Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die belofte van JaHWeH

12 O, julle kinders van Adam! Hoekom wil julle dan nie eerder My kinders word nie? O, watter moeite en veeleisende werk is dit nie vir julle om met hande wat drup van sweet die deurweekte brood van Adam te verwerf nie, wat boonop nog besoedel is met die venyn van die slang en deurdrenk is met die gif van die adders, sodat julle in julle oordadigheid die dood tydelik en ook daarna vir ewig sal eet!

[2] En My Brood, wat bestryk is met die Heuning van My Liefde en deurdrenk is met die Melk van die ewige Vrye Lewe vanuit Myself en wat julle in die hoogste volheid van oorvloed kan geniet en wat julle nooit skade sal berokken nie, maar julle vir ewig en reeds ook tydelik sal versterk en toerus met alle Mag en Krag uit Myself, indien julle Hom net wil aanneem. - Sien, kort na My allergrootste daad, wat die groot werk van Verlossing vir julle was, was hierdie brood van My nog baie duur en die mense kon dit net as `n klein gawe koop en nie anders, as om hulle bloed en liggaamlike lewe vir My op te offer nie en hierdie brood van My, het vir die koper bitter in die mond gesmaak en was nog nie bestryk met die Heuning van Liefde en deurdrenk met die Melk van die Vrye Lewe nie, ook nie hier op aarde nie, maar die Heuning, asook die Melk, is eers in die ryk van die geeste noukeurig vir die droewige kopers afgeweeg en toegedeel en tog was daar `n groot hoeveelheid kopers!

[3] Maar nou gee Ek dit, met Heuning en Melk daarby, heeltemal verniet aan elkeen wat maar net daarom vra, heeltemal verniet, behalwe vir die baie klein vergoeding in die vorm van julle liefde, en nou word dit bitterlik verag en word die groot, vriendelike, en beslis waaragtige, Allerhoogste, liefdevolste Gewer, wat dit vir julle vervul het, deur julle versmaai!

[4] Onthou dan tog: Die poorte van My hemele het Ek nou wyd laat oopmaak. Wie op enige tydstip wil inkom, die moet kom en moet vinnig kom en moet nou kom, want die tyd van die groot Barmhartigheid het gekom en die nuwe Jerusalem daal af na julle almal op aarde toe, sodat almal wat My liefhet, daar sal kan woon en versadig sal word deur die brood met heuning en melk en om met volle teue die skoon Water van die Lewe te drink wat hulle in oormaat sal skep uit die Ewige Put van Jakob!

[5] Maar hoewel die neerdaling van My groot Stad `n oneindige groot Barmhartigheid vir al My kinders sal wees, so ook sal al die blindes deur die sterk mure platgedruk en al die dowes verpletter word; want Haar grootte sal die hele oppervlakte van die aarde beslaan! En wie Haar nie sien neerdaal nie en nie Haar geluid hoor deur die skoon lug van die aarde nie, sal nie meer `n plek op aarde vind waar hy homself kan verberg en haar swaar gewig ontwyk nie.

[6] Want sien, die gewig van Haar paleise sal die berge vermorsel en hulle gelyk maak met die dale en haar wonings wil Ek oor die poele en moerasse bou; en al die ongediertes wat daarin woon, sal totaal verpletter word deur die fondamente van die woonhuise van die groot Stad van God, van julle heilige Vader in die hemel en op aarde.

[7] En die ware Herder sal Sy skape roep en hulle sal Sy stem hoor en wel herken tot by al die uithoeke van die aarde en hulle sal bymekaar kom en in vreugde wei op die uitgestrekte weivelde van die ewige Liefde van die heilige Vader, wat die groot tuine van die Nuwe Heilige Stad is van die groot Koning van al die volke, wat daar was, is en vir ewig sal wees.

[8] En hierdie tuine sal die Paradys wees wat deur Adam verlore gegaan het, waar Ek as eerste een dit terug gevind het en dit getrou vir hulle as `n ewige woonplek bewaar het.

[9] Om hierdie rede het Ek ook vir julle uitgebreid en tot in die fynste besonderhede My ewige groot Huishouding getoon en het Ek aan julle die skepping van die eerste tot die laaste getoon en het vir julle die eerste mens en sy ontstaan gewys. En Ek wil hom nog verder tot by sy einde vir julle wys en Ek wil vir julle die groot hoer en die verwoeste Babilon wys en julle dan lei na My groot heilige stad om vir julle in Haar vir ewig `n blywende woonplek te gee, indien julle My liefhet, soos wat Ek julle bo alles liefhet!

[10] Kyk na die hemele en kyk na die aarde! Dit sal eendag as stoflike voorwerp vergaan en sal net geestelik voortbestaan; maar elke Woord van My wat aan julle gerig word, sal bly bestaan soos wat dit uit My Mond kom, liggaamlik en geestelik in alle Mag en alle Krag van die gewydheid, vir ewig, ewig, ewig, Amen!

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205