Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 144

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Emmanuel se afskeidswoorde tydens die seëning van die offer. `n Belofte vir Golgotha. Oor die heerlikheid van die geestelike vryheid

144 En Lameg erken sy fout, gaan na Emmanuel toe en daarna ook na die res van die vaders en vra hulle almal met `n ontroerde hart om vergewing. En alle vaders verheug hulleself hieroor en hou self rekening met die vooraf geuiterde vurige vermaning.

[2] Hierna sien Emmanuel Henog se offer aan en seën dit, terwyl Hy sê: "Ek, Emmanuel Abba, skep weliswaar geen behae in die brandoffer nie, maar slegs in diegene wat dit met `n suiwer hart vir My berei het, - maar Ek seën dit tog ter gedagtenis aan `n later offer wat eendag gebring sal word om alle dooies en lewendes op te wek. En daarom moet dit dan ook in die vervolg tot aan die einde van alle tye der tye by lam en brood bly! Amen.

[3] Maar wee diegene wat een wysiging daarin sal aanbring; waarlik, Ek sê vir julle, hulle sal nie aan My nie, maar aan die ongeregtigheid van die wêreld hulle offer bring en hulle sal deur hulle offerande gelyk word aan diegene waaraan hulle hulle offer gebring het!

[4] En jy, Henog, sien, Ek het jou offerande so geseën dat dit tot `n lewende offer geword het, omdat eens uit die verbrande lam `n groot, lewende, sterk Lam in die wêreld sal opstaan, wat alle swakhede van die aarde op sy skouers sal neem en vir alle vlees die nimmermeer sluitende poorte tot die ewige lewe sal open! Amen.

[5] Ek gee julle nou geen gebod meer nie, maar Ek maak julle vry van elke gebod. Gebooie deug net vir lui knegte; en wie volgens die gebooie leef, is `n dooie slaaf wat geoordeel word in al sy doen en late en het geen vryheid in sy hart nie. Waar hy werk, daar werk hy omdat die werk aan hom opgedra was; want sonder gebod sou hy nooit enige bedrywigheid nodig gevind het nie. Waar hy liefhet, daar het hy lief omdat daar aan hom beveel was om lief te hê; maar sy hart ondervind nie die noodsaak en die gewydheid van die liefde en die ewige lewe vanuit haar nie, maar alleen die las van die liefde. Waarom is dit so? Omdat hy in alle dinge `n slaaf uit die modderige diepte is!

[6] Die hart van die vrye mens staan vry en sy longe adem vry en geen lewensbelemmerende wet stoor die lewendige kringloop van sy bloed nie; want die vrye liefde tot God maak hom tot `n kind van die Allerhoogste.

[7] Is hy, wat `n kind van die Allerhoogste is, nog `n kind van die mense?!

[8] Omdat hy egter `n kind van God is, het hy dan nie dit in homself wat altyd gewyd is en volkome gelyk is aan Hom, wat sy Vader is, - dus die goddelike en die volkome vrye?!

[9] Daarom sê Ek nou aan julle almal: As jy `n vry hart het en My met `n vry hart bemin, dan is julle ook God, netsoos julle heilige Vader dit van ewigheid af is, vry vanuit Sigself, vanuit sy eie, ewige, heilige krag!

[10] Sien, daarom gee Ek dan ook geen gebod nie, maar wys julle alleen nog op die ware, vrye, lewende en die alleen lewend makende liefde tot My as die oerbron van al die lewe en bestaan, sodat jy haar in die gees en in alle waarheid as die enige bindmiddel mag gebruik tussen My en jou tot jou volkome opwekking.

[11] Ek sê selfs nie eers dat jy dit moet doen nie, maar jy kan dit in vryheid doen, as dit jou aanstaan! Immers nie eers uit liefde tot die lewe moet jy `n dergelike leer volg nie, maar enkel en alleen uit vrye liefde tot My, alleen terwille van die liefde en bygevolg terwille van My, omdat alleen Ek jou mees liefdevolle Vader is!

[12] Kyk, omdat Ek julle liefhet omdat julle My kinders is, moet julle My ook liefhê omdat Ek julle Vader is!

[13] Maar netsoos julle My liefhet, moet julle ook mekaar liefhê as louter broeders en susters onder mekaar! Laat nooit `n middel van watter aard dan ook julle mislei nie, maar laat broeder, suster, vader, moeder julle alles wees ter opwekking van die vrye liefde in julle!

[14] Wat sou julle My kan gee vir My ewige Vaderliefde vir julle, Ek wat van niemand iets nodig het nie; so moet julle ook in julle hart wees ten opsigte van My en ten opsigte van iedereen; dan sal julle gelyk wees aan My, lewend vanuit julleself deur die vrye, regte gebruik van My vrye liefde in julle en daardeur sal julle, netsoos Ek, ewig en onverganklik lewe.

[15] As julle so sal bly, sal die mag van die slang ver wegbly en daar sal geen smet aan julle kleef en julle hart verontreinig nie. Wie `n slaaf van die wêreld wil wees, die moet dit maar wees; Ek het geen gebod vir hom nie!

[16] Maar as mens moet hy tenminste weet, dat Ek terwille van hom My ewige ordening nie omver sal werp nie! Die lewe bestaan enkel en alleen uit die vrye liefde tot My; maar oral elders is dit die ewige dood!

[17] En nou, my geliefde Henog, wees nou My eerste priester en laat jou liefde die grondslag van die eerste en die suiwerste gemeente van hierdie aarde wees!

[18] As jy more so sal offer, dan sal Ek na jou toe kom en sal jou woorde in die mond lê wat jy vir alle kinders sal uitspreek. My liefde, My barmhartigheid en My seën sy met julle! Amen." - En Emmanuel verdwyn voor alle oë.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205