Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die opdrag van die Heer aan Abel

16 En kyk, hulle staan toe op, en het na die plek gegaan waar die groot boom, tussen die oggend en die middag gestaan het, vanaf die plek waar Kain hom bevind het, was dit tussen die aand en middernag en hulle het teruggekeer na die ander, waar almal nog treurend op die aarde gelê en ween het.

[2] Toe hulle by die ander kom, sê Abel aan Kain: “Kyk na hierdie groot hoeveelheid vrug, dit is die ware vrug van berou. Daarom buk af na hulle, versadig en les jou dors!”

[3] Nadat Kain dit wat sy broer hom deur My aangeraai het, gewilliglik gedoen het, begin hy met `n groot klaagstem kerm en uit sy oë het strome van trane en groot berou gestroom.

[4] En sien, hierdie berou en treur het die ewige Liefde baie behaag; en Sy het deur die Mond van die Engel tot die vrome Abel gespreek, wat ook in trane van medelye weggesmelt het, waaraan die liefde `n groot welgevalle gehad het, en sê:

[5] “Abel, jy, seënvervulde seun van die Liefde, gaan na Adam en Eva, die ouers van jou liggaam. Rig hulle op en wys vir hulle die boom van die lewe wat Ek vir julle geseën het as voedsel vir julle liggame en ook vir die versterking van julle huidige liefde!

[6] Sê aan Adam dat hy sy kinders met nuwe krag moet optel en vir hulle die brood van die boom van die lewe moet gee ter versterking van hulle liggame en hulle liefde en sê vir Eva dat sy na Kain moet gaan, hom moet optel en dat sy hom na Adam moet bring. Adam moet vir hom die linkerhand gee, terwyl hy hom met die regterhand vasgryp en moet dan sy regterhand op die hoof van Kain plaas en moet drie maal in sy gesig blaas en moet hom sewe keer vanaf die grond optel. Op die wyse sal Kain, volgens sy getrouheid, geskik raak vir die geleidelike opname van My seën.

[7] En jy Abel, neem die Swaard in jou regterhand en volg My, in die rigting van die môre, na `n plek ver weg van hier af, na `n hoë berg in die groot woestyn! Daar sal jy `n opening vind. Plaas die Swaard met die hef daarin, sodat die skerp punt na die hemele wys en die twee vlammende snykante, die een na middag en die ander een na middernag toe wys.

[8] Daarna moet jy op jou knieë gaan, dank God totdat die vlamme van die Swaard geblus is en die Swaard in `n doringbos met rooi en wit bessies verander het en pluk dan van die bos, drie wittes en sewe rooies af en keer dan na jou familielede terug! En wanneer jy na veertig dae weer huis toe kom, dan moet jy vir My, soos wat jy dit vrywillig in die Paradys gedoen het, `n offeraltaar oprig. Plaas koring en vrugte daarop en steek dit aan die brand met die vuur van jou liefde, wat Ek vir jou van Bo af, met `n groot bliksemstraal sal stuur.

[9] Neem dan `n bietjie klei van die aarde, knie dit deeglik en maak daarvan `n pot wat aan die bokant wyd en aan die onderkant nou is, nes die hart wat in jou is. Hierdie houer moet jy met skoon water vul, plaas dit dan op die vuurherd van JaHWeH, bo die offerlam van die Liefde en wanneer die water begin kook, neem dan eers die wit bessies en plaas hulle in die kokende water. Na `n rukkie doen jy dieselfde met die sewe rooies en wanneer al die bessies sag geword het, haal jy die houer van die vuur af, neem die sagte bessies, volgens die volgorde, soos wat hulle in die houer geplaas is, weer met jou regterhand uit en plaas hulle in jou linkerhand. Laat hulle daar afkoel en eet hulle dan volgens die bekende volgorde. Neem dan die houer met die water waarin die bessies van die Swaard gekook is en gooi dit uit op die vuurherd van JaHWeH en oorhandig dan die leë houer aan die vader van jou liggaam.

[10] En die bessies sal jou in Wysheid en in Liefde versterk en die water sal die Vuur van Liefde versag; maar die pot moet egter vir Adam en al sy nasate `n duidelike teken wees, hoe hulle harte gevorm moet wees, uitgekook met die water van Barmhartigheid, waarin die vrugte van Geregtigheid sag geword het, deur die Vuur van die Liefde, as voedsel vir die kinders van die geseënde liefde, wat dan vry geword het om die Gees van die gewydheid van God op te neem.

[11] En gaan doen nou presies wat Ek, die ewige Liefde, jou beveel het! En as dit alles voltooi is, dan sal Ek weer met jou en jou familielede, deur die Mond van My Engel praat, wat `n Gerub, oftewel die Mond van Wysheid en Liefde van die heilige Vader is. Gaan en doen dit nou!”

[12] En sien, Abel doen wat aan hom opgedra was en het van sy familielede af weggegaan, nadat hy eers die seën aan die vader van sy liggaam oorgedra het, volgens My geheime wil, wat in sy hart vir hom duidelik gemaak was.

[13] En Adam het hom wenend omhels en Eva het hom met treurigheid teen haar hart vasgedruk en al sy broers en susters het hom vriendelik die hand gegee vir die kort afskeid, in opdrag van JaHWeH, en ook Kain het gekom en het hom sy regterhand gegee en het voor hom tot op die grond gebuig en so het Abel vertrek onder wedersydse seënwense en met `n groot seën van Bo, begelei deur die Engel van JaHWeH.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205