Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 147

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Abedam se gesprek met Abedam, die onbekende

147 Toe Abedam dit nou uit die mond van die onbekende verneem het, begin hy Homself mateloos te verwonder en sê:

[2] "Maar, my hoog gewaardeerde Abedam, dit is nou presies wat daar gebeur het by die kinders van die hoogte, wie ons hoofstamvaders is!

[3] Die Vader heet Emmanuel Abba en JaHWeH God die Allerhoogste en is gewyd, buitengemeen gewyd!

[4] Sê my tog, as jy wil: Waar het jy hierdie heilige Vader ontmoet en hoe sien Hy daaruit en waarheen het Hy gegaan toe Hy jou verlaat het?

[5] O sê dit, ek smeek jou daarvoor! Want sien, ek was vanaf die aand oog- en oorgetuie van alles wat daar gebeur het en het boonop die onuitspreeklike, hoogste barmhartigheid gehad as die mees onwaardige om steeds aan sy heilige sy te loop!

[6] O vriend Abedam, die saligheid wat ek, arme sondaar, daar ondervind het, sou die hoogste engel selfs met die meeste vurige tong jou ook nie in die geringste kon beskryf nie!

[7] Ja, ek kan jou slegs soveel sê, dat ek in hierdie korte tydspan miskien wel meer verhewe saligheid ondervind as die hoogste engel in `n ewigheid!"

[8] En die vreemdeling vra hom: "Wat maak jou dan eintlik so geluksalig, dat jy daarteenoor die saligheid van die hoë, vrye engel as byna heeltemal niks beskou nie?"

[9] En Abedam antwoord: "O my geliefde naamgenoot, sien, ek was al van oudsher `n baie eienaardige mens gewees en hierdie eienaardigheid, wat miskien vele duisende sou bedroef het, maak nou juis my grootste geluksaligheid uit! En hierdie sonderlinge eienskap bestaan daaruit dat ek my die meeste gelukkig voel wanneer ek my naas iemand bevind, by wie ek vanuit die grond van my hart steeds meer my volkome nietigheid en sy alleswees ondergaan, omdat ek ook geen mens onder my, maar altyd soveel moontlik bo my wil sien. En daarom is my advies: "Salig is die nederigheid van harte en die onmagtige swakte is die grootste rykdom van die wurm!"

[10] Want indien die wurm sterk sou gewees het in die volheid van sy lewe, hoe sou dit hom dan nie pyn aandoen as daar op hom getrap word nie! Maar sy swakheid en die voortdurende onmag van sy lewe maak vir hom dit wat vir ons pynlik voorkom, miskien wel die hoogste saligheid van sy lewe uit.

[11] Weliswaar is ek nie iemand wat die aard van die wurms ken soos Diegene wat hulle geskep het nie; maar so dink ek daaroor, omdat ek nou juis die mees gelukkigste is as ek van alle kante onder druk staan.

[12] Maar nou, my geliefde naamgenoot, versoek ek jou vriendelik om my vorige drie vrae te beantwoord, as jy dit wil! Amen."

[13] En Abedam, die vreemdeling, antwoord hom: "Sien, My geliefde Abedam, as ons die saak in die regte lig bekyk, sê my net, waartoe kan die drie opgeloste vrae nou nog vir jou dien?!

[14] Sien, My grondstelling en My advies lui so: "As jy jou broeder nie met `n woord van diens kan wees nie, laat dan jou tong met rus en roer haar eers dan, wanneer jy daarmee jou broeder `n diens kan bewys!"

[15] Sien, op grond van die beginsel sou Ek jou `n antwoord skuldig wil bly! Is jy daarmee tevrede?"

[16] En Abedam antwoord Hom: "Ja, my geliefde vriend Abedam, enersyds is ek dit, omdat ek daardeur insien dat jou wil myne oorheers en dit geval my goed; maar aan die ander kant, omdat ek hierdie, jou en my welbekende heilige Vader nou bo alles liefhet, is my hart met groot verlange vervul om altyd by Hom te wees of tog tenminste voortdurend oor Hom te praat, Hom te bemin, te loof en bo alles te prys en as die Allergewydste te aanbid en dus ook, netsoos by hierdie geleentheid, my deur iemand van alles oor Hom te laat vertel. En sien, op grond van my grootste en meeste lewendige verlange in my hart is ek weer nie tevrede dat jy my geen antwoord wil gee op dit wat ek jou gevra het nie! Op grond van jou grondbeginsel kan jy dit tog sonder enige beswaar doen; want jy kan daardeur onmoontlik skade toebring aan my hart, maar haar wel oneindig van diens wees. Of is elke handeling en elke woord tot ons broeders dan nie net van groot belang, indien ons vir hulle harte gewerk en tot hulle harte gespreek het nie?

[17] Sien, is so-iets nie ook waar en gelykluidend aan jou waaragtig verhewe, mooiste beginsel nie?!

[18] Daarom, indien jy dit wil, kan jy my vraag immers wel beant­woord!"

[19] En Abedam, die vreemdeling sê daarop aan Abedam, die bekende: "Luister, Abedam, die sin van jou woorde geval my so goed dat Ek dit nou nie meer kan nalaat om ten eerste jou vrae te beantwoord nie en jou dan nog iets en wederom nog iets bekend te maak nie. Luister dan:

[20] Hierdie Vader wat dus vir jou welbekend is, het My presies daar ontmoet, waar ons twee mekaar eerste ontmoet het. Dan, wat sy uiterlike betref, kan jy My glo, Hy lyk net soveel na My, as wat ons twee se name haarfyn op mekaar lyk; en op grond daarvan vertoon Hy ook `n groot gelykenis met jou.

[21] Waar Hy egter heengaan, kan ek jou nou nie presies sê nie; maar soveel is seker, dat Hy nie van sy kinders vandaan gegaan het nie, maar langs `n kleine omweg alleen maar weer na sy kinders toe gaan.

[22] Sien, nou beskik jy oor alles om jou vrae te beantwoord; maar nou kom die "Nog iets", en die "Nog iets" skuil weer in `n teenvraag!

[23] Sien, ondanks die feit dat jy `n gewekte is en jy die Vader so lank aanskou het, verwonder dit My dat jy hierdie gelykenis tussen My, jou en Hom nie met die eerste aanblik kon sien nie!

[24] Maar nou kom die "Wederom nog iets", - en dit weer in `n vraag! Kyk, jou grondbeginsel is merkwaardigerwys ook die van Myne en die vergelyking met die wurm het al lank gelede op My akker gegroei! Sê My nou net of ons nie bymekaar pas nie!

[25] Maar dink oor `n ding na! Is dit, as iemand terwille van sy eie saligheid die minste wil wees, nie heimlik presies dieselfde as wanneer iemand om dieselfde rede die vernaamste sou wil wees te midde van al sy broeders nie?!

[26] Sien, Ek is besorg oor jou wat hierdie saak betref. As jy dus wil, dan kan jy eers hierdie knoop vir My ontknoop!"

[27] En die bekende Abedam het nie geweet wat hy sy naamgenoot moes antwoord nie en vra aan Hom:

[28] "Geliefde vriend Abedam, dat Jy `n seun van die more is, sien, dit verraai jou waarlik onbegryplike groot wysheid! Graag sou ek jou die oplossing wou gee as dit vir my moontlik sou wees; maar ek kan nie eers jou sonderlinge antwoord op my vraag begryp en dit heeltemal in my hart voel nie.

[29] En jy sal, wat jou vraag betref, ook nog van die antwoord moet afsien; want nou eers sien ek goed in hoe afskuwelik dom ek nog is.

[30] Ja, liewe vriend, jy het goed daaraan gedoen dat jy my opgehou het en uitgenooi het om terug te keer; want sou ek met hierdie, deur my nou pas ingesiene domheid, by my mense aangekom het, - o, hoe sou die een domheid die ander uitgelok het en ten slotte die kop heeltemal verpletter het!

[31] Noem my daarom geen gewekte meer nie, maar noem my `n slapende dwaas; want hoe meer ek nou oor myself nadink, hoe dommer kom ek vir my voor.

[32] Waarlikwaar, omdat ek my deur my grondbeginsel salig gevoel het by hierdie heilige Vader, het ek myself ook al as `n gewekte beskou - en nou eers sien ek duidelik in hoe weinig my hart al die heerlike woorde uit die mond van die Vader begryp het en as `n heerlike uitsaaiing van die ewige liefde en daarmee die ewige lewe lewend in sigself begroet!

[33] O vriend Abedam, vergeef my dat ek daardeur nie in staat is om jou te antwoord nie! Amen."

[34] En die onbekende Abedam antwoord hom: "Luister, My getroue naamgenoot, Ek is immers heeltemal tevrede met jou antwoord, want jy het elke punt van My vraag volkome uiteengesit en daarom pas ons nou volkome bymekaar!

[35] Jy sien nou in wat daar nog aan jou makeer en jy het jouself tereg in jou hart verneder. Bekyk jou grondbeginsel in die regte lig, - Ek wil elkeen van diens wees met woord en daad!

[36] Sê My en oordeel: Is ons nie as vir mekaar gemaak nie, - nie asof ek al van ewigheid af aan daar vir jou sou gewees het en jou alleen vir Myself sou geskape het nie?"

[37] En Abedam sê vol vreugde: "Ja, ja so staan dit my nou ook byna sonhelder self voor oë; as `n vader vir sy seun en die seun vir sy vader!

[38] My innig geliefde vriend Abedam, dit kom my ook nog so voor, dat ons in ewigheid nie van mekaar sou kan skei nie en asof ek jou hulp nooit meer sou kan ontbeer nie! En daarom wil ek ook dat ons bymekaar bly, nie net tydelik nie, maar ook ewig!"

[39] En Abedam, die vreemdeling sê: "Sien, jy is My voor! Sedert Ek jou ken is dit ook My enigste wens en enigste wil!

[40] Maar kyk, Ek hoor woorde van lof! Ons is digby ons doel; bedaar daarom en stel My aan Adam en die res voor! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205