Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

11. Die versterking van die gemoed in die bergwêreld,

Wat kan jy nog verder leer van die berge? Elke onbevange mens wat die berge bestyg kan in sy gevoel baie duidelik hierdie woorde hoor: ,”Kyk na ons, jy, pelgrim op aarde, hoe vry en onafhanklik ons vanaf ons hoë top in die wye verte die skeppings van God aanskou! Vrye lug waai om ons voorhoof en die strale van die son word sag op ons hoë rûe gebreek. Daarom is jy, wandelaar, volkome tuis op ons hoogtes!" 

Wie die hoë bergweiding betree, ervaar dat sy oë `n wye gesigskring kry en dat ook sy gemoed `n baie wye gevoelskring kry. Daardeur verenig sy gedagtes en sy gevoel. En wie miskien nog nooit met sy hart gedink het nie, voel nou vir die eerste keer hoeveel verder sy gedagtes kan uitstrek oor die horison van die verstand. Hier leer die onbevange wandelaar wat dit beteken om vry te wees in die hoogte van sy gedagtes en in die diepte van sy gevoel en hoe salig die gedagte aan God dan is, as die wandelaar Hom in die groot tempel van die oneindigheid vry kan beken en liefhê. 

Dit is van nog baie groter nut vir die gees, omdat hy hier versterk word vanuit sy oorspronklike vaderland. En nog `n ander troos ontvang hy daar. Vra dit maar aan die berge en weldra sal hy jou spoedig laat voel: Wat jou binneste jou - weliswaar nog ietwat onduidelik - sê, is die volle waarheid. Want hier is jy werklik tuis en wel in die kring van jou baie voorouers, wat al lankal in hierdie geestelike omgewing salig is! 

Kyk, dit vertel die berge jou, wel nie in woorde wat vir elkeen duidelik verstaanbaar is nie, maar des te meer met `n influistering wat waarneembaar is in die gevoel van die siel en hierdeur ook in die liefde van die gees. Jy kan dit sekerlik glo dat sulke gevoelens nie net werkinge van die berge is nie, maar dit stam van die salige geeste, wat die hoogtes omgewe en wat vooruit gegaan het om vir julle `n blywende woonplek te berei.

Wat hier vertel word, geld byna vir elke berg. Ook op minder hoë heuwels kan dergelike gevoelens na jou toe kom. Dit kom egter eers tot lewe waar die byl van die houtkapper niks meer te doen het nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205