Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

2. Betekenis en ontstaan van yster.

Sonder yster sou julle in natuurlike en ook dikwels in geestelike opsig die armste skepsele op aarde gewees het. Maar deur middel van hierdie metaal kan `n mens tallose bruikbare instrumente en werktuie maak. Daarom sal ons `n blik werp op haar ontstaan.

Julle weet goed, uit die beskrywing in My groot 'Huishouding”, van die opkom en terugloop van die see; tydens die periodes wat die seewater haar bo-op die land bevind versamel dit metaal deur die sout in die water - maar veral deur die inwerking van die sterre - in die binneste van die aarde en wel in spesiaal daarvoor bestemde are. Die opeenhoping is so goed bereken, dat 14 000 jaar nie in staat is om die metaal heeltemal te verbruik nie. Maar hier moet nog `n belangrike vraag gestel word: “Is hierdie deur see en sterre gevormde yster ook al dadelik bruikbaar, sodat `n mens dit kan bewerk en gereedskap daaruit kan maak?" Nee, eers is dit nog soos `n onryp vrug wat wel eienskappe besit om ryp en vir die gebruik geskik te word, maar wat in `n onryp toestand nóg die een nóg die ander is.

Hoe word die yster dus ryp? Reën en sonskyn is `n hoofvoorwaarde vir elke kultuur, dus ook vir die van die yster. As die reën egter ononderbroke deurgaan, sou hy na `n lang tyd ook die metaal uit die berge verteer. Sodat alles kan floreer, moet `n goeie orde oral heers. Wie is egter op `n hemelliggaam aangestel om alles so te orden? Kyk na ons ‘Grossglockner’, hoe hy hoog tot in die gebied van die wolke opwaarts strek en omring is deur duisende rotspunte en klippe. Hierdie koning van die berge het `n baie groot werkingsveld om die elektrisiteit en die magnetiese fluïdum (gasse) in te suig en is `n ongelooflike groot opeenhoping en voorraadkamer hiervan. As hy dan deur sy verreikende werking langs die beskrewe weë, by name deur die bevloeiing werk, dan voorsien hy ook al die water en veral die reën van `n voldoende hoeveelheid elektrisiteit en magnetiese fluïdum. Hierdie twee polariteite is egter in natuurlike opsig die vernaamste voorwaarde vir die floreer, groei en ryp word van die plante- en mineralewêreld en deur beide hierdie indirek ook vir die diere. 

Omdat die ‘Grossglockner’ so `n geweldige versamelplek van hierdie polariteite is, kan daarop gewys word dat die erts van die ondergeskikte berge ook sy ontstaan te danke het aan die gletsers. Want die gletsers is die reëlaars van die temperatuur van alle landerye wat onder hulle lê. So gebeur dit dat hierdie hoë sneeu- en ysberge sy seëninge meestal via sy kinders oor die aardbodem uitstuur. En so gaan daar selfs van een betekenislose ysspits van die ‘Grossglockner’ dikwels `n baie groter werking oor die landerye uit as van die diepte onder haar top.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205