Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

Hoofstuk 9

 Die Grossglockner (koning van die berge) - `n Evangelie van die berge

Inleiding

Dit sê die Heer: “Wie My navolg, moet My heeltemal in alles navolg! Skep geen genoeë daarin om deur diep dale, slote en ravyne te wandel nie, maar volg My liewer op die berge en hoë vlaktes! Daar sal julle `n bergrede, of `n verheerliking, of `n versadiging met brood, of `n oorwinning oor die sterkste versoekings en vir julle nog baie onvoorstelbare dinge meemaak. Neem ook kinders saam en julle sal die seën van die berge duidelik aan hulle opmerk. 

Wie nie sterk is nie, moet nie bang wees om die geseënde berge te bestyg nie, want om sy kruin is die asemtog van die lewensgeeste te voel. Voorwaar, op die berge en hoogtes sweef salige skares en hulle versier dit met goue blomme van die ewige liefde. Op die berge heers eendrag, sowel onder die plante, as onder die diere en daar is dit ook dikwels onder die mense te vind. Gaan net in tyd terug na ons eerste voorvaders op aarde, hulle het hoog in die berge gewoon. Vanaf die hemel oprysende Sinai het Ek Moses die heilige tafels gegee, waarop die wette gegee was vir die mense in die dale; hulle moes dit nakom om die ewige lewe te verwerf. Ek hoef nie nog meer oor die heilige berge te sê nie, ook nie dat hulle die skole is vir die sieners en vir die verkondigers van die ewige woord uit My nie. Gaan maar meer gereeld die berge op en bly dan enige tyd daar, dan sal jy die volheid van die seën van die ewige liefde van die heilige Vader daar ervaar!   

Wie dit wil, die moet My volg, sy Heer en Vader en dan sal hy al gou ervaar, waarom Ek die bergrede vanaf die berg tot die volk gespreek het. Amen. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205