Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 126

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Asmahael stuur vir Henog uit

126 En toe die uitgestuurde soekers onverrigter sake weer terug was en vertel hoe hulle oral niks anders as leë wonings met sommige huisraad, met huisdiere en byna alle voorrade aan veldvrugte aangetref het, maar nêrens `n spoor van `n mens nie, slaan Adam sy hande bo sy hoof ineen en sê hardop:

[2] "Regverdige, groot, verhewe God! Waar het U hulle heen gelei? Het die aarde hulle verslind, of wat het daar met hierdie kinders van my gebeur?

[3] Is hulle nog êrens? Of is hulle totaal uitgeroei? O God, vol van liefde en erbarming, betoon medelye aan my, die swak oergrysaard van die aarde!

[4] As U hulle gedood het, kan U my hart maar ook eerder doodmaak, sodat sy nie al wegkwynend hierdie onverdraaglike treurige las moet dra nie, waaronder sy tog al moet beswyk, as geen lig aan my geskenk word oor diegene wat deur my groot dwaasheid afgeskei is en hierheen gedryf is na die middernagtelike gebied, waarin sy klaarblyklik ten gronde gegaan het!

[5] O Asmahael, Asmahael! Waar is U, die Magtige? Kom, o kom; want my gees, wat ek self vanuit U is, het nog nooit so na U, o heilige, verlang soos nou nie!

[6] O talm nie, maar kom dadelik na my toe, swak oergrysaard van U uitgestrekte aarde en staan my by in my groot angs en baie groot treurigheid! Amen."

[7] En sien, dadelik staan Asmahael voor Adam en vra hom ernstig: "Adam, jou blinde, wat wil jy hê dat Ek vir jou moet doen?"

[8] En Adam antwoord: "O Heer, indien ek blind is, laat my diegene sien en aanskou wat op die een of ander manier verlore gegaan het!"

[9] En Asmahael antwoord Adam: "Sien, jy het jou kinders uitgestuur om hulle broeders te soek en hulle het niemand gevind nie! Nou wil ek Henog uitstuur en ons sal sien of hy ook met leë hande sal terugkeer; en as dit so is, sal Ekself as die laaste boodskapper uitgaan en alle skape byeenroep, en jy kan daarvan verseker wees dat die skape die stem van die ware herder sal herken en na Hom toe sal snel en dan vol vreugde om Hom heen sal dartel!

[10] En jy, Henog, haas jou nou en roep met `n harder stem: "Broeders, luister! Julle vader Adam het na julle toe gekom, sodat hy vir julle, net soos vir my, sal vrymaak van elke juk en ook `n nuwe magtige brug vir julle sal toon, waaroor julle langs die kortste weg na sy heilige vaderland sal kan kom om al more die heilige, vrye Sabbat van die Heer daar saam te vier:

[11] Laat hierdie roep driemaal uitgaan! Wie daarna sal verskyn, bring hulle hierheen en op diegene wat nie sal verskyn nie, sal Ek dan eers my stem beproef en ons sal dan tel en sien of daar nog iemand ontbreek; en dit sal dan tot `n teken wees waardeur in die laaste tyd van die komende groot droefenis, diegene wat Hom verlaat het, uitgenooi sal word na die groot Vaderhuis, waar hulle tuishoort

[12] En nou, haas jou en handel netsoos Ek jou aangeraai het! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205