Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

10. Die wese van die eter en van die sonlig.

Hoe laer `n streek op aarde lê, soveel digter is die lug ook daar. Dit is `n natuurlike gevolg, waar nie net die lug nie, maar alle dinge digter word, namate hulle die gemeenskaplike middelpunt meer nader. Hoe verder hulle hulleself egter daarvan verwyder, des te losser kom hulle van mekaar te staan.

Die lug is, net soos alle materie, niks anders as `n geestelike materiële konflik nie. Al hierdie geestelike potensies is des te boser, namate hulle laer lê en hoe hoër hulle hulleself bo die planete bevind, des te vreedsamer en bestendiger is hulle. Die totale wese van die aardliggaam met die omringende lug om haar is niks anders as `n rangskikking van die geeste, wat hulleself in hierdie planeet gevestig het om met die reeds bekende 'terugweg' te begin.

Wat vul dan die groot ruimte tussen die son en die planete? Die natuurondersoekers veronderstel hier `n uiters ligte en meegaande eter. Wat sou die fisici egter sê as hulle duidelik moes uitlê wat hierdie eter eintlik is? Die eter is nie deur `n mikroskoop te sien nie en ook die baie verdigte lug is deur geen enkele mikroskoop waarneembaar nie.

Die eter is ook so `n geestelike wese, wat in verhouding positief tot die planete, maar negatief tot die son is.

Die eter word gevorm deur uiters suiwer, vreedsame en verdraagsame geeste: Want as hulle dit nie was nie, hoe moeilik sou die hemelliggame dit dan nie gehad het op hulle weg om die son nie! Omdat hierdie etergeeste egter uiters suiwer en akkommoderend is, vorm hulle op geen enkele manier `n belemmering nie. Dit sal nie moeilik wees om die lig van die son en die voortplanting daarvan te verklaar nie. Ons moet egter eers die aandag vir etlike oomblikke bestee aan die son self en onsself afvra: Hoe lyk dit daar en wat gebeur daar?

Dat die son `n baie sterk stralende hemelliggaam is, hoef nie van naderby uitgelê te word nie. Hoe word sy egter so sterk verligtend? En hoe lyk sy daar, vanaf haar oppervlakte, tot by haar middelpunt?

Wat eerste by die sonne opval, is hulle buitengewone grote, waardeur `n son dikwels een, ja meer miljoene maal groter is as een van haar planete. Die son op sigself is `n planeet in `n volkome toestand - alle planete is slegs satelliete van hierdie groot en volmaakte hemelliggaam. Die buitengewone lig van so `n volkome son spruit voort uit die geestelike liefdesvreugde van die geeste wat hierdie planeet omgewe.

Is hierdie geeste reeds volmaakte geeste? Hierdie vraag moet volgens sewe verskillende aspekte beantwoord word, want daar is sewe verskillende soorte geeste in die son, wat gesamentlik die groot lig van die son veroorsaak. As ons die innerlike aard van hierdie geeste van naderby wil leer ken, dan moet ons kyk na die sewe gebooie van die naasteliefde en na die drie, wat aan hierdie sewe ten grondslag lê, waardeur die mens sy verhouding tot God, sy Skepper, kan ken. Daarmee word die volledige siklus van die geestesformasie op `n sonliggaam aangegee. Ook die kleure van die reënboog laat hierdie orde sien. Wat volg hieruit? Niks anders nie as dat die son, in haar innerlike sfeer, die versamelplek van sewe soorte geeste is nie. Daaronder is hulle, wat eerste deur die son ter beproewing op die planete geplaas word en ook diesulkes wat as voltooid teruggekeer het. Die eerstes, wat nog onvolmaak is, vorm die binnenste massa van die sonliggaam, die tweede reeds voleindigde groep vorm die buitenste ligte omhulsel van die sonwese. Dit is hierdie geeste wat die strale van die son deur hulle liefdesvibrasies bewerkstellig.

Hiermee is die voortplanting van die lig verklaar, waarvan al vooraf sprake was by die vorming van die komete. Ook is hiermee die wese verklaar van die vroeër genoemde atoomagtige diertjies wat van die son uitgaan en deur wie die vibrasies van die reeds voltooide geeste - as `n versterkende gawe - aan die onvolkome geeste met hulle die reis van voleinding saam gegee word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205