Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 119

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Jared se sorg oor die onthaal van Asmahael

119 Nadat Set hierdie woorde verneem het, begin hy dadelik in homself keer om homself daardeur hoe langer hoe meer te leer ken. En alles wat hy tydens die selfgesprek teëkom was `n stille dank in Sy hart, wat hy egter nie hardop uiter nie, wel wetende dat Ek ook die stille hart kan beluister en nie die minste beweging daarvan aan My onbekend bly nie.

[2] Etlike ander wil ook nog oor alle moontlike sake begin vrae vra; maar Adam staan dadelik op en sê: "Kinders, luister in die Naam van JaHWeH: Wie nog iets op Sy hart het, moet dit vir Homself hou en neem dit stilswyend saam na sy huis; want op die regte oomblik sal iedereen van bo `n helder lig vir die onverligte kamertjies van Sy hart ontvang! Maar dink nou daaraan dat ons nog nie in die middernag is nie en nog veel minder tuis, - vandaar dat dit nou vir ons almal noodsaaklik is dat ons onsself weer in die aangegewe nuwe opstelling op weg begewe om die groot aantal midder­nagtelike kinders aan die Sabbat van more te herinner en hulle ook uit te nooi vir die belangrikste, lewende fees van hierdie heilige dag, wat God Self tot `n rusdag gemaak het en dit gestel het as `n gedenkdag, sodat ons onsself sal herinner dat die Heer, ons groot, heilige God JaHWeH, ons aller Skepper, Bewaarder, Leier en meeste liefdevolle Vader is en bomate vol medelye is en ons barmhartig gesind is!

[3] Dus laat ons, netsoos reeds gesê, nou almal opstaan in die Naam van Diegene wat in ons midde wandel! Amen."

[4] En almal staan op, verlaat die skaduryke boom en lei in die deur Asmahael bepaalde opstelling hulle skrede na middernag oor `n digbegroeide woudweg.

[5] Op weg daarheen kon Jared, aan die sy van Sy seun Henog, homself nie inhou om hom oor die een en ander te vra nie. Die eerste vraag was veral daarop gerig op wat se manier Asmahael tuis die beste onthaal kon word.

[6] Welke vrugte hy byvoorbeeld die graagste geëet het en wat se brood en welke dranke, - melk alleen of melk met suiwer heuning of sap uit soet bessies gepers; of op welke wyse hy moontlik die graagste sou wou slaap, waarop hy die graagste sou wou lê en hoe vroeg hy byvoorbeeld graag sou wou opstaan.

[7] Al hierdie vrae beantwoord Henog ewenwel baie kort: "Vader, jy is besorg oor niks! Asmahael sal dit nie van ons weerhou wat hy van ons wil hê nie; waarvan jy wel verseker van kan wees is dat ons almal reeds, tot nou toe gereken, meer van Hom ontvang het, as wat ons van ons kant af ooit in staat sal wees om Hom deur alle ewige tye heen ook maar `n sonstoffie groot te vergeld!

[8] Daarom, vader, maak geen vergeefse sorge oor dinge nie; want ons het slegs behoefte aan een ding en dit is die ware liefde tot God, ons aller onuitspreeklike liefdevolle Vader!

[9] Sien, vader! Ek glo verseker dat Asmahael by ons tuis voorlopig hoogs tevrede sal wees met ons kos, - Hy het dit immers reeds in die begin gesê, nog voor Adam Hom `n naam gegee het, wat Hom beweeg het om vanuit die diepte na ons hoogte te kom!

[10] Die getroue vreemdeling (vir ons), God soekende (dit wil sê: ons liefde tot God)! Wanneer dit die betekenis van Sy Naam is, sien, liewe vader, dan is jou sorg oor kos, drank, slaapgeleentheid en onderdak wel uitsonderlik nutteloos! Laat ons daarom iets beter doen en God in ons hart loof en laat ons Hom vol barmhartigheid Sy intrek daar laat neem; want ons hart het meer behoefte aan Asmahael as ons woning! Amen."

[11] En Jared antwoord Henog: "Beste seun, jy het in alles gelyk en ek kan niks daarteen inbring nie; maar jy spreek nou net so oor Asmahael as andersins oor God Self, selfs so baie dat ek nou heeltemal nie meer weet oor wie jy dit nou eintlik het nie, oor God of oor Asmahael. Daarom versoek ek jou: Verklaar jou daaroor tog ietwat van naderby en sê my waarom jy dit doen!

[12] Want sien jy, as jy sê dat ons God liewer in ons harte moet laat intrek, dan is dit wel begryplik; maar as jy dan daarna sê: "Want ons hart het meer behoefte aan Asmahael as ons woning!", Sien, dit is vervolgens onbegryplik! Want wat moet Asmahael dan in ons hart doen, indien hy geen God is nie en begryplikerwyse ook onmoontlik ooit kan wees, omdat hy slegs as mens en wel geheel en al as mens in ons midde voortgaan?!

[13] En al is Sy leer ook groot en alles oortreffend en bomate daadkragtig, tog kan dit ook so klink uit elke mens se mond wat deur God daartoe geroep sou word; as jy wil, kan jy my wel inlig daaromtrent, omdat ek aan jou sy nie op `n dwaalweg wil verkeer, struikel, val en daardeur geheel en al te gronde gaan nie! Amen."

[14] Maar Henog sê vir Jared net dit wat Adam tevore beveel het en Jared word tevrede gestel daarmee.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205