Geheime van die Natuur
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45.

Hoofstuk 4

 Die ontstaan van die warrelwinde

Die materie is niks anders as `n skool in verdeemoediging van die hoogmoedige geeste nie. Die water is in sy suiwere bestandele `n genadevloed uit My erbarmende Liefde. Die lig van die son is, wat betref die gee van lig, afkomstig uit My genade, en die warmte kom voort uit My Liefde*. Daarom is ook die diertjies, wat uit die lig ontspring** niks anders as die draers van My liefde en genade nie, wat vanaf My hoogte tot die materiële diepte van die aarde neerdaal. Hulle is niks anders as tallose, tot lewe bringende liefdedeeltjies, wat uit My stroom, om weer op hierdie manier, die dooie geeste tot lewe te bring.

*(Hierdie begin is die sleutel tot die begryp van die diepe betekenis van die geweldige natuurgebeurtenisse, waarin die mens meen om slegs katastrofes en vernietiging te sien. Lorber daarenteen skilder hierdie gebeurtenisse as `n geestelike verlossingsproses van ontsaglike dinamiek.)

**(Ligatome en ligmonades)

Soms gebeur dit, veral in die streke waar baie water is, (hoe meer water, des te meer genade) dat Ek in `n deel daarvan `n groot rypheid van die verdeemoedigde materie ontdek. Dan laat Ek `n breë stroom van lewe uit My daarheen vloei. Dit bemerk die vrye, goeie watergeeste en ondervind dan `n groot vreugde, wat hulle gemeenskaplike lewe deurstroom. Dan maak hulle hulleself vry van hulle gemeenskap en speel `n vrolike spel met die water, waardeur hulle die wye omtrek in `n rustelose opspringende beweging bring.

Hoe meer die lewenstroom egter van bo nader, des te hoër dra hulle die golwe vrolik opwaarts. Soos selfs by die mens groot vreugde kenbaar gemaak word deur `n sirkelende beweging, so verenig ook die watergeeste en neem die water saam in `n vinnige golwende beweging. En as hulle dan waarneem, dat die lewe van opwaarts uit My in sigbare wolkegestaltes, die verlossende arm ver uitgestrek het, dan word die rondgaande beweging van die vrolike geeste dubbel so vinnig en hulle vehef hulle bo die waterspieël tot by die verlossende arm van My erbarming. 

Miljarde geeste in die wye omtrek bemerk dan so `n beweging en hulle stroom van alle streke onderwater na so `n sentrum toe. Tegelykertyd kom daar ook deelnemers van die droë land. Die natuurgeeste maak dan dikwels in `n kort tydjie myle ver reise. En in sy roes ontsien hy niks wat hy teenkom nie, geen bome, geen huise, mense of diere nie. Alles word, sonder inagneming, in hulle vrolike raserny saamgeneem. By hierdie verskynsels bokant die vasteland kan `n mens twee soorte onderskei: Daar is diegene wat meer beskeie is in hulle ywer.

Hulle laat die warrelwinde of orkane ontstaan. Maar die ander is ontembaar in hulle vreugde, hulle ontbrand dan in hulle ywer en uiter hulleself dan as sogenaamde vuurwerwels of vurige orkane. As hierdie werwels hulle nou, met alles wat hulle op hulle weg teengekom het, verenig het, dan vind daar oor `n wye omtrek `n groot bevryding van die materie, deur die ongelooflike vinnige ronddraaiing, plaas. Of dit nou sand, klippe, diere, gereedskap en soortgelyk is, alles word na die plek waar die groot verlossing plaasvind, tot `n berg saamgebring. `n Mens moet egter nie dink, dat die sigbare materie soos sterre, aarde, plante, bome en soortgelyk die geeste self is nie. Dit alles is maar `n gevangenis vir hulle, wat die draad van die lewe uit My afsny. En slegs so ver as My wil reik, word `n klein poortjie vir hulle geopen, om hulleself langsamerhand van die dood te ontworstel deur `n vrye-wil-intelligensie wat in elke gees woon. Die materie op sigself is niks anders as My toorn wat deur barmhartige liefde getemper is nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205