Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 116

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Asmahael se woorde oor God se mag in die mens

116 Dit was teveel vir alle vaders, en hulle het geen raad geweet nie en het nie geweet wat hulle moes doen nie. Diegene wat geweet het Wie daar agter Asmahael geskuil het, was vol lof, dank, prys, ware liefde en met `n gebed van hoogste agting in hulle hart; van diegene wat dit tot nou toe nog nie geweet het nie, gaan nou op `n drastiese wyse die oë open en hulle het nie geweet wat hulle moes doen nie. Moes hulle uit louter eerbied vergaan, moes hulle bid of op hulle oë vertrou, moes hulle die saak as moontlik beskou of betwyfel het? Moes hulle dit aan die vaders vra of aan Asmahael Self: "Wie is U, dat U oor so `n magtige woord beskik en vanuit Uself spreek wat daar moet gebeur, - en as U dit uitgespreek het, die daad ook reeds volbring is?"

[2] Wat moes hulle doen? - En toe hulle aldus oordak het, was hulle almal deur `n heimlike vrees gegryp; want die tweede voorbeeld van so `n skielike, in die niet doen, het in hulle baie sonderlinge gedagtes opgeroep.

[3] Maar toe die vrugtelose wik en weeg `n tyd lank voortgeduur het, - tree Asmahael te midde van hulle wat nog nie geweet het wat hulle aan Asmahael gehad het nie en sê die volgende: "Luister, julle met julle wanordelike bespiegelinge oor My, wat het julle gedink?

[4] Het Adam, Set en Henog julle nie dikwels genoeg deur kragtige woorde getoon wat die mens in Naam van God alles kan teweegbring nie?! Maar julle, altyd geestelik doof en blind, kon nie bemerk wat hulle wou sê nie en welke krag elke mens in die Naam van die enige God JaHWeH ten deel kan val wanneer hy sonder twyfel handel en onwankelbaar is in die liefde en daardeur vol van vertroue nie.

[5] In plaas daarvan dat julle julle aandag daarop rig, vra julle aan mekaar: "Wie is die Asmahael en wat is daar met hom aan die gang, dat hy so-iets kan bewerkstellig?"

[6] O julle blindes en dowes! Waarom was dan aan julle `n geestelik en `n liggaamlike gehoor en gesigsvermoë gegee? Miskien om maar net na die gras en andere voorwerpe op aarde en in die uitspansel te kyk?! En die gehoor, om maar net die gesang van die voëls en ander gezoem, gebrul, lawaai uit alle gebiede van die wêreld te kan hoor? Of word dit alles nie eerder aan julle gegee, sodat julle dit altyd na binne sou rig nie, dit wil sê, dat julle altyd eers moet opmerk wat daar in julle aangaan, en dit wat julle buite julle sien en hoort in julleself moet terugvoer tot by die wortel van alle bestaan?!

[7] Lê die fondament van alle dinge nie lewend in julleself nie?! Indien iemand `n ding tot in die grond, of tot aan die hoofwortel genader het, omvat dan die ding met die deur liefde en geloof op God steunende krag, wat se hindernis moet homself dan nog voordoen, dat iets nie so sou gebeur, netsoos die opregte mens by homself in sy innerlik die gedagte en in God wou laat gebeur het nie?!

[8] Wie is egter daar wat in staat is om iets te volbring? Wanneer hy ewenwel daartoe in staat is, dan kan hy dit maar net deur God doen; want buite en sonder God is geen daad moontlik nie!

[9] Doen dit dan en vra nie vooraf wie en wat Asmahael is nie, dan sal julle Asmahael, elkeen vir homself en vir almal, in julleself vind, omdat julle weet waarvoor Asmahael ooreenkomstig staan! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205