Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 120

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die gesprekke van die patriarge oor Asmahael

120 Maar ook Enos laat Set geen rus nie en vra hom: "Vader Set! Ek het baie goed opgemerk en ook veel gehoor van dit wat jy voorheen met die hoogs merkwaardige jongmens, Asmahael, bespreek het; maar hoe buitengewoon verhewe en bowenal veelseggend Sy woorde ook nog steeds is, tog moet ek erken dat hy menigmaal homself skyn te vergeet en dat hy erg met homself ingenome is, en wel sodanig na `n daad, netsoos byvoorbeeld by die vernietiging van die groot leuen slang, dat hy dadelik begin te praat het asof hy in geheel geen mens sou wees nie, maar openlik God Self. En nou spreek hy steeds vanuit homself en betrek Sy woord slegs baie selde op God; en al betrek hy dit af en toe op God, dan smelt en vloei hy en God so nou saam, dat `n mens ten slotte nie meer kan weet oor wie, of in welke verband daar iets gespreek word nie.

[2] Of daar spreek `n mens namens God en is daarom volledig vervul met God se Gees en alle mag en krag wat daaruit voortvloei, of - anders - voorwaar - ek kan my tenminste niks anders indink nie dat - God en - Asmahael nou regtens een en dieselfde sou moet wees!

[3] Sien, deur dergelike beslis geen onbelangrike sake nie, word ek baie bewoë en word daarom vir hierdie genoemde rede gedwing, om vir jou, vader, met hierdie vrae te laat weet wat my dwars sit en waaraan dit my nou die meeste ontbreek! Gee my `n antwoord oor wat daar met Asmahael aan die gang is, vir soverre jy wil en kan en ook in soverre jy dit vir my nodig en bevorderlik en met die heilige wil van God verenigbaar ag! Amen."

[4] En Set antwoord Sy seun: "Enos, jy het gelyk en jou vraag is ook tereg en daar kan op die hele aarde geen meer geregverdigde vraag wees en ook geen vraag wat dringender sou wees as hierdie nie; ook is daar geen regverdiger mens as iemand wat ernstig na God vra en voor wie se oë God se dade ook nie ongemerk verbygaan nie; maar beter en meer verhewe as dit alles is: Om uit suiwer liefde elke wet in ag te neem wat vanuit God se ewige ordening aan iemand opgelê is!

[5] Sien, wat Asmahael betref, bind `n dergelike wet my tong teenoor jou; wees daarom voorlopig tevrede met hierdie verontskuldiging, maar glo vas dat, nog voordat die son die more weer sal begroet, jy Asmahael van aangesig tot aangesig sal leer ken!

[6] Verheug jou daaroor; want Asmahael is verhewe! Amen."

[7] En so was ook Enos tevrede gestel en, in homself gekeer, swyg hy.

[8] Ook Mahalalel kon geen rus vind nie, maar wend homself tot Kenan en vra aan hom: "Luister vader! Jy weet dat ons tog die een en ander beleef en deurleef het op ons reeds taamlik lange lewenspad; maar kan jy jou wel ooit `n tyd herinner dat daar op die woord van `n mens, sonder enige toedoen met Sy hande, iets oombliklik plaasgevind het?

[9] Nou sal jy miskien aan my sê: "Seun, kyk, nou babbel jy! Het Henog nie juis vandag nog vir ons die tier van Asmahael aan bande gelê nie en het Adam nie deur die aanraking van sy tong woorde aan die bek van die tier ontlok nie?

[10] Of: Sedert wanneer is alle diere nie aan ons onwankelbare wil ondergeskik gewees nie, en al die gras, alle plante, struike en bome, ja, ingeval van nood, selfs die elemente nie?" En daarop sê ek: O vader! Dit is alles wel gewis en seker waar en daar kan teen die een nóg teen die ander ook maar in die geringste iets ingebring word, - maar sonder ons hande of dikwels ook ons voete kon iets nog nooit deur ons bewerkstellig word nie; en as daar dan iets teweeggebring was, dan was daar tog nog altyd ietwat tyd daarvoor nodig, alvorens ons wil, nie selde ondersteun deur ons hande en voete nie, deur die stomme natuur voltrek was. Is dit nie tot op `n sonstoffie waar nie?

[11] Wel nou, hoe is dit nou alles by Asmahael! Wat het daar deur sy woord in `n oomblik van die magtige tier geword en waarheen het Sy woord, vinniger as `n gedagte, die slang heen geslinger, en haar geheel vernietig?

[12] Wie het ooit iets sodanig aan Adam voorgehou dat hy homself daarna volledig volgens die woorde rig? Wie nie smekend na hom toe gekom het nie, kon altyd onverrigter sake weer huiswaarts keer; selfs Henog se woord skyn hom net te geval vanweë die diepgang en tederheid daarvan, maar minder as `n wys rigsnoer om die ware lewe te dien. Maar wanneer Asmahael nou egter oor iets spreek, iets reël en beveel, dan wyk Adam ook geen haarbreedte meer daarvan af nie en gehoorsaam hom blindelings in alles, netsoos die res van die kinders en moeder Eva!

[13] Vader, sê my volgens dit alles, wat jy tog by jouself van hierdie Asmahael dink!

[14] Ek beskou hom ongetwyfeld meer as net `n mens, omdat sy dade alles wat menslik is, verreweg oortref; dit kom nou alleen daarop neer vir wie en vir wat jy hom aansien! Amen."

[15] En Kenan se kort antwoord aan Sy seun lui as volg: "My seun, jy het in alles gelyk! Dat dit so is, het elkeen goed gesien: Maar bly volgens die wil van Adam tot more op Sy laatste by jou eie mening, want jy sal tog seker nie saam met my aan Adam ongehoorsaam wil wees nie!

[16] Hou jou steeds in jou hart maar net met Asmahael besig en jy sal Hom spoedig onthul voor jou sien staan; want voorwaar, Hy het nader aan jou gekom as wat jy selfs kan glo!

[17] Daarom glo, wees standvastig in jou vertroue en in jou liefde! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205