Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 142

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Oor die vryheid van die mens

142 Na hierdie waarskuwende woorde van Emmanuel, staan Set op en bring, magtig aangegryp deur die woorde, die volgende na vore:

[2] "O Emmanuel Abba, vergeef ons almal ons verskriklike louheid! Want sien, ek en ook ons almal het deur U buitengewone groot wonderdade volledig gevoelloos geword en die woorde van Adam, Henog, en U snel op mekaar volgende vurige redevoeringe en die van liefde gloeiende leerstellinge, het ons van nature enigsins langsame gees oorlaai en ons kon nooit al die onuitspreeklike heerlikhede uit U heilige mond volg nie; daarom het ons ten prooi geval aan ons groot onmag en het heimlik gereken op Henog, dat hy ons naderhand weer so sou bybring en dat ons dit dan met tyd en geleentheid baie aangenaam en maklik sou kon begryp.

[3] Maar `n baie ander heilige lig uit U toon ons almal nou, dat al hierdie verkeerde aangevoerde redes nie op die manier werk nie, maar dat dit ons eie trae wil was, dit wat deur `n dergelike ergerlike louheid in ons almal teweeggebring is; o Emmanuel, wek daarom ons nog steeds dooie wil en versterk ons swak harte met U barmhartigheid, sodat ons in staat sal wees om, dit wat U met U heilige mond sê, lewend in ons op te neem en ons lewe daarna op `n welgevallige wyse vir U in te kan rig! Amen."

[4] En Emmanuel antwoord Set en sodoende ook alle ander die volgende: "Set, sien, Ek reinig julle terwille van die waarheid van jou bekentenis! Maar jou waarheid is netso naak as wat julle self is vir My; beklee daarom julle hart met die vrye liefde tot My, sodat julle lewend sal word! Want Ek kan julle alles gee; alleen die vrye liefde van julle hart tot My, die kan Ek vir niemand gee nie! En as Ek dan so-iets sou doen, wat sou jou liefde dan beteken?

[5] Ek sê jou, sy sou niks anders as `n vreemde prikkel in jou wees wat jou sou wil dwing om My teen jou wil lief te hê en bygevolg ook te aanbid!

[6] Maar Ek het julle as vry mense en kinders geskape en het iedereen sy eie ruime aandeel van die liefde gegee, en sy bewerkstellig die lewe in jou. Met hierdie eie vrye liefde moet jy My omvat, dan sal jy die lewe in jouself omvat!

[7] Ek het iedereen soveel gegee dat sy aandeel baie goed uitgemeet is, netsoos daar in elke saadkorrel een uit die liefde stammende lewende kiem gelê is. Wanneer die saad in die aarde gelê word, versamel die liefde dou om haarself heen. Hierdie dou vernietig die lewende kiem omsluitende vlees en maak die lewende kiem vry. As sy nou vry is, dan begin sy gretig die haar omringende liefdes- en lewensdou in haarself op te neem en word allengs steeds groter, breek dan spoedig op eie krag uit bo die aardryk en verhef haarself vry, strewend na die lig van die son. In `n dergelike vryheid word sy sterker en so kom daar uiteindelik uit die byna onsigbare klein kiem `n magtige, sterk boom, boordevol lewe en bygevolg vol met duisende vrugte; en al die lewe is vir die boom kenmerkend lewe, waaruit synsgelyke duisendvoudig voortspruit.

[8] Sien nou, en vra julleself af, of dit ook nie so staan met die eie vrye liefde in julleself nie, wat `n ware kiem van die ewige lewe in julle vlees is, gelyk aan die materie van die saadkorrel.

[9] My woord en My liefde vir julle is die liefdesdou en doen dieselfde met julle as met die saadkorrel in die aarde. Neem daarom My woord in julle op, sodat dit die wêreldse in julle sal vernietig en dan julle liefde, wat die ware ewige lewe is, waaragtig sal vrymaak! Eers in die vrye lewe sal jy dan `n nuttige vrugteboom word en kan doen, wat vir die lewe noodsaaklik is; maar nou is julle opgawe niks anders nie as om julle lewend en vry te maak in die ware liefde tot My, sodat julle daardeur eers waaragtig lewend sal word in My en deur My, julle ware, ewige, heilige Vader! Amen.

[10] En gaan staan nou aan die regterkant van die altaar en slaan die offer van Henog in jouself gade en laat jou hart, waarin nog maar `n swak liefde woon, deur die heilige offervlam verwarm! Amen."

[11] En almal volg die woord van Emmanuel en stel hulleself aan die regterkant van die altaar op, wat na die middag gekeer was. Aan die kant van die more staan Emmanuel, die offerende Henog, Lameg en die ander gewektes. En die kante na die aand en middernag gekeer was vry vir die hele volk.

[12] En toe alles vir die offer nou juis goed voorberei en gereël was, loop Adam nog `n keer na Emmanuel toe en vra Hom, vervul van innige, suiwere liefde en die meeste hoogagting:

[13] "Emmanuel, U sal ons na die offer tog nie onmiddellik verlaat nie, maar op die Sabbat van more nog vol barmhartigheid die offer op die heilige hoogte wy en dit ook in barmhartigheid aanneem? Want sien, die in die more, middag en aand wonende kinders het U nog nie herken nie! O, hoe sal hulle nie gelukkig wees wanneer ook hulle vir U in ons midde sien en `n woord van die lewe uit U heilige mond kan hoor!

[14] Maar, o Emmanuel, nie my of ons wil nie, maar altyd slegs U wil geskied nou en vir ewig! Amen."

[15] En Emmanuel sê daarop aan Adam: "Sien, jy is besorg en jou sorge is nie misplaas nie, omdat jy die vader is van al die vrye bloed op aarde; maar daar is een ding in jou besorgdheid wat aan die ydelheid van die uiterlike lewe grens en dit is die sigbaar wees van My wese in `n op julle gelykende persoon! Meen jy dan dat as Ek onsigbaar vir julle is, Ek minder teenwoordig en `n minder hulpvaardige Vader is as in My sigbaarheid?!

[16] Kyk, dit is sinloos; aan jou sê Ek nou, dit is vir iedereen beter om My nie in wese te aanskou nie, maar alleen deur die liefde in julle eie hart! Want My sigbaar wees is vir julle `n dwingende verpligting, My onsigbaarheid egter is julle vryheid van lewe; maar deur die dwingende verpligting kan niemand tot die ewige lewe kom nie, maar alleen deur die vryheid, wat die suiwere liefde tot My is!

[17] Diegene by wie Ek sou kom en bly, sou deur My verswelg word; want die vuur van My liefde is te oneindig, as dat `n nog sterflik wese in staat sou wees om dit te verdra wat slegs vir die onsterflikheid wesens geskape is. Maar indien iemand in vryheid na My toe kom, nadat Hy My vooraf in sy hart gesoek het, het homself bestendig gemaak en het ook sterk geword, vandaar dat Ek hom nie meer sal verslind nie, maar sal opneem om My oneindigheid vir ewig te aanskou en om ewig vry te kan geniet van die uitvloeisels van My oneindige liefde en barmhartigheid!

[18] Maar op grond van jou versoek, sal Ek ook more `n oomblik vir al jou kinders sigbaar en hoorbaar word; begryp dit goed! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205