Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 153

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die ware broederskap tussen Henog en Abedam, die bekende

153 Na hierdie woorde van Abedam, die bekende, maak almal nog groter oë en geeneen van hulle weet hoe hom te antwoord nie.

[2] Eers na enige tyd staan Henog op en reik Abedam die hand en sê:

[3] "Waarlik, geliefde broeder Abedam, dit sou sekerlik nie teen die goddelike ordening ingaan as die kinders, as ware wysheidspredikers, menigmaal voor die wyses sou opstaan om die veelvuldige dwaashede van die dikwels so besonder wys denkende leraar te verbeter nie! Jy het nou `n groot las van my hart afgewentel!

[4] Hoe vrolik en opgewek in God sou ek nie al baie dikwels kon gewees het, as jou woorde vroeër in my ore geklink het nie!

[5] Daarom sal dit ewig waar bly: Wat die Heer, ons mees liefdevolle Vader die wyses weerhou het, gee Hy in ruime mate aan die swakkes en kinders!

[6] Ja regtigwaar, iemand wat trag om God te deurgrond, is `n selfingenome boosdoener, `n groot dwaas en hy maak homself druk tot die dood daarop volg, terwyl die kindertjies vrolik die kosbare brood van die ware ewige lewe sorgeloos en bly, dankbaar uit die hand van die heilige Vader ontvang!

[7] O hoe groot is die dwaasheid van die mens tog nie!"

[8] En die bekende Abedam voeg daaraan toe: "En, liewe broeder Henog, my domheid nie buite beskouing gelaat nie; want jy weet immers hoe dit nog heeltemal nie so lank gelede met my daarmee gestaan het nie!

[9] Broeder, dit waaroor ek nou gespreek het, is egter so opvallend dat selfs `n blinde dit onmiddellik sou opgemerk het!

[10] Maar daarom is ek nog lank nie jou leraar nie, maar jy myne in die Heer! Amen."

[11] En Henog antwoord Abedam: "Broeder Abedam, wat dink jy nou nog om van my te leer?! Miskien `n weinig dwaasheid voeg by jou vryheid?!

[12] Sien, ekself is weliswaar net soos jy en sou daarom vir `n hele aarde vol wysheid nie `n klein klippie gewig aan liefde wil gee nie en daarom het ek ook nog nooit uit eie ydele beweging `n woord teen iemand geuiter nie, maar as ek spreek, dan spreek ek gedwonge deur die innerlike goddelike gees en weet dikwels na afloop van die toespraak nie wat ek gesê het nie, omdat nie ek nie, maar alleen die goddelike gees uit my bespotlik, ontoereikende mond spreek.

[13] Sien, broeder, in die opsig sou ons niks op mekaar voor wees nie; maar nou kom daar iets wat my ten opsigte van jou tot `n dwaas maak en dit is dat ek tog dikwels self oor God se werke nagedink het en dit danig - volgens jou woorde – getakseer het!

[14] Sê nou en oordeel self oor ons, wie van ons twee meer of minder op die andere `n voorsprong het en wie daardeur eerder geregtig is om die andere tot leraar en tot `n ware voorbeeld te wees!

[15] Ek het jou weliswaar vroeër op pad hierheen iets geleer, maar toe het ek jou nog nie soos nou geken nie en daardeur was my les ook ietwat voorbarig, volgens die reg van die goddelike liefde; maar dit wat ek toe teen jou gesê het, het ek immers nie vir jou gesê om jou daarmee te wil aantoon dat ek meer gewek sou wees as jy nie, maar wat ek gedoen het, het ek suiwer alleen uit liefde vir jou gedoen. Maar nou spyt dit my tog dat ek diegene geleer het wat vir my `n groot leermeester in deemoed is!"

[16] En die bekende Abedam antwoord Henog: "Broeder, maak my nie verdrietig nie; ek voel net `n beginstadium van blymoedigheid in my! Wanneer jy my ook maar `n bietjie begin te verhef, is dit onmiddellik met my saligheid gedaan; want kyk, ek is al van nature so, dat alleen die grootste nederigheid besielend op my werk!

[17] Maar waarom sou die een broeder die ander heeltemal oorbodig bo homself verhef?!

[18] Maar broeders moet broeders vir mekaar bly! As die een gebrek het aan iets, dan moet die ander hom met sy voorraad te hulp snel en ook omgekeerd, sodat niemand voorsprong het op die ander nie. Maar wat se situasie sou daar ontstaan as `n broeder - sekerlik deur toelating van die Heer vir die welsyn van die broeder - vanuit `n goeie hart moontlik iets beter uit sy woorde kom en die ander hom daarom vervolgens so half en half begin te verafgod?!

[19] Bly jy daarom my liewe broeder Henog en gee my as broeder altyd met graagte van jou oorvloed, as jy sien dat dit my êrens aan iets makeer en betreur dan ook nie dit wat jy jou broeder gegee het nie, - en ek sal dieselfde doen! En as almal dit dan so sal doen, waarlik broeder, dan sal dit wel moeilik tot `n twis tussen die broeders kom; en ek glo ook vas dat `n sodanige leefwyse van die broeders onder mekaar ook reeds van ewigheid af diep in die goddelike ordening gewortel is. En vir ewig wil ons ook verder so bly! Amen."

[20] Henog word tot trane toe geroer, omarm Abedam, gee hom `n ware broederkus en antwoord:

[21] "Ja, broeder in die Heer en in alle liefde uit Hom, jy het met `n hou `n boom gevel! Hoe eenvoudig en tog so goddelik waar is jou woorde nie en dit sal tot in die ewigheid waar bly!

[22] En so wil ons almal ook bly, nie alleen tydelik nie, maar ewig! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205