Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die geboorte van Kain en Abel

11 En kyk, toe verdwyn die Liefde voor die oë van die wat geskep is en het teruggekeer na die heilige Skoot van die Vader.

[2] En sien jy nou, My baie lui en slegte kneg, wat by dit alles ook nog hardhorend is; Ek moet dan vir jou elke woord afsonderlik soos `n graad een kind, in die pen dikteer en nogtans verstaan jy My nie en vra jy My dikwels twee-, drie-, vyf-, soms tot tien maal en getrou herhaal Ek altyd elke woord vir jou! Daarom moet jy meer oplettend wees, sodat dit vinniger kan gaan as tot nou toe; want die wêreld benodig binnekort hierdie voltooide werk van My groot Barmhartigheid! Laat dit aan jou gesê wees van My af, jou heilige Vader wat geheel en al Liefde in Sy volle Wese is!

[3] En skryf nou verder! - En nou was die nuut geskape paartjie alleen op die wye aarde en die beloofde Engel met die vlammende Swaard in Sy regterhand het verskyn; en toe hulle Hom sien, het hulle groot geskrik, sodat hulle voor Sy oë uitgevlug het en tot in hulle ingewande van vrees gebewe het.

[4] Die vrees het die tyd van Eva bespoedig en in pyn het sy die verbode vrug afgelê wat die slang met die blindheid van Adam in haar geplaas het.

[5] En Adam het na die naakte vrug gekyk en opgemerk dat die vrug soortgelyk aan homself was en verheug homself daaroor en Eva het die vreugde van Adam waargeneem en het toe vol begeerte die vrug van haar liefde aan haar bors gedruk.

[6] En sien, toe kry sy het `n soortgelyke steek in haar bors, nes die steek van die slang en lê toe in groot angs die vrug op die aarde neer, vas oortuig dat sy weer oortree het.

[7] Maar sien, toe verskyn die groot Engel met Sy sagte Aangesig voor die angsvolle en vreesbevange paartjie en sê toe met `n vaste stem vir hulle:

[8] “Moet nie angstig en bang word vir die kneg van JaHWeH wat vir julle van bo gestuur is, om die aarde aan julle te toon en om julle in te lig oor die dwalinge van die wêreld nie - en ook om julle en julle nageslag te tugtig as julle ooit van die weë van die ewige Liefde en van die oneindige gewydheid van God afwyk.

[9] Sien, hierdie vrug is nie meer vir julle `n oortreding nie; maar dit is net die gevolg van die drievoudige ongehoorsaamheid teenoor God en is die dood van julle vlees, wat julle in julle vlees verwek het, deur julle begeerte en selfsugtigheid. Julle mag hierdie vrug nie van julle af weggooi nie, maar hou dit volgens die wil van bo, as getuienis oor julleself en julle nederigheid, sodat julle met tyd kan ervaar hoe die oortreding deur julle en deur die oortreding, ook die dood in die wêreld gebring het; maar die vrug self, moet julle "Kain", of "bringer van die dood" noem!”

[10] Toe het die paartjie deur die boodskap van die Bode van bo, rustig in hulle angstige gemoedere geword en Eva tel die vrug, wat op die aarde gelê het, met bewende hande op en gee op aandrang van Adam, deur die Engel ingegee, die volle bors aan die suigeling, om daaruit die lewe van die aarde te suig.

[11] En die Engel gaan staan aan die linkerkant van Adam en Eva, met die vrug op die regterarm, gaan staan aan die regterkant van Adam, sodat haar hart vry van enige las was en dat sy voortaan toegewy sal wees aan die mens op al sy weë en paaie.

[12] So het hulle as voorbeeld, oor die hele aarde gewandel, om al die plekke te besigtig en om woonplekke op te rig vir hulle toekomstige nageslag en om die brood te saai, deur die Mag en Krag wat aan hulle verleen was vanaf die Liefde, deur die groot Barmhartigheid van die erbarming.

[13] Die aarde en alles wat daarop was, was onderdanig aan die wil van Adam. Die see en al die waters was getrou gehoorsaam, aan selfs die kleinste wenk van Adam en was onderdanig aan hom, vanaf die oppervlakte tot op die diepste bodem en die see het met eerbied, sy rug vir die voet van sy meester aangebied, om na willekeur daarop te wandel en al die winde was onderdanig aan hom en alle diere van die waters, die vaste land en die lug was gehoorsaam aan sy stem.

[14] Adam was verbaas oor sy innerlike Krag. Hy het gesien en herken, waarom die ewige Liefde hom sulke groot kragte verleen het en was uitermate vrolik oor die Barmhartigheid van Bo en sê toe vir Eva:

[15] “Eva my vrou, kyk, die Heer van Mag en Krag het ons geseën; laat ons vir Hom ons harte aanbied, sodat Sy seën op aarde sal gedy, volgens Sy groot belofte, sodat deur jou die nuwe inwoner van hierdie plek die Lig van Barmhartigheid sal kan waarneem!”

[16] En Eva, vol deemoed en innerlike vreugde, sê toe: “Adam, kyk na jou dienares aan jou voete, wat wag vir die teken van haar meester op aarde en daar sal met my gebeur volgens jou wil. Neem my skuldige hart en bied dit aan vir die Heer!”

[17] En Adam het in volle oorgawe tot JaHWeH met Eva gedoen soos wat JaHWeH hom beveel het.

[18] En kyk, die seën het by Eva sigbaar geword en Adam was baie bly daaroor en ook Eva het in haarself `n groot vreugde ondervind. Luister wat die Engel van JaHWeH vir die vrolike paartjie gesê het en sy woorde was goed gepas. Soos woorde vanuit die Hoogtes en soos woorde vanuit die dieptes en dit was die ewige Liefde Self, wat deur die mond van die Engel gepraat het en die woorde uit die mond van die Engel was as volg:

[19] “Adam! Jy het nou baie geleer gedurende jou ver reise op die aarde. Die vastelande en die waters het jy gesien en ook dit wat groei en beweeg en wat daarop en daarin is en jy het van die groot mammoet af gesien tot al die diere verder ondertoe, tot by die kleinste van die kruipende wurmpies en jy het die sterk haai gesien en al die diere van die waters tot by die inwoners van `n druppel en jy het ook al die voëls van die lug gesien, vanaf die reusagtige arend tot by die kleinste vlindertjie en van daar tot by die kleinste muggie en jy het al hulle kragte, hulle nut en geskiktheid getoets en jy het ook daaruit herken hoe die ewige Liefde in oorvloed vir jou gesorg het en deur jou ook vir Eva.

[20] Jy het met die berge gepraat en hulle het jou geantwoord; en jy vra die see en dit het jou geantwoord; en jy rig jou stem na die diepte van die aarde en die antwoord het nie agterweë gebly nie en jy rig die toon van jou stem tot al die bome, struike, kruie en aan al die gras en hulle het vir jou hulle name genoem en het met eerbied hulle geskiktheid aan jou verduidelik en daaruit hulle willekeurige nuttigheid aan julle; en so ook het al die diere, met wie jy met die stem van jou bors gepraat het, elkeen volgens sy soort `n hoorbare en volledige antwoord vir jou gegee en vir jou aangedui hoe hulle vir jou diens bestem is en blindelings onderdanig aan jou wil sal wees; en die winde het jou geleer hoe om hulle volgens jou wil te gebruik; en dit alles het Eva ook gesien, gehoor en gewaar.

[21] Kyk nou Adam, en ook jy Eva, dit is nie alles soos die lewe en Eva, wat deur die ewige Liefde aan jou gegee is nie, maar Haar groot Barmhartigheid het dit aan jou as geskenk gegee en jy sal dit alles net so lank behou as wat jy dit binne die wil van die heilige Vader, wys sal gebruik. Maar dit sal een na die ander uit die gebied van jou groot mag verwyder word, wanneer jy jou gemoed nie heeltyd suiwer voor die Aangesig van JaHWeH sal hou nie. Daarom wees wys, soos die groot, baie goeie en allergewyde Vader oor die hele skepping daarbo en daaronder in die diepte, oor die hele skepping wat daar is!

[22] En soos jy dit is, moet wees en voortaan ook moet bly volgens die Wil van die heilige Vader en so ook volgens jou eie wil, so moet ook al jou nasate wees en so moet die nakomelinge van Eva wees, soos wat sy voor en onder jou oë is.

[23] Maar wanneer iemand nie is soos wat jy nou daar is, moet wees en voortaan moet bly nie, dan sal hy wel die gawe vir `n sekere tyd behou, maar die geskenk van die Barmhartigheid sal van hom af weggeneem word, sodra hy nie meer is soos wat jy nou daar is, sal wees en voortaan moet bly nie. Ook die nakomelinge van Eva, sal hulle verhef bo hulle hoofde en sal tot in murg en been ontrou word en sal agter die honde aanhardloop en sal eet van die uitwerpsels van die slang en haar kinders soog met die borste van adders en jou nasate sal deur hulle vergiftig word en sal liggaamlik en geestelik `n dood in skande en kwellende smart sterf.

[24] En nou kyk jy Adam, en luister jy Eva! Julle is nou nog in die Paradys, daar waar die ewige Liefde julle geplaas het voor en na julle oortreding en voor en na die vernietiging; maar wanneer julle gaan vergeet om die Wette van die Liefde en die Gebooie van Wysheid van die heilige Vader getrou na te kom, dan sal julle uit hierdie mooi tuin verdryf word deur hierdie vlammende Swaard en sal nooit weer vir die volle tydperk van julle liggaamlike lewe kan terugkeer nie en tot die tyd van belofte ook nie een van al julle nasate nie – en eers na die tyd van belofte sal die kinders van die verlossing en die daaruit voortkomende nuwe skepping deur die ewige Liefde binnegelaat word.

[25] Onthou dit baie goed, Adam, en dink jy ook daaroor na, Eva! Die vrug wat uit jou sal voortgaan Eva, daardie lewendige vrug moet jy Adam, Abel noem en jy moet hom vir ewig aan die Heer van Glansrykheid aanbied, want sy naam beteken "seun van seën" en hy moet as die eerste voorloper wees van Hom wat eendag in die groot tye van die tye in volmaaktheid van Bo sal kom uit die skoot van Mag en Krag van die gewydheid van God.

[26] En nou, nadat ek julle gelei, alles gewys en gesê het volgens die volkome Wil van die ewige Liefde, is my sending van die ewige Liefde in die Vader van alle gewydheid en goedheid voltooi en ek moet julle sigbaar verlaat, maar onsigbaar sal ek julle tree vir tree volg en elkeen van julle treë volgens die onveranderbare wil van JaHWeH tel.

[27] En julle sal my altyd weer sien, elke keer wanneer julle aan JaHWeH van Glansrykheid julle harte in alle nederigheid sal aanbied; en ek sal julle aanbieding in `n houer plaas en sal dit boontoe dra tot voor God en sal dit uitgooi voor die Aangesig van die Seun en dan sal die groot, heilige Vader welgevalle aan julle werke vind.

[28] Maar julle sal ook vir my te sien kry, wanneer julle sou afwyk van die Wet van Liefde en van die Gebooie van die heilige Vader, soos julle my nog nie gesien het nie, met die vlammende Swaard in my regterhand, om julle te verdryf uit die tuin en om van jou, Adam, weg te neem, `n groot deel van die geskenke van die ewige Liefde, uit Haar groot Barmhartigheid en om jou swak en angstig te laat vir die geringste geluid van die gras.”

[29] En nou sien jy, blinde skrywer, van hierdie nuwe Lewende Woord van My, in jou soos ook in julle almal en beskou nou vir Adam soos hy in die Paradys was, `n volmaakte mens tot op een, met watter vaardighede hy van My toegerus was, volkome `n meester van die aarde; en al hierdie volmaaktheid van hom was net `n geskenk van My en hy het dit behou tot op die tyd toe hy My `n een en enkele keer vergeet het, nadat die Engel onsigbaar geword het voor sy oë.

[30] Dit alles wat Adam as geskenk besit het, wil Ek aan julle gee, as blywende gawe en nog baie ander dinge sonder getal en oneindig groter dinge wat Ek self is en alles wat Myne is, moet ook julle s`n wees, indien julle My liefhet en verder niks as net liefhet nie!

[31] Maar waar is julle liefde waarvoor Ek so duur betaal het en wat Ek vir ewig My eie wil noem?! O, dit is maar yl gesaai op hierdie aarde! Sy is dan so lig en sag en julle wil Haar nie hê nie en soek Haar ook nie, waar Sy vir julle wag en julle versmaai die groot belofte in Haar!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205