Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die aankoms van Abedam, die vreemdeling, by die vaders

148 "Ja waaragtig", sê Abedam, die bekende, "daar is die ineengestorte bergwand al! En sien, dit kom vir my voor asof almal nog daar byeen is! En boonop kom dit vir my voor asof Henog net `n afskeidsrede vir die kinders van die middernag hou; ja, ja, hy hou dit vir Jura, Ohorion en Bhusin!

[2] Laat ons haastig daarheen gaan! Miskien hoor ons ook nog `n paar woordjies wat vir ons toepaslik sal wees; daarom haastig nou!"

[3] En die onbekende Abedam antwoord die bekende: "Luister, My geliefde vriend, sê My net, waarvoor dien die haas as `n mens homself reeds ter plaatse bevind!

[4] Wat die woorde van Henog betref, sal die laaste deel daarvan ons nie meer veel baat nie, omdat ons die eerste daarvan gemis het; of wat se nut het die boonste klippe van `n altaar as die grondstene nie vooraf gelê is nie?!

[5] Of het jy ooit gesien dat die dag met die aand begin, of dat die groei van `n boom by die kruin in die lug `n aanvang neem om dan die stam omlaag te laat groei en dan eers die wortels in die aarde te dryf?!

[6] Of wat se nut kan dit vir iemand hê om sy hoof met `n lap te bedek as hy niks het om ook die orige deel van sy liggaam te kan bedek nie?!

[7] Sien, daarmee bedoel Ek: Laat Henog sy toespraak beëindig en laat ons hier wag, sodat ons niemand steur in die aandag van sy hart nie!"

[8] En daarmee was Abedam, die bekende, volkome tevrede en sê aan Abedam, die vreemdeling: "My geliefde vriend, ek glo dat jy met die gesag van jou wyse woord, wat boonop vervul is van `n lieflike klank, my in die vuur sou kon lei en ek sal jou in alle dieptes van die see en in alle waters van die aarde volg!

[9] Waarlik, my innig geliefde vriend, nie alleen jou gedaante nie, maar ook jou woorde het `n buitengewoon sterk ooreenkoms met die van die Vader - jy weet wel wie ek bedoel; - alleen kom jou liggaam vir my veel kragtiger voor as die van die Vader. Want die gestalte van die Vader het tog beduidend veel swakker en kleiner daaruit gesien, dit wil sê - jy moet dit goed begryp - wat sy persoon betref; hier kan natuurlik geen sprake wees van die geestelike gedaante van die Vader nie, want dit is ewig vervul met oneindige mag en krag!"

[10] En die onbekende Abedam antwoord hom: "Dus nou merk jy dergelike gelykheid en ongelykheid tussen My en die Vader op?!

[11] Ja, ja, jy het gelyk: So was dit ook! Maar wat dink jy, My liewe vriend, wat die kleinere en swakker gestalte betref?! Sien, Ek is Mynersyds die volgende mening toegedaan: Indien, netsoos jy ook sal weet, hierdie Vader in `n enigsins vreemde gedaante voor sy kinders verskyn om hulle daarmee aan te dui hoe dit met hulle harte gesteld was, dan sou immers ook baie maklik die betekenis van sy toenmalige swakker gestalte saam in aanmerking geneem kan word!

[12] En as Hy nou net onverwags na sy kinders sou terugkom en as hulle hart vryer en hulle liefde kragtiger sou wees, wat dink jy, - sou die Vader Homself dan ook nie kragtiger vertoon as onlangs nie, en sou dit dan ook nie so kan wees dat Hy presies soos Ek sou lyk nie?!

[13] Want Ek dink dat die gedaante van die Vader, ten opsigte van die kinders, Homself altyd op die in sy hart wonende meer of minder vrye liefde tot Hom rig! Wat dink jy hiervan?"

[14] En die bekende Abedam, volkome buite homself van verbasing, antwoord Abedam: "O vriend! Ek moet jou openlik beken, hoe geheimsinnig jou woorde ook steeds voorheen geklink het, des te duideliker klink dit nou!

[15] Sien, hoeveel kere is jy nou weer wyser as ek! Waarlik, hierdie deur jou aangehaalde, hoogs belangrike omstandigheid, sou my hart verseker ontglip het!

[16] Ek moet jou vooraf sê: As ek dit net so by myself oorweeg, dan glo ek dat as Adam, Henog en al die res jou oor iets hoor praat, hulle waarlik groot oë daarop sal plaas en hulle ore geweldig sal spits! Want volgens my beoordeling, waaragtig, wanneer `n mens jou hoort praat, sou `n mens opreg glo dat jy deur jou ontmoeting met die Vader geheel en al gewek is of anders - begryp my goed! - die Vader Self is; begryp my, liewe vriend, dat ek so-iets maar net ter vergelyking sê!

[17] Ja, waaragtig, met jou sal ek by die vaders verseker geen slegte figuur slaan nie!

[18 Ek, van my kant af, is baie gelukkig en moet openlik aan jou beken: As ek nou aan my liefde vra: Van wie hou jy meer, - van die Vader of van hierdie vriend?", dan antwoord sy my: Alles wat ek het, het ek weliswaar van die Vader, - maar dit wat ek aan die Vader en hierdie vriend gee is heeltemal aan mekaar gelyk en daartussen is geen onderskeid nie!"

[19] O Adam, o Henog, o alle orige lewendes, julle sal julle baie erg verwonder oor hierdie wysheid!

[20] Nou, my innig geliefde vriend, sien, Henog het voor die altaar en voor die vaders gebuig; sy toespraak is ten einde! As jy wil, dan sou ek jou graag wil voorstel!"

[21] En Abedam die vreemdeling, antwoord: "Luister Abedam, gaan vooruit en kondig my aan; kom dan terug en bring vir My die goeie tyding en lei My dan na alle vaders! Amen."

[22] En Abedam gaan onmiddellik na die vaders toe en vertel hulle alles wat hom oorgekom het in die kort tyd dat hy hierdie plek verlaat het; hieroor was almal baie verras, selfs Henog nie uitgesonderd nie, en wel sodanig dat hy hom dadelik vra: "Geliefde Abedam, broeder in God Emmanuel Abba! Vertel my in kort hoe sy woorde op jou hart inwerk?"

[23] En Abedam antwoord hom: "Broeder Henog, regtigwaar, netsoos ek alreeds beken het: Ek myself vind nie die minste onderskeid tussen hom en Emmanuel nie!

[24] In kort sê ek jou, wie my tog voorheen by my afskeid van hier as `n gewekte gegroet het. My gewektheid was teenoor sy onbegryplike duidelike en verhewe, ja hoogste wysheid, die suiwerste blindheid, domheid en die mees nietige wat jy maar self aan nuttelose dwaasheid kan uitkraam!

[25] Daarom sê ek aan jou, geliefde broeder Henog, verheug jou van ganser harte oor hom; want ook vir jou sal hy sekerlik veel vreugde verskaf!

[26] Nou is dit egter tyd om hom te kry en aan julle voor te stel!" Henog vra Abedam ook nog of hy nie die vreemdeling tegemoet kan gaan nie.

[27] En Abedam staan hom dit van ganser harte toe. En sodoende het beide baie spoedig ter verwelkoming by die onbekende Abedam aangekom.

[28] En Abedam, die vreemdeling, vra terstond aan Henog: "Geliefde Henog, kyk, dit het aand geword! Julle staan op die punt om vanaf hierdie so buitengewoon heilige plek die terugweg te aanvaar; mag Ek en My naamgenoot nie ook met julle saamgaan na die hoogte, by julle oornag en dan more met julle die Sabbat van die Heer vier nie? Want sien, toe Ek dit verneem het wat homself hier alles afgespeel het, kom daar `n groot verlange in My op om die gewekte, lewende kinders van die groot, heilige Vader te sien en dan ook uit hulle lewende harte, lewende woorde te verneem!"

[29] En Henog antwoord: "O vriend en my nuwe, nog onbekende broeder! Vir gaste van jou soort het ons op die hoogte wonings in oorvloed. Nie net maar vandag en more nie, maar vir alle tye der tye en ewighede der ewighede sal jy in ons midde woon!

[30] Vriende van die Vader is ook vriende van ons; en diegene wie Hy na ons verwys, sal ewig by ons woon! Mag dit jou geval - dit word naamlik tyd! - volg my dan! Doen netsoos julle wil! Amen."

[31] En hulle vertrek. Toe hulle nou by die res van die vaders aangekom het, word hulle deur hulle verwelkom en almal verdring hulleself oor die twee Abedamme. Maar Adam draai homself om, omdat Abedam agter langs hom loop en vra aan die onbekende Abedam:

[32] "Liewe, welkome vriend en gas van ons liefde! Omdat jy, netsoos jou naamgenoot, ons al eerder meedeel het dat jy uit die more gekom het, moet jy my tog net vertel, hoe dit daar met die kinders gaan en, as jy wil, wie jou beslis eerbiedwaardige vader is en van welke lyn hy van my afstam!"

[33] By hierdie vraag van Adam wink die bekende Abedam dadelik vir Henog en sê: "Geliefde broeder Henog, spits jou ore en open jou hart!"

[34] En Henog dank hom vir hierdie aansporing. En die vreemdeling antwoord Adam: "Luister Adam, wat jou eerste vraag betref, dit het jy al met jou vraag self beantwoord; en as jy ook tot die gewektes behoort, moet dit, waaroor jy My bevraagteken, vir jou immers meer as sonhelder wees! Of sou dit vir jou dalk nie heeltemal duidelik wees welke kinders daar kinders van die more genoem word nie?!

[35] Wanneer dit die geval is, dan verontskuldig dit wel jou - veroorloof my, vader Adam, - jou buitengewoon oppervlakkig gestelde vraag en daarop kan aan jou slegs `n netso oppervlakkige antwoord gegee word en wel dit, dat jou more-kinders almal fris en gesond is en dat vele hulle oor die dag van more verheug.

[36] Maar wat jou tweede vraag betref, dit lyk soos `n valstrik. Maar sien, My sal jy nie so maklik vang nie; Ek sê vir jou, eerder sal jy `n vlieënde adelaar hoog in die lug vang, as vir My! Heil aan jou, omdat jou liefde jou `n dergelike vraag ingegee het; sonder dit sou jy nou deur `n harde antwoord getref gewees het!

[37] Maar as ek jou `n dergelike vraag sou stel, wat sou jy My dan daarop as `n antwoord gee?

[38] Sien, as gewekte moet dit tog vir jou duidelik wees of Ek `n vader het of nie; of slaap jy nog?

[39] En Adam verwonder Homself in `n hoë mate oor die antwoord en durf die vreemdeling niks meer vra nie.

[40] Henog sê nou aan die bekende Abedam: "Maar liewe broeder! Het jy dan werklik nog nie jou naamgenoot herken nie?"

[41] En Abedam antwoord met `n verblufte nee. - Maar Henog sê: "Waarlik, daar is niks in die mens wat so lank dom bly as sy hart nie! O Heer, wees geduldig met ons swakkes! Amen. Abedam, ek bedoel dat die gewektes almal nog slaap! Begryp jy dit?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205