Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 122

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Asmahael vertel `n gelykenis

122 Na hierdie woorde van Methusalag aan sy seun Lameg staan Asmahael opeens in hulle midde op en begin die volgende woorde tot hulle te rig:

[2] "Vriende, luister en neem goed in julle op wat Ek nou oor julle woordewisseling sal sê: Kyk, neem net aan dat daar êrens `n mens sou wees wat allerlei wysheid en die veelvoudige werking daarvan goed begryp. In sy omgewing was egter mense wat almal weliswaar voortdurend na wysheid gestreef het en ook na alle uitwerkinge daarvan, maar nie in staat was om iets sinvol voort te bring nie, omdat die wortel van alle wysheid nog heeltemal vreemd vir hulle was en wel omdat hulle hulle oë laat bedek het met allerlei takke van die wêreldboom en hulle ore laat digstop het met gladde klippe, sodat hulle nóg tot sien nóg tot hoor in staat was.

[3] As hierdie mens, wat nou onder hulle verkeer, vanuit sy ware wysheid, wonderlike dinge tot stand sou bring, sal diegene wat dan die wyse omring, hulleself spoedig onderling begin afvra: "Maar hoe kan hy iets teweegbring wat vir ons mense volslae onmoontlik is om ook maar in die minste te begryp; - om iets dergeliks self te doen, daarvan kan daar nooit sprake wees nie! -? Wie is hierdie mens? Is hy van benede of van bo? Vanwaar kry hy sulke mag? Nie `n woord is sinloos nie, maar elke woord is `n volbragte daad. Dit is asof hy uit sy eie mag spreek en skyn by dit alles baie met homself ingenome te wees. Wat is daar met die mens aan die gang, hoewel hy weliswaar nie anders is as elkeen van ons nie, maar as hy optree, dan tree hy tog louter op asof alle krag en mag van God volkome aan hom ondergeskik is?"

[4] En na dergelike vrae weet niemand dan meer wat hy van homself en wat hy van die wyse moet dink nie; moet hy hom vrees of liefhê nie, moet hy vir hom vlug of hom volg?

[5] Onder hulle is daar dan sommige vol vrees, ander vol liefde, weer ander vol nuuskierigheid en nog ander vol twyfel en ander weer vol verlange en begeerte om ook so-iets te doen, - maar nie om aan hom gelyk te word in liefde en ware deemoed nie, wat uitsluitlik die ware wortel van alle wysheid is.

[6] Maar wat dink julle? As hierdie wyse daar dan enigeen uit sy onwyse omgewing wou kies, - wie sal dit dan wees wat na sy magtige uitverkiesing vir sy skool sal verlang?

[7] Ek sê dit vir julle: Sekerlik nie diegene wat aan moed ontbreek nie; die sensasiesoekers ook nie; en ook nie diegene wat vra: "Wat, wie en vanwaar is hy aan wie sulke dinge op sy woord slaag nie?; en ook nie die wat vol twyfel is en nêrens vastigheid het nie, nóg in hulle voete, nóg in hulle hande, nóg in hulle hoof, nóg in hulle hart, nóg in al hulle organe en gewrigte; en ook nie die blinde en dowes van gees nie: Maar enkel en alleen net diegene wat vol liefde en deemoed is ten opsigte van God en selfs ten opsigte van hulle broeders!

[8] Sien, dit gebeur alles voor julle oë en julle besef dit nie!

[9] Maar Ek sê vir julle as diegene wie Ek is, wat voor julle staan: Gelukkig sy julle, omdat Ek te midde van julle wandel as die enigste wyse ten oorstaan van baie in die wêreld!

[10] Jy, Methusalag, trek die liefde van jou seun na jou toe, en jy, Lameg, neem die geduld van jou vader oor, dan sal jy die vreemdeling weldra met baie ander oë aanskou! Amen. Begryp my goed, Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205