Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

9. Oorsaak en wese van die lig.

Wat is lig? Om te begryp hoe die lig in verskyning tree in tyd en ruimte, moet mens dit nóg as heeltemal materieel, nóg as heeltemal geestelik beskou, maar as materieel en geestelik tegelyk. Want dit is `n polariteit, waarby die geestelike deel die positiewe en die materiële deel die negatiewe pool uitmaak.

Met hierdie pole is dit so gestel, dat hulle hulleself nie aan die uiteinde bevind nie, en nie in die verhouding van voorste en agterste opgestel is nie, maar in die van innerlike en uiterlike, waarby die innerlike die positiewe en die uiterlike die negatiewe pool is.

Maar hoe verskyn beide hierdie polariteite dan as lig? Wanneer `n mens `n vuursteen neem en met `n harde stuk yster daarlangs stryk, sal `n mens baie spattende vonke tevoorskyn sien kom. Hierdie vonke was lig. Waar kom die lig vandaan, - uit die klip, uit die yster, of uit beide tegelyk? Hierdie vonke kom uit die yster, waarvan uiterste klein deeltjies deur die harde klip afgekrap word. Hulle ontsteek, deurdat die lugdeeltjies wat in die porieë van die yster ingesluit is, wat deur die wrywing ontstane druk nie kon ontwyk nie en daardeur vlam vat en die losgelate ysterdeeltjies in `n witgloeiende toestand gebring het. Op welke wyse word die geperste lug ontsteek en wat is die liggewende eintlik by die ontsteek van die lug?

Die lug is vir die helfte niks anders as `n materiële liggaam vir die aanwesige intelligente geeste in haar nie. 

 

Die fisici sou liewer wil, dat ek hier in plaas van geeste “vrye ongebonde kragte” gesê het, maar waar ons die saak grondig wil benader, neem ons, in plaas van die eienskap, die saak self onder oë, naamlik die geeste.

Omdat die gees `n positief-polêre krag is, streef hy voortdurend na die mees ongebonde vryheid en is hy in gebonde toestand net so lank rustig as wat hy homself van die omgewende negatiewe polariteit - dus van sy eie omhulsel - geen ongewone belemmering ondervind nie. Ondergaan hy van buite af een of ander druk, dan word die gees spoedig in sy beklemming gewek en reageer hy deur uitsetting, wat hom deur die fenomeen van die lig kenbaar maak.

Wat is hierdie lig eintlik? Na verduideliking `n voorbeeld. Wat merk jy op by `n mens, wie se hart nog vol hoogmoed is, as hy `n goeie klap kry? Sal hy nie in so `n woede raak, dat hy begin te bewe en sy oë gloeiend word nie? En as hy homself in `n gelykgesinde omgewing bevind, sal hy dan nie baie gou, na gelang die graad van vriendskap, ook min of meer woedend word nie?

`n Mens hoef slegs na `n vegtende leër te kyk en dit kan iemand onmoontlik ontgaan, hoe hierdie woede-uitstraling duisende en nog eens duisende gryp en meesleur in die bloedige stryd. Deur hierdie voorbeeld word die lig ook verklaar, want die positief-polêre gees, wat deur die negatiewe polariteit ingesluit is, raak ook deur `n goeie klap in woede, wat eintlik die bewuswording van sy gevangeskap is. 

Deur hierdie bewuswording ontwaak `n groot begeerte in hom om homself uit te sit en homself vry te maak. Waar sy uiterlike egter, die negatiewe, hom omgewende polariteit sodanig saamgestel is, dat hy wel tot `n sekere punt rekbaar, maar tog nie te verbreek is nie, sit die gees wat wil vryword homself in sy omhulsel maar net so ver moontlik uit. 

Maar waar hy nie kan deurbreek nie, trek hy hom weer vinnig terug en probeer dan sy omhulsel met hernude krag te verbreek. Menige gees is in staat om hierdie gebeure in `n sekonde baie duisende male te herhaal, terwyl hy daarby steeds toorniger word. Wat is egter die sigbare resultaat van hierdie gebeure wat tereg 'raserny' genoem kan word? Niks anders as dat die nog rustige geeste wat hulleself naby die in woede ontstoke gees bevind, met hulle uiterlike polariteit in `n soortgelyke koors raak. Die voortplanting van hierdie gemeenskaplike koorsagtige woede kan vinnig voortgaan, waar die negatiewe omhulsels van die geeste, waaruit die lug eintlik bestaan, naby teen mekaar aanlê.

Hierdie koorsagtige vibrering van `n gees, word deur die dierlike, net soos deur die menslike oog as 'lig' waargeneem. Want die oog is daarvoor ingerig om hierdie klein trillings waar te neem, waar elke oog self ook half geestelik en half materieel is. Dit het presies dieselfde polariteit as dit wat 'lig' genoem word. Deur hierdie verwantskap kan die oog die lig opneem en waarneem.

Telkens wanneer `n polariteit in homself ontbrand op die so pas beskrewe wyse, vind die lig plaas. En dit is weer niks anders as die medebeweging van die geestelike polariteite in die naaste omgewing nie.

Beligte voorwerpe word in sy vorm herken, deurdat die materiële vorm van een voorwerp `n grens stel aan die voortplanting van die lig, respektiewelik dat dit op vallende ligtstrale reflekteer.

Ook die lig van die son is gelyksoortig aan die lig van `n vonkie. Die verskil skuil slegs hierin, dat die wit lig van die son afkomstig is van die vibrasie van die liefde, terwyl die rooiagtige brandlig van die vibrasie van die toorn afkomstig is.

Daarom is ook die lig van die son, wat sy voortplanting betref, verskillend van die van die lig wat van die toorn-vibrasie afkomstig is. Waaruit hierdie verskil bestaan, sal in die volgende duidelik getoon word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205