somerdag deur die slaap oorval word. Let nou op, daar kom weer `n baie nuttige newefunksie van hierdie diertjie. Kyk, hulle gons en zoem en dribbel sorgvuldig om die langslaper heen en suig deur hulle pootjies en haartjies en puntjies die oorskot aan positiewe elektrisiteit in hulleself op. Daardeur kan die negatiewe elektrisiteit by die slaper nie heeltemal onderdruk word deur die positiewe nie, sodat die natuurlike lewe van die slapende mens behoue kan word.

As dit nie so was dat hierdie klein reëlaars die natuurlike ewewig in stand gehou het nie, dan was dit met die lewe van die betreffende persoon gedaan, sodra die positiewe elektrisiteit die negatiewe volkome oormeester het. Solank die slapende mens nog in staat is om die klein beleërders van sy liggaam af te weer, is daar ook geen gevaar vir sy lewe aanwesig nie. Wanneer die slaap hom egter heeltemal verlam het, dan het die beleërders `n vrye spel en verhoed dat die slapende iets oorkom wat sy lewe in gevaar sou bring.

As die ewewig van die onderlinge polariteit, deur die aktiewe medewerking van hierdie diertjie, hom weer herstel het, dan word die slaper wakker en verjaag hierdie in sekere sin klein natuurbeskermgeeste ywerig van sy liggaam af. Dit kan hy nou rustig doen, want as hy eenmaal ontwaak het, is alle gevaar ook so goed as verby.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205