Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 143

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die offer. Lameg se vermanende vurige woorde. Oor die sagmoedigheid en die geduld

143 En Adam dank Emmanuel met `n hart wat in vuur en vlam staan vir die beloofde groot barmhartigheid en loop weer terug na die plek wat hy voorheen ingeneem het.

[2] Hierna stap Henog na vore en sê aan Emmanuel: "Sien, Emmanuel Abba, U wat gewyd, meer as gewyd is! Aldus is alles nou voorberei; indien dit U behaag, wil ek nou graag die vuur op die altaar lê en U vanweë ons almal die lam en die vrugte offer."

[3] Maar Emmanuel antwoord: "Henog! Sien, Ek is nóg honger nóg dors en met die offer kan jy My nie versadig nie; vir My is die mees aangename offer `n berouvolle en boetvaardige, My soekende en My bo alles liefhebbende hart!

[4] Maar omdat jy die altaar reeds gebou het, hout daarop gelê en die offer berei het, kan jy dit daarop lê en dit aan My offer! Amen."

[5] En Henog doen dit alles volgens Emmanuel se woorde en lê eers die lewende lam op die hout, wat nog nie brand nie en slag dit daarna op die altaar.

[6] Maar Adam merk op dat dit nie betaamlik was om die bloed van die lam op die altaar te vergiet nie.

[7] En Emmanuel gee Adam ten antwoord: "Adam, bekommer jou nie oor dit wat Henog doen nie; want hy bring nie vir jou nie, maar vir My die offer! En sien, Ek vind dit goed! Waarom sou dit jou dan stoor?!

[8] Ek sê vir jou dat as teken van My welbehae in Henog se wyse van offer, die Allerhoogste eens aan die Allerhoogste die allerhoogste offer sal bring! Begryp dit goed! Amen."

[9] En Adam antwoord `n weinig oorbluf en enigsins vraend: "O Emmanuel! Bestaan daar dan buiten U, die Allerhoogste, nog `n Allerhoogste?! Of hoe moet dit begryp word?"

[10] En Emmanuel sê: "Ek het gesê en nou sê Ek aan jou: Aan die ander kant van die vlees lê nog veel verborge; maar in jou vlees sal jy dergelike dinge nooit aanskou nie! Want die lerares van die vlees is die tyd; die gees egter sal dit herken wanneer hy daar sal aankom vanwaar hy gekom het. Amen."

[11] Nou was die lam geslag en Henog neem klippe en vryf dit baie hard teen mekaar bo die daaronder gelegde, met droë hars bepoeierde strooi; maar by hom, wat andersins `n besonder handige vuurmaker was, wou hierdie kuns nie slaag nie, waarop hy dadelik na Emmanuel toe gaan en sê:

[12] "Heer, Abba Emmanuel! kyk, ek bring hierdie keer geen vuur tot stand nie; o laat my tog `n vuur maak!"

[13] En Emmanuel antwoord Henog: "Sien, my geliefde Henog, as die vuur jou nie gehoorsaam nie, mag jy immers tevrede wees; want dit is beter om `n gebieder oor jou hart te wees as `n handige vuurmaker! So vind Ek ook iemand aangenamer wat sy eie hart tot My ophef, as iemand wat deur sy woord en deur sy vurige toesprake duisende tot My bekeer het, maar op sigself `n koue offer gebly het waaronder geen liefdesvuur gloei nie, maar alleen koue wysheid.

[14] Maar as jy geen vuur teweegbring nie, dan kan dit spoedig verhelp word! Gee die vuurstene aan die jonge, sterk Lameg! Onder sy sterk hande sal die klippe wel gee wat sy jou weerhou; maar jy bly by My en laat die handwerk aan Lameg oor! Amen."

[15] En verheug gee Henog die vuurstene terstond aan Lameg oor en hy vryf hulle so geweldig teen mekaar, dat daar onmiddellik so `n groot vuur ontstaan. dat daardeur nie slegs die aanmaakstrooi dadelik vlam vat nie, maar die vuur ook onmiddellik die hout en die offer aangryp, sodat dit dadelik in ligtelaaie staan.

[16] Almal verwonder hulleself oor die behendigheid van Lameg. Maar omdat Lameg by die vaders en die volk so `n uiting van lof oor die wonder bemerk, wend hy homself haastig na hulle toe en sê met groot ywer:

[17] "O vaders en broeders, is julle nou alweer julle hoofde kwyt en swaai julle my lof toe?! Wie is dan die Emmanuel? Wie het en gee die vuur?!

[18] As julle nie my vaders en broers sou gewees het nie, waarlik, ek sou julle almal as blinde dwase uitgeskel het. Lof en eer aan Hom wie dit toekom! En Wie kom alle lof en eer toe? Ingeval julle dit nog nie weet nie, sê ek vir julle dat so-iets enkel en alleen God toekom, omdat Hy gewyd is en was en ewig sal wees! Amen. Begryp dit goed, Amen!"

[19] En dadelik wend Emmanuel Homself tot Lameg en sê aan hom: "Luister, Lameg, byna het jy te veel vuur gemaak!

[20] Dit sou nie goed wees om aan jou die bliksem en die donder toe te vertrou nie; want onder jou regime sou die aarde spoedig verglaas daar uitsien of net soos op `n plek waar die felste strale van die son die sand in die diepere bekken moet smelt en dan haar oewers bedek met `n weliswaar deursigtige glas, - maar juis omdat dit op die oppervlak dan lig opvang en deurlaat, sal dit onder die glas donkerder en kouer wees as daar waar die nog blanke sand sy droë voorhoof na die strale van die son wend. En luister: Op glas groei in der ewigheid geen vrug meer nie!

[21] Wees daarom mild en gelate en geduldig in alle dinge en in elke woord en in elke daad; want sagaardigheid, gelatenheid en geduld is die beste maatstaf vir die aardryk! As iemand dan goeie saad daarin saai, sal dit ook opkom en aan jou en My `n ryke oes gee!

[22] Maar wie met swaard en knuppels daarop losslaan en bliksem en donder, die verwond en dood dikwels en sy akker sal weinig vrug voortbring.

[23] Wie altyd vervuld is met sagmoedigheid, gelatenheid en geduld, die begiet die plante van sy akker wanneer die kragtige strale van die son die aardryk droog maak.

[24] Nou, Lameg, oordeel self op welke akker die volheid van die seën reeds in `n korte tyd sigbaar sal word!

[25] Wees jy daarom ook ten opsigte van iedereen altyd sag­moedig, gelate en geduldig, dan sal jy die seën van die lewe uitstrooi oor hulle wie hulle harte om jou heen versamel! Begryp dit goed! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205