Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 151

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Set soek die lig in die lig

151 Set kon Abedam se vreemde wyse van ligmaak maar nie uit sy kop plaas nie. Hy durf weliswaar niemand iets daaroor vra nie, maar hy verspied in die rondte. Sy oë deursoek alle hoeke van die woning en sy gedagte laat geen enkele denkbare wyse van ligmaak buite beskouing nie.

[2] Deur al net lig te kan voortbring deur `n "Daar is lig" en dan nog `n lig wat alle hoeke ewe sterk verlig en nêrens `n skaduwee werp nie, dit het Set nog nooit gesien nie; maar hy durf niemand daarna vra nie.

[3] Adam merk nou spoedig Set se soeke op en vra hom: "My seun, Abel-Set, waarna soek jy of wat val jou op? Of ontdek jy hier in die huis iets wat vir jou vreemd voorkom?"

[4] En Set antwoord vol eerbied: "Geliefde vader, sien, dit is wel uitsonderlik om dit te sê, maar dit is nou eenmaal so by my: Ek soek die lig in die lig en kan dit nie vind nie! Buite bliksem wel `n geweldige onweersbui wat uit die rigting van die more opkom en na ons toe trek; maar ten eerste is dit nog ietwat te ver verwyder om met sy onophoudelike bliksemflitse hierdie woning so te verlig en ten tweede is die dak van die woning so goed, dat, al sou die onweersbui pal bo ons wees, `n helder bliksemstraal dan tog nie so maklik daardeur sou kan dring nie.

[5] En al sou dit daartoe in staat gewees het, moes die skaduwee van die verligte voorwerpe dan ook nie tegelykertyd met die ligte ontstaan het nie?!

[6] Sien, geliefde vader, dit is al wat ek soek; uitsonderlik weliswaar, maar waar, die lig in die lig!"

[7] En Adam antwoord Set: "Ja, werklik uitsonderlik! Maar, sien, dit kom my nog meer uitsonderlik voor dat jy tevergeefs soek, terwyl jy tog die Kunstenaar in ons midde sien! Soek Hom, en jy sal spoedig die lig in die lig ontdek!

[8] As jy `n skynende klip sien, dan verwonder jy jouself en vra jouself af: "Vanwaar is die lig?". Maar jy kan aan niemand vra waar die skynsel vandaan kom en hoe dit veroorsaak word nie; want die groot, magtige Kunstenaar is gewyd en gee geen antwoord aan diegene wat onrein voor Hom is nie, en dit is moeilik om duidelikheid te verkry aangaande die skynsel van die klip.

[9] Jy sien snags sowel as oordag die mees verskillende soorte ligbronne; as hulle jou verwondering sou opwek, vir wie kan jy dan na hulle wese vra?!

[10] Maar hier is die lig en die Kunstenaar tegelyk aanwesig en jy soek dit wat vir ons almal so naby is, die lig in die lig?! - Wil jy ook nie net probeer om die dag in die dag te soek nie?"

[11] Hierdie woorde van Adam aan Set was vervul van die skitterendste waarheid; maar netsoos Set soek na dit wat sy hart nie begryp nie, so spreek ook Adam hier woorde wat hy nie in die minste begryp nie.

[12] Maar na Adam se woorde word Set tog nog na Abedam gedryf om by Hom inligting in te win, hoe Hy dan wel die heerlike lig tot stand gebring het.

[13] Abedam heet Set welkom en antwoord hom nog voordat die nou enigsins bevreesde Set met `n passende vraag na vore kom, as volg:

[14] "Set, sou jy ook nie op die manier wil lig maak nie? Ja, ja, dit sal jy wel wil doen en Ek sê vir jou dat so-iets nie eers so moeilik is as wat jy dit vir jouself voorstel nie en die middel daartoe is baie eenvoudig! En netsoos wat jy aan My sou gemerk het, bestaan dit enkel en alleen uit niks anders as slegs `n ernstige en gelowige "Daar was lig", en dit sal daar lig word waar die duisternis andersins heers!

[15] Sien, nou het jy alles, die hele geheim en daarmee jou lig in die lig, en die toekoms sal jou leer dat jy nou baie beslis die lig, ja die ware lig in die ware lig gevind het!

[16] Maar jy trek nog altyd `n vraende gesig! Is dit dan nie genoeg dat Ek jou alles oor My kuns meegedeel het nie?!

[17] Gaan na jou donker woonplek en doen in die volste vertroue wat jy My sien doen het, en jy kan jou dan heeltemal daarvan oortuig hoe dit is met hierdie kuns!"

[18] En Set gaan dadelik van Adam se woning na syne, waar sy mense in die duister byeen was en gevrees het vir die steeds digterby komende onweer, wat daar vreeslik dreigend uitgesien het. En toe hy binnekom, spreek hy dadelik: "Daar was lig!" - en sien, daar was oombliklik lig!

[19] Maar nou eers na die wonderbaarlike welslae, waaroor ook al sy kinders ontsteld was en byna heeltemal verstar het van verwondering, was Set heeltemal verward!

[20] Hy skep nou meer moed, stel allereers sy mense op hulle gemak en gaan toe onmiddellik weer terug na Adam se woning, dank eers die onbekende Abedam wat hom bekend gemaak het met so `n wonderbaarlike kuns en begin toe geleidelik alles te vertel, dit wat hom by die wonderbaarlike welslae van die sonderlinge ligmakery heeltemal opnuut in beslag geneem het.

[21] En Abedam antwoord, hom sagaardig teregwysend: "Set, kyk nou tog net hoeseer jy nog net op die uiterlike oordeel, nadat jy in die aand tog ook een van diegene was wie se innerlike lig Asmahael eerste herken het en jy was daarna getuie van al sy wonderdade!

[22] Waarlik, destyds het daar nie soveel vrae vol twyfel by jou opgerys soos nou nie! Het jy dan nie die woorde van Emmanuel gehoor wat Hy tot Adam gespreek het nie, toe hy Hom na Henog se offerande versoek het om julle almal tog nie dadelik weer te verlaat nie?!

[23] Dink jy dan dat Emmanuel se krag tydens sy sigbaar wees meer aanwesig is as tydens sy onsigbaarheid?!

[24] Sien, daarin skuil alles wat jou nog gevange hou! Kan jy enige werkende krag dan ooit met jou liggaamlike oë sien, of kon jy ooit sien wat jou ledemate volgens jou willekeur laat beweeg en wat sonder jou toedoen jou bloed voortstu deur al jou are en wat jou hare laat groei en jou naels en jou vel en wat die spyse verdeel in jou maag en nog talloos andere dinge?!

[25] Of het jy ooit die wind gesien en hoe sy gedaante is, of die drywende krag in die kiem, of die krag wat die son lei van sonsopgang tot by sonsondergang en ook die sterre en die maan?! Of met welke oog het jy ooit die krag gesien wat alle spruite, riviere en strome na die see toe dryf?!

[26] Sien dus in hoe dwaas jy nog gebly het! Luister dan en neem goeie kennis daarvan: Elke krag wat in wat dan ook of waar dan ook of hoe dan ook werk, is uit God as die oerbron van alle magte en kragte. God kan egter as God nimmer in sy oerwese deur `n, deur Hom geskape wese, gesien en begryp word nie; want diegene wat God sou wil sien, sou nie kan lewe nie, want God is oneindig, maar elke wese is eindig. Hoe sou die eindige ooit die oneindige kan aanskou en begryp?!

[27] Of dink jy dalk dat dit vir jou moontlik sou wees om tot in die oneindige uitgerek te word en daarby nog jou lewensvonkie te behou?!

[28] Sien, as jy My in jou hart ook met die wedervraag antwoord: "Wat en wie was dan eintlik die Emmanuel, wat gesien was?"

[29] Dan sê Ek nou vir jou: God kan Homself oral as `n liefhebbende Vader van `n skynbare liggaam voorsien en daardeur werk; maar dan is nie dit wat jy sien die Vader nie, maar dit wat werk deur dit wat jy sien!

[30] Dit moet jy egter begryp, sodat jou liefde nie aan iets bly hang wat nie die eintlike ware is nie!

[31] En kry dan ook kennis van die lig in die lig: Indien jou oog nie lig en sonnig sou wees nie, sou dit dan ooit die son en haar lig kon gewaarword?! Netso, as God se krag nie in jou sou wees nie, sou jy dan iets van die goddelike kon begryp?! Omdat jy dit egter wel kan, is God se krag immers ook in jou; en kan hierdie krag alleen homself begryp, of kan dit stellig ook iets meer doen?!

[32] Kyk hoe duister dit nog in jou is; sorg daarom daarvoor dat dit ook eers by jou lig word! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205