Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 110

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die wonderlike mag van Asmahael

110 Na hierdie woorde klim Asmahael van die dier af en sê aan hom: "Hahara, verwyder jou; want jou diens is ten einde en jy daarmee saam!" (Dit was die betekenis van die vreemde woord.) En die dier verdwyn binne `n oomblik!

[2] Alle vaders was ontsteld daaroor; selfs Henog was nie onverskillig daaroor nie en Abedam het nie geweet of hy wakker is of droom nie, omdat hy die dier nie gesien wegspring het nie, maar suiwer uit die sig verdwyn.

[3] Asmahael tree nou egter tersyde en laat dit aan die vaders oor om rustig daaroor na te dink - in die besonder die wat nog nie geweet het wie eintlik agter Asmahael verborge was nie.

[4] Terstond trek Jared vir Henog aan Sy mou en sê saggies aan hom: "Henog, wat dink jy nou daarvan? Waarheen het die dier gegaan?

[5] Op die grond is hy nie, langsaan ook nie en ook nie in die lug nie! Hy was vinniger as in `n oomblik van ons oë onttrek en het ook nie maar die geringste spoor van Sy bestaan agtergelaat nie, - en dit alles deur `n woord uit Asmahael se mond!

[6] Nee, beste seun, wie dit hier ook maar enigsins begryp, die, - ja gewis en driemaal waar! - die weet meer as ek en jy!

[7] Sien, as jou seun Methusalag en sy nouliks iets meer as veertig jaar oue seun, Lameg, so-iets ook sou gesien het, dan sou dit Methusalag sekerlik uit Sy onverskilligheid gewek en Lameg se te groot lewendigheid getemper het!

[8] Ek wou hulle nog saamgeneem het! Weliswaar het ek nie geweet hoe Adam daarteenoor gestaan het nie; ook sou jou vrou haar innemende helper moes verbeur het, omdat jy tog al by Adam verlang word en daardeur ons gemeenskaplike woning nie kon beheer nie.

[9] Lameg sou wel wou saamgekom het; maar vader Adam wou nie, vanweë Sy voortdurende onrustigheid en allerlei onnosel geklets, wat vir my origens gladnie so sinloos voorkom nie.

[10] Kortom, - ek bedoel, dit sou goed gewees het as hulle nou ook hier teenwoordig kon gewees het!

[11] Ja, dit is iets! Ek weet gladnie wat met my gebeur het nie; ook praat ek nou, soos wat dit vir my voorkom, alles deurmekaar!

[12] Wat dink jy, sal dit korrek wees, as ek die twee heimlik opdra om ons by middernag tegemoet te kom?

[13] O, miskien moet ek hulle eerder hierheen laat kom met die een of andere verfrissing vir Adam! O Henog, dit kom nou alles so vreemd vir my voor! Ek smeek jou, sê tog iets om my gerus te stel! Amen."

[14] Henog liefkoos ondertussen Sy vader en sê: "My liewe vader, hoe `n goeie hart het jy tog nie! Glo my, so `n hart laat die grote, heilige Vader nooit lank verhonger nie; en dit kom vir my voor asof Hy reeds vir ons `n vreugde voorberei het!

[15] Sien, daar waar die weg na middernag verder gaan, snel ons twee kinders reeds na ons toe en kyk, kyk, Asmahael gaan hulle alleen opgewek tegemoet!

[16] O vader Jared, nou is alles verwesenlik; my liefde tot God en tot jou het buite haar perke getree en laat my daarom nou die Heer liefhê en laat my mond voor Hom en voor jou swyg! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205