Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

9. Hoe die bestyging van `n berg die gees opwek.

Om hierdie religieuse deel beter te begryp, sal dit noodsaaklik wees om jou ietwat vertroud te maak met die vorm van sulke berge. Vir hierdie doel is dit nuttig om self berge te bestyg, of ten minste goeie afbeeldinge noukeurig te bestudeer. Want daardeur word die gevoel opgewek en die siel gaan, by die sien van sulke berge, haarself afvra of en hoe daar weë na bo moontlik sou wees. Dat `n mens by die bestyg van die berg graag die hoogste top wil bereik, getuig van hierdie drang.

Wat kan dan die oorsaak van hierdie drang wees?

Glo jy dat dit maar net die vreugde is om die vergesigte te bewonder, of die wens na die inaseming van suiwer lug? Wie dit aanneem, weet minder as die halwe waarheid. Hy sal ten slotte merk dat dit nie net die rede kan wees nie, waardeur mense deur die hoë bergtoppe aangetrek word. Die vernaamste oorsaak bestaan in die ontwaking van die gees by sulke geleenthede. Hoe dan so?

Gelyke dinge trek mekaar aan. Die gees trek die gees aan, soos die materie die materie en die vlees die vlees. As `n mens `n berg wil bestyg, dan gaan `n wilsimpuls deur hierdie voorneme boontoe in die hoë geestessfere in. Daardeur word die geeste op die hoogte gestel van so `n voorneme, dat die mens sy sfeer wil nader. Nou word `n impuls weldra deur die geeste teruggestuur. Die gees, wat nog swak in die mens is en slaap, word deur die geeste op hierdie manier geestelik-magneties gewek, weliswaar nie blywend nie, maar slegs vir korter of langer tye.   

As `n mens dan sulke hoogtes werklik bestyg het, verheug sy gees hom dat hy homself onder sy gelykes bevind. Waar die vrye geeste egter die insig het dat so `n onryp gees nog nie kan bly nie, verbreek hulle dan weer die kontak met hom. Dan sink die gees terug in sy slaap en die liggaam begin op sulke hoogtes onbehaaglik te voel, en hy gaan spoedig weer na benede, na die omgewing wat met hom ooreenstem.

Kyk, dit is eintlik die rede waarom die mens, as hy nie te wêreldsgesind is nie, deur die berge en sy hoë toppe aangetrek word! Maar by heeltemal natuurlike mense is dit nie die geval nie. Of hy het glad geen gevoel daarvoor nie, dit wil sê, sy gees is dermate so swak en siek, dat hy nie meer in staat is om kontak op te neem nie; of as sulke mense dan tog hoë berge bestyg, doen hulle dit uit winsbejag of pralery. Sulke bergbestygers word dan dikwels deur die vredesgeeste bestraf, omdat sy inspanning daarop gerig was om roem te behaal. 

Maar so gaan dit nie met diegene wat die berge uit hoëre gevoelens bestyg nie. So `n mens sal altyd weer geseënd en versterk terugkeer en wel so, dat sy gees blywend gewek is, en daardeur tot `n siener of profeet word. Dit is die rede waarom ek julle altyd aangeraai het om die berge op te gaan, omdat elke, ook maar bygaande opwekking, vir die gees `n versterking beteken.

As `n redelike mens sy gees daarom dikwels deur die hoë geeste laat magnetiseer en daarby die geneesmiddel van die liefde gebruik, dan sal hy weldra in die gees wedergebore word. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205